Sunday, September 6

Hoekom Game of Thrones die beste ding ooit is. . . .

Liewe lesers, vir die van julle wat nie weet nie, ons is op die die stadium besig met ons matriekjaar en skryf nou rekordeksamen (Yay...not.) Dit is die rede hoekom ons soos 'n duisend jaar gelede iets geskryf het. Ons leer egter nie 24/7 nie en moet darem bietjie ontspan tussenin en vir my, Mieke, word al hierdie rustye spandeer deur Game of Thrones te kyk...Nou almal weet seker dat Game of Thrones bietjie aan die wilde kant wat geweld en ander meer...sensitiewe sake betref. As jy dit dit nie weet nie is jy in elk geval te jonk om dit te kyk en moet jy dus nou dadelik ophou om die artikel te lees... Goed, meer volwasse lesers...ek gaan nou aan julle verduidelik hoekom Game of Thrones, ten spyte van die bietjie geweld en meer...sensitiewe sake,  die beste ding...soos OOIT is.
Die storielyn is mind blowing
Ek is 'n professionele series-kyker. Dit beteken dat ek tans besig is om ten minste 7 series te volg en wag vir omtrent nog 7 om weer te begin binne die volgende 2 maande. Ek het dus al kennis gemaak met baie verskillende tipes seriesgenres en storielyne soos bv die superhelde in The Flash, Arrow en Agents of Shield, misdaaddramas soos Chicago PD, Forever en CSI en komedies soos Devious Maids en Big Bang Theory. Maar nog nooit het ek 'n reeks gekyk wat se storielyn so ongelooflik goed is nie...dis INSANE! Hoe die verskillende karakters se lewens inmekaar vloei is net ongelooflik. Jy is letterlik nie vir een sekonde verveeld nie.
Die acting is nog meer mind blowing
Daar  is 'n paar baie intense en legendariese karakters in die reeks, soos my gunstelinge, Tyrion Lannister, Daeneyrs Targaryen en Jon Snow en Robb Stark en Arya Stark en Samwell Tarly...ok eintlik net soos amper die helfde van die cast. Daar is ook 'n hele paar vicious bad guys soos Joffery FREAKING Baratheon, Ramsey Bolton, The Mountian, Melisandre, Theon Greyjoy (POMPOUS ASS!!!) en uuuuggghhhh Lord Walder Frey (Curse him!!). Dit verg baie talent om hierdie karakters perfek uit te beeld en elke akteur oortref himself beslis in hul rol!
Die action
As jy elke James Bond vat wat nog ooit gemaak is maal met 1000 sal dit nogsteeds nie vlak van action awesomeness beskryf wat in die series is nie! Ek is 'n total action junkie en daarom is hierdie series nog cooler! Alhoewel my hart in amper elke episode uitgeruk word van die pyn omdat meer as die helfte van die cast DOODGAAN...kan ek net nie ophou kyk nie! Dit is net soos flippen EPIC EN AWESOME EN WOW EN AMAZING!!!
Die Fandom
Meeste flieks of televisiereeks wat deesdae wys het 'n fanbase, dit is aanhangers van die reeks of fliek. Een ding is seker: Die Game of Thrones fandom is een van die bestes. Hulle is daar om op mekaar se virtual skouers te huil as iemand awesome doodgaan en hulle maak die beste memes op die internet...soos regtig.
 Geniet die volgende epic Game of Thrones memes wat jy tien teen een net sal verstaan as jy die reeks kyk (wink wink):







En dit dames en here is hoekom Game of Thrones die beste ding ooit is. Ja iemand se kop vir so elke nou dan inmekaar gedruk...soos 'n waatlemoen en hulle binnegoed vir uitgeruk en so nou en dan 'n daar 'n naked lady of twee...maar agv van die insanely hoe vlak van awesomeness kan hierdie goed oorgekyk word, want wie wil nou uitmis op die series van die eeu?
Tot wedersiens
MI