Thursday, July 28

Comic Con 2016

Dit is nou weer hierdie tyd van die jaar... Die geleentheid waaroor ons droom om na te gaan... Die San Diego Comic Con! Comic Con is 'n nie-winsgewende organisasie wie se doelwit dit is om bewusmaking en waardering vir comics en soortgelyke platforms te skep. Dit is in 1970 begin deur 'n groep comic liefhebbers en is in die  kelder van 'n hotel gehou met ongeveer 300 bywoners. Meer onlangs het die bywoningsgetal  gegroei tot ongeveer 130 000 mense wat amper die maksimum kapasiteit van die San Diego Convention Centre is. Hierdie convention is hierdie jaar van 21-24 Julie gehou en daar was soveel opwinding verbind aan 2016 se International Comic Con!

Van die panele het ingesluit: Televisieprogramme soos Game of Thrones, Grimm, Once Upon A Time, Teen Wolf,  Arrow en The Flash. Fliekpanele soos Wonderwoman, Justice League, Suicide Squad en Kong:Skull Island. Lokprente van flieks en nuwe televisieseisoene is ook ekslusief by Comic Con vrygestel. Daar was ook talle handtekening-geleenthede met sterre van The Flash, Game of Thrones en skrywers soos Sarah J. Maas.

Hier is 'n paar van die ekslusiewe lokprente wat vrygestel is by 2016 se International Comic Con:







Ons kan nie wag vir al hierdie nuwe flieks en reekse nie! Laat weet ons wat jy gedink het van 2016 se Comic Con en na watter van die flieks of reekse jy die meeste uitsien.

Tot wedersiens!
MI

Tuesday, July 5

Dinge Van Nou

Hier is 'n paar dinge waaroor ons opgewonde is/ gevoelens oor het:

Die Miss Peregrine's Home for Peculiar Children trailer is uiteindelik hier. Ek gaan nie eers vir julle sê hoe awesome die boeke is waarop die fliek gebaseer is nie, want die trailer sal klaar genoeg sê. (En almal weet die boeke is altyd beter as die flieks, so lees net die boeke voor jy die fliek kyk. Daar is prentjies in, so selfs al lees jy nie kan jy na die prentjies kyk.) Glo my net as ek sê dat jy hierdie fliek wil kyk. Tim Burton is in beheer van dinge, die storielyn is awesome en dit lyk asof die kwaliteit van hierdie hele situasie uiters goed is. EK KAN NIE WAG NIE.



Hiddleswift het 'n ding geword. Ek weet. Wat is besig om met die wêreld te gebeur? (As mens in retrospeksie na Tom se karakter, Loki, in die Thor flieks kyk en Taylor se karakter wat sy speel in
die Blank Space musiekvideo kan dit so klein bietjie sin maak.)
Spandeer ek die meeste van my vrye tyd in die vakansie daaraan om Hiddleswift te stalk? Dalk. Voel ek skaam daaroor? HEL NEE. Hiddleswfit is basies die Brangelina van ons generasie. Die hoeveelheid energie wat ek daaraan sit om die tydlyn van hulle romanse uit te figure is so bietjie pateties, maar hey. Wat kan mens doen? You do you en al daai dinge.


JUNO. (Nee, nie die fliek nie. Ek het ook eerste aan die fliek gedink en toe is soos "Oooo. Die ander Juno!" As jy nie weet wat die ander Juno is nie, moenie vrees nie! Gelukkig vir jou is jy besig om hierdie artikel te lees deur iemand wat beslis baie bekwaam is om daaroor te praat.
Juno is 'n satelliet wat so paar dae terug by Jupiter aangekom het en in orbit om dit gegaan het.
AL WAT JY HOEF TE WEET IS DAT ONS AL HOE NADER AAN DIE ONTDEKKING VAN ALIENS IS.
Nou julle WEET ek is oortuig daarvan dat daar iewers aliens daarbuite is so enige vordering in ruimteontdekking maak my uiters opgewonde.

Laat weet ons van nuwe dinge wat jy onlangs ontdek het!

Tot wedersiens!
MI

Saturday, June 11

Ons Halfjaar Boeklys

Universiteit is great en alles, maar mens kry letterlik nie tyd om enigiets anders te doen as werk en slaap nie. (Goed, dis 'n leuen. Binge watching van series gebeur ook gereeld.) Dit het 'n redelik existential krisis in ons lewens veroorsaak, want WANNEER GAAN ONS TYD KRY OM DIE BOEKE TE LEES WAT ONS ACTUALLY WIL LEES? Ons altwee swot talerige goed, so ons lees baie vir ons kursusse, maar jeesh. Ek kan nie juis fangirl oor daardie boeke nie. Veral nie as ek opstel na opstel oor die goed moet skryf nie. MAAR. Waar daar 'n wil is is daar 'n weg en ons kry darem hier in daar 'n boek of twee ingesqueeze wat na geanaliseer moet word nie.

Hier is die beste boeke wat ons sover hierdie jaar gelees het:

Anna and the French Kiss - Stephanie Perkins
Ek weet wat jy dink. "Seriously? Nog 'n soppy romantiese boek met banale karakters en 'n voorspelbare storielyn?" NEE. Anna and the French Kiss is soveel meer as dit! Anna and the French Kiss volg die storie van Anna (duh) en haar lewe by 'n Franse skool waarheen haar pa haar gestuur het. Dit volg natuurlik haar liefdesverhaal met die uiters aantreklike Etienne St. Clair, maar ons gaan ook saam met Anna op haar reis om aan te pas by 'n koshuis in 'n vreemde land en haar ontdekking van al die wonders wat Parys (soosin Frankryk) inhou. Hierdie boek was veral relevant tot ons lewens, omdat ons, net soos Anna, ook 'n "nuwe lewe" moes begin op nuwe vreemde plekke in die koshuis hierdie jaar. 'n Moet lees as jy al ooit 'n verandering soos dit ondergaan het, of as jy net in die bui is vir die oulikste romantiese storie wat jy nog ooit gelees het.

The First Fifteen Lives of Harry August - Claire North
Hierdie boek het een van die interessanste storielyne waaroor ons in 'n lang tyd gelees het. Harry August leef sy lewe en ervaar alles soos 'n normale mens dit sal ervaar, maar wanneer hy doodgaan word hy weer gebore op dieselfde plek en op dieselfde manier, maar met al die herinneringe van sy vorige lewe. Dit gaan so aan in 'n oneindigende loop totdat hy uiteindelik honderde jare oud is, maar sy lewe begin elke nou en dan op dieselfde punt waar dit nog altyd begin het. Dit klink dalk confusing, maar as jy eers begin lees sal alles meer sin maak. Hierdie storie het hart, 'n tipe time travel en awesome karakters. Sci-fi liefhebbers sal hierdie een baie waardeer!

Nigh Film - Marisha Pessl
Hierdie een staan uit, nie net omdat dit my die heebie-jeebies gegee het nie, maar ook omdat ek dit gelees het in plaas van een van my voorgeskrewe boeke wat tot gevolg gehad het dat ek nie eintlik geweet het wat in die klas aangaan nie. Maar oh well. Ten minste het ek iets gelees. Hierdie boek is uniek omdat dit foto's, websites en koerantuitknipsels inkorporeer by die storie wat dit baie meer waar laat voel. Die storie gaan oor 'n ondersoekende joernalis en sy strewe om 'n cult fliek regisseur te ontmasker vir die monster wat hy is. Hy ontmoet vreemde mense op sy reis en beland in redelike groot moeilikheid elke nou en dan. Hierdie een is beslis nie vir mense wat lig in die broek is nie. My koshuisvriendinne het begin dink dat ek so bietjie mal is omdat ek heeltyd my deur van binne gesluit het terwyl ek Night Film gelees het, maar ek was nie bereid om enige kanse te waag nie.

Station Eleven - Emily St. John Mandel
Enigiemand wat my ken sal weet dat ek all about die apocalypse is. Ek is vas oortuig dat ek sal thrive in enige situasie wat die einde van die mensdom dreig. Ek doen ten alle tye soveel as moontlik navorsing oor enige moontlike apocalypse en daarom was Station Eleven 'n verpligte lees vir my. Dit gaan oor 'n reisende teatergroep wat rondtoer tussen verskillende gemeenskappe wat opgepop het nadat die meeste van die Aarde se populasie uitgewis is deur 'n dodelike virus. Die beste van alles? Hierdie teatergroep voer Shakespeare op! Die einde van die wêreld + Shakespeare? HOE WIL JY NIE HIERDIE BOEK LEES NIE?

A Court of Thorns and Roses - Sarah J. Maas
Daar kom so nou en dan 'n boek oor jou pad waaroor jy nie kan ophou dink nie. A Court of Thorns and Roses is een van hierdie boeke. Dis 'n epic fantasy boek met karakters waaroor jy regtig omgee en 'n storielyn wat jou heeltyd op die punt van jou stoel hou. Dis 'n Beauty and The Beast hervertel, maar met Faeries as karakters en ook eintlik glad nie soos Beauty and The Beast nie. (Los my uit, dit maak sin.) Feyre is een van die badasste karakters ooit en moet nie eers dat ek begin praat oor Tamlin en sy perfeksie nie, want dan gaan hierdie artikel nog vir 'n baie lang tyd aanhou. A Court of Throns and Roses is deel van 'n trilogie, wat dalk alarmklokkies by jou kan laat afgaan, maar moenie bekommer nie! Hierdie is nie een van daai simple trilogie reeks wat prober geld maak deur een boek in drie op te chop nie. Dit werk. LEES DIT NET WANT ONS WIL NIE ALLEEN MOET ONS FEELS SIT NIE. (En kom huil gerus op ons Twitter skouers as die tweede boek in die reeks, A Court of Mist and Fury jou te veel emosies gee om alleen te hantter.)

Laat weet ons wat die beste boek is wat jy al hierdie jaar gelees het. Ons is altyd op die uitkyk vir iets nuuts om te lees.
As julle op hoogte wil bly van wat ons lees, wat ons beplan om te lees en wat ons dink van dit wat ons reeds gelees het, add ons gerus op Goodreads:
Kliek hier vir Ingrid s'n.
 Kliek hier vir Mieke s'n.

Tot wedersiens!
MI

Friday, June 10

Die 4 Facebook Persoonlikhede

Facebook... een van die dinge waarsonder meeste van ons arme mortals nie kan klaarkom nie. Dit is hoe ons ons vinger op die pols van wat  hip en happening is hou, hoe ons eks-boyfriends stalk of "navorsing" doen oor 'n toekomstige bae. Facebook is ook die manier hoe ons vir ander mense kan wys wat in ons daaglikse lewe gebeur wat opwindend en uniek is. Daar is baie van ons friends op Facebook wat net normale dinge deel soos skooldanse, verjaarsdae of lekker kuier foto's post, maar dan is daar DAARDIE mense. Mense wie se posts net onder jou vel inkruip en jou tot roomys binge eating dreig. Hier is die 4 tipes mense op Facebook wat dink hulle is cool, maar eintlik is hulle meer irriterend as die Kardashians:

Die "Ek is so verlief" - mense:
Of een party of albei partye van 'n paartjie kan deel vorm van hierdie tipe Facebook teenwoordigheid. Hulle is daardie mense wat dit in alle single mense se gesigte wil vryf dat hulle die beste liefdeslewe het.  Foto's van dates, hande vashou, "oulike" liefdesboodskappe, "Ons teen die wereld", "Ons vir altyd". Ek wonder of hulle soms besef dat hulle nog op skool is en dat daar beslis nie iets soos vir altyd is nie. Hulle gebruik elke moontlike geleentheid om hulle liefde aan mekaar te verklaar en kan nie 'n geleentheid verby laat gaan om 'n kissing selfie te post nie. Partykeer wil ek net in hierdie mense se comment afdeling invaar en vir hulle se om 'n GRIP TE KRY!

Die "My lewe is perfek"- mense:
Hierdie is daardie mense wat dit laat lyk asof hulle alles het wat jy nie het nie en asof alles in hulle lewe net perfek is. Van inkopie trips in Bali, tot ski vakansies in die Alpe. Hulle eet fancy etes by fancy restaurante, hulle dra altyd die nuutste handelsmerke, is goed in sport, kultuur en akademie, hoofmeisie, het die mooiste meisie of die hotste ou. Hulle laat mense soos ons soos Gollum voel, omdat ons in 'n hoek sit en vir ons hard earned iPhone "My precious" prewel. Daar is regtig niks daarmee verkeerd om 'n epic lewe te hê nie, maar kan hulle nie asseblief 'n lid op die bragging sit nie? Ons normale mense se selfbeeld word alreeds genoeg deur die standaarde van die samelewing bedreig, sonder dat sulke mense nog hulle perfekte, plastiese neuse ook daarin moet kom druk.

Die "Ek het 'n troubled soul" - mense:
Dit is daardie mense wat elke oomblik van elke dag, mense op Facebook prober inlig oor hulle probleme. "O, my kêrel het my gelos en nou is my hart gebreek", "O, ek kan nie mense wat jou in die rug steek hanteer nie". Hulle kerm oor vriendskapprobleme, verhoudingprobleme, familieprobleme, lyfprobleme, mens sal dink Facebook is een of ander secret shrink wat hulle probleme oplos, want ek kan nie dink dat enige ander mense 'n flenter sal omgee oor al jou hartseer probleempies wat jy dink jy vir die hele wêreld van moet vertel nie. Soos chill dit bietjie met die donker quotes en lirieke, mense gaan begin dink dat jy te veel Kristen Stewart flieks gekyk het.

Die "Ek het so baie wysheid"- mense:
Hierdie mense se Facebook walls is besaai met inspirerende aanhalings en motiverende videos. Hulle dink hulle moet vir almal raad gee oor hoe om die perfekte lewe te lei, want hulle het 17 jaar se lewens wysheid wat hulle gekwalifiseerd genoeg maak om sulke raad uit te deel. As jy die dag bietjie hartseer voel oor jou lewe en die feit dat Dylan 'o Brien nie jou boyfriend is nie, gaan kyk net op die mense se page en jy sal sommer dadelik beter voel, want jy weet dat jy nie hoef te maak asof jy Martin Luther King is om goed oor jouself te voel nie. Daar is regtig niks verkeerd met 'n inspirational quote so elke nou en dan nie, maar om 'n hele "Voel goed oor jouself" boek op Facebook te skryf is beslis NIE cool nie.

Is daar ander Facebook persoonlikhede wat ons nie genoem het nie wat jou bloed laat kook? Laat weet ons! En hou moed want dis AMPER VAKANSIE!

Tot wedersiens!
MI

Monday, January 4

Dis 2016!

Hallo Liewe Lesers!

'n Nuwe jaar is op ons! *Queue al die die "aaaah oh my soul ek kan dit nie glo nie" opmerkings.* 2016 is veral vir ons 'n scary jaar omdat dit ons eerste jaar op universiteit gaan wees. Dun dun dunnnnn! Ek is so bietjie bang dat ek gaan vergeet om te eet, aangesien ek nie eintlik honger word nie. (Maar ek is mal oor kos, ALLE kos, so dit sal okay wees.)

Univerisiteit is nie eintlik 'n issue nie. Ek sien eintlik baie uit daarna. Die issue? EK EN MIEKE GAAN OP TWEE VERSKILLENDE PUNTE VAN DIE LAND WEES!
AAAAAAAAAHHHHH!
Ek weet Liewe Leser, dit klink soos 'n absolute ramp (want dit is soortvan), maar alles sal uitwerk. Dankie tog Skype en sosiale media bestaan. En dan is daar darem vakansies. En Mieke kan 'n naweek of twee op my koshuisvloer kom slaap.
Wat beteken dit vir MI Watch? Absoluut niks nie! Alles gaan nogsteeds voortgaan soos normaalweg, so moenie worry nie! Epic artikels sal nogsteeds gereeld op die blog verskyn! (Dalk selfs meer gereeld as wat dit het in 2016...)
So phew! Nou dat dit uit die weg is...


HARRY STYLES EN KENDALL JENNER HET OP 'N ROMANTIESE GETAWAY SAAM GEGAAN! Dit klink dalk soos 'n siek grap, maar ongelukkig is dit nie! Onthou julle die stormagtige 2013 toe ons almal uitgefreak het omdat Harry en Kendall op een date gegaan het? Wel, alles is nou tien keer erger WANT 'N VAKANSIE OP 'N YACHT IS BAIE MEER RAMPSPOEDIG AS 'N RESTAURANT ETE!

Dis eintlik al updates wat ek vir julle het. Die MI Watch vriendskap staan sterk ten spyte van afstand en my hart is gebreek as gevolg van #Hendall.

Tot wedersiens!
MI