Saturday, February 22

Hoe om 'n tiener te wees!


Vir die van julle wat nie weet nie... MI is tieners. As jy nie weet nie,het jy seker die laaste 2 jaar onder 'n klip gelewe. Anyway, ons het al agterkom dat baie tweens nie regtig weet wat om te verwag as hulle die wêreld van tienerwees betree nie. Baie tieners weet ook nie regtig wat om te doen noudat hulle officially die titel beklee nie. Ons het toe gedink dat dit 'n briljante idee is om al ons lesers in te lig oor al die pligte en verantwoordelikhede van 'n tiener!
 
Die krag van kos
Tieners ervaar baie stres. Toetse, verhoudings, voorkoms, prestasies op die sportveld en nog BAIE meer. Ons het ons vriende wat ons kan ondersteun wanneer die druk te veel raak, maar die EEN vriend wat nog altyd daar was deur al die jare is kos! Die eerste reël van tienerwees is dus om so elke nou dan op 'n binge te gaan. Met ons gebeur dit gewoonlik gedurende die eksamens, want WOWZA... dis stresvol!Tydens 'n binge eet jy letterlik amper alles wat jy sien. Chocolate, chips, gaskoeldrank, pizza, koekies... net alles waarvoor jy lus kry. Dit sal jou kalmeer en dit sal jou silent friend wees terwyl jy vir daai gevrese wiskunde of biologie toets leer!
 
Hanteer hot ouens soos 'n tiener.
Daar is net een manier om die teenwoordigheid van 'n hot ou te hanteer, wanneer jy 'n tiener is... Crush op hom! MI is experts in hierdie gebied, so ons raad in hierdie veld is UITERS geloofwaardig. Stap 1: Spot 'n super mooi outjie (Checklist: perfekte hare, skittetende oë, sterk arms, mooi bene en 'n dazzling glimlag. Logan Lerman is die PERFEKTE voorbeeld). Stap 2: Ontwikkel 'n huge crush op hom (dit maak nie saak of hy 'n meisie het of nie). Stap 3: Dink 'n bynaam vir hom uit, sodat hy nie weet dat jy van hom praat as hy naby is nie. Stap 4: Stalk hom op alle sosiale media sites en maak een van sy foto's jou wallpaper. Stap 5: Tree soos 'n malmens op as hy jou groet of met jou praat. Ons weet nie regtig wat gebeur na hierdie stap nie, aangesien dit is tot waar ons nog ooit gekom het. Hierdie 5 stappe is egter 100% normaal en GLAD NIE weird nie!

Die tiener-tantrum
Hierdie is 'n baie gevreesde gebeurtenis vir alle ouers van tieners, maar dit kan baie lekker wees vir ons as tieners. Wees egter gewaarsku dat die uitkoms nie altyd voordelig vir jou kan wees nie, maar dis ongelukkig deel van ons verantwoordelikhede! Dit is belangrik dat jy jou tiener-tantrum haarfyn beplan. Jy moet iets kry om 'n tantrum oor te gooi. Vir ons is dit gewoonlik nuwe boeke, want as jy nog nie agtergekom het nie, boeke is BAIE duur en ons is gecurse dat ons nie daarsonder kan lewe nie! Terug na die punt, nadat jy jou tantrum tema gekry het moet jy op die plek, tyd en dag besluit. As al hierdie details in plek is, is jy gereed. Hier is 'n paar dinge wat in jou tantrum MOET voorkom: 'n harde stem, 'n voetstamp, dalk 'n paar trane, die woorde “As julle regtig lief is vir my...”, en as jy regtig waaghalsig is 'n deurklap! Happy tantrum-ing and may the odds be ever in your favour!

Fangirling
Vir ons is hierdie die lekkerste deel van tienerwees en ons is hierin ook naturals! BAIE tieners het nog glad nie die kuns van fangirling bemeester nie en dit bekommer ons, want jy kan slegs hierdie kuns op 'n aanvaarbare vlak beoefen totdat jy 20 is! Voordat jy jouself 'n fangirl kan noem, moet jy eerstens iets kry om oor te fangirl! Dit kan meer as een ding wees (bv. Flieks, bands, boeke ens.) Daarna, moet jy soveel as moontlik inligting oor die ding insamel, fanfictions skryf, alles weet oor die karakters, sangers, akteurs ens. Jy moet ook vir almal vertel van hierdie ding en hulle mal maak met jou breedvoerige kennis oor die ding. Gaan lees MI se artikel oor Fangirling om nog meer oor hierdie aspek te leer!
 
Dit liewe lesers was 'n paar handige wenke oor hoe om 'n tiener te wees! Laat weet ons as jy oor nog iets wonder en ons sal baie bly wees om julle vrae te antwoord! Ons gee nou vir julle 'n foto van Jennifer Lawrence, want sy is awesome.

Tot wedersiens!
MI


 

Thursday, February 20

Wees jou vriendekring se Cupid!

 
As jy nog nooit probeer het om matchmaker te speel vir jou beste vriend/vriendin nie, jok jy vir jouself. Om Cupid te speel is baie bevredigend. Jy kan probeer om twee mense wat vir mekaar bedoel is bymekaar uit te bring (en jy kan leer uit hulle foute uit).
Kom ons maak asof jou Cupid's bow die regte mense getref het en BAM! Jou pêl het 'n meisie of jou vriendin 'n hunk. Hier is 'n paar dinge wat jy kan doen om te sorg dat hulle verhouding die toppunt van epicness bereik:
 
1. Gooi viskos na hulle as die PDA ("Public Display of Affection") te veel raak, en gil dat jy gedink het hulle is menslik, maar aangesien daar soveel slurpgeluide by hulle mond uitkom hulle seker visse moet wees. Hulle sal dink jy is BAIE snaaks. Humor is goed vir verhoudings.
 
2. Noem een helfte van die couple 'n oulike bynaam. Glo my. Jou beste vriend sal mal daaroor wees dat jy sy meisie "liefie" noem, dit wys dat jy haar aanvaar in julle vriendekring. Dis belangrik vir jou vriende se beter helftes om aanvaar te voel deur jou vriendekring.
 
3. Post foto's op Facebook van jou beste vriend toe hy deur sy "Hello Kitty" stadium, gegaan het. Of die keer toe jou beste vriendin 'n helderrooi hemp met 'n pienk broek gedra het en op die spur se glybaan gespeel het. Tag hulle meisie/ou.  Jy wil tog net hê dat hulle verhouding moet groei en versterk en deur dinge van die verlede met mekaar te deel sal hulle mekaar beter verstaan. Jy maak net die proses van 'mekaar ken vinniger.
 
4. Die volgende keer as julle saam met jou vriendekring uitgaan, sluit die couple iewers toe. Sorg dat daar niks water of kos is nie. Los hulle alleen vir 'n week. Hulle verhouding sal getoets word deurdat hulle sal moet uitredeneer wie eerste wie se piepie moet drink en, as dinge  begin ernstig raak, wie eerste hulle hand sal moet afchop om geëet te word. Hulle sal baie sterker daaruit kom. En JY sal die een wees wat die geleentheid aan hulle gegee het!
 
5. Daag op vir hulle fliek-dates. Ons almal weet dat JY eintlik die lig in hulle lewe is. Net as jou vriend die move wil maak (die maak-of-jy-gaap-en-sit-sy-hand-om-haar-skouer-ding) spring van agter die stoel uit en verras hulle! Nadat hulle van jou briljante verassing herstel het sal hulle jou briljante sarkastiese opmerkings tydens die fliek BAIE waardeer, veral as hulle net die fliek in stilte sou wou kyk... Wie gee nou regtig om wat aan die einde van 'n fliek gebeur?! Dis belangrik om 'n balans tussen jou vriende en jou liefdeslewe te handhaaf en jy sorg net dat hulle in balans lewe! 
 
Vlog hierdie tips as jy regtig wil sien hoe jou vriend/vriendin se liefdeslewe floreer. Hierdie tips is amper so indrukwekkend soos Justin Bieber se kriminele rekord.
 
 
Tot wedersiens!
MI