Sunday, February 8

Al die Awesome Dinge

Uptown Funk
Die hipsters onder julle sal seker nou wees soos "Oh my soul nie hulle ook nie! Hierdie liedjie word te veel gespeel oor die radio en dit is SO te mainstream!" Vir julle wil ek sê: LIGHTEN UP!
Hierdie mag dalk net die beste liedjie wees van hierdie generasie en as jy dit nie embrace nou nie gaan jy nie die reg hê om daarop te dans by reunions 20 jaar van nou af nie.
As jy dit nogsteeds nie gehoor het nie (wat kinda onmoontlik is), beleef die epicness:
 
 
Fashion Bloggers
 
Omdat ons self bloggers is (duh), is ons mal oor hierdie reeks wat tans op E! (kanaal 124 op DSTV) is. Dit volg die lewe van 5 mode bloggers in Australië. Ons is veral mal hieroor omdat mens regtig 'n behind the scenes kykie kry van baie suksesvolle bloggers, en ook omdat daar geen reality show drama is nie. Niks cat fights nie, niks mense wat mekaar verneuk nie en ook niemand wat te veel van hulleself dink nie.
Die kameraskote wat in hierdie reeks is is ook majestical!
 
All The Single Ladies
Dit is hierdie Saterdag Valentynsdag wat beteken dat ek nou al my Saterdag-van-single-wees beplan!
Ek het actually kaartjies vir Passenger wat in Johannesburg gaan optree... MAAR GEEN LIFT NIE! Noooooooo!
As ek 'n lift kan kry voor Saterdag, sal ek daar wees, andersins gaan ek by die huis wees met 'n goeie boek, 'n goeie fliek en goeie musiek.
Ek sal graag The Graduate wil kyk as dit kom by die fliek gedeelte van die dag. Dis 'n fliek wat gemaak is in die 1960's en ek weet nie baie daarvan nie, net dat dit veronderstel is om baie goed te wees.
Die boek wat ek nou besig is om te lees en waarmee ek tien teen een nogsteeds Saterdag gaan besig wees (omdat ek niks tyd het om te lees nie... UGH!), is The Looking Glass Wars deur Frank Beddor. Dis 'n spin-off van Alice in Wonderland, waar Alice tyd spandeer het in die regte wêreld en dan terug na Wonderland moet gaan om dit te red van haar tannie, die Red Queen, nadat sy Alice se ma doodgemaak het. Dit klink intense, maar dis eintlik baie fun!
 
En laastens musiek...
Is daar regtig enige ander keuse as Queen B vir hierdie dag?
 
Laat weet ons in die comments wat jy love hierdie laaste tyd!
 
Tot wedersiens!
MI