Monday, December 8

Die Gids tot alles Disney!

Hellooooo liewe lesers! Ons gaan probeer om julle soveel as moontlik te vermaak tydens die vakansie! Vir die van julle wat dit nie weet nie...ons is obsessed met baie goed...dit voel of ons dit in amper elke artikel noem, en dis funny want dis so waar (dis 'n aanhaling wat MI se M onlangs in 'n boek gelees het met die naam Solitaire..gaan lees dit, dis BAIE goed!) Anyway, vandag se topic of obsession is Disney! Disney is net een van die beste dinge ooit en dit is een van die dinge wat lewe op aarde die moeite werd maak! So geniet MI se Gids tot Alles Disney!

'n Bietjie Geskiedenis
Die Walt Disney Company is op die been gebring op 16 Oktober 1923 deur Walt Disney en Roy O. Disney. Hierdie maatskappy het die leier geword in animasie flieks wêreldwyd en het later uitgebrei deur live action flieks te vervaardig en pretparke oop te maak. Die Disney maatskappy het baie verskillende fassette insluitend die Walt Disney Studio wat verantwoordelik is vir die maak en vervaardiging van flieks en hulle besit ook die Amerikaanse televisie netwerk, ABC en die kinderkanaal, Disney Channel. Die karakter Mickey Mouse het die universele simbool vir die Disney maatskappy geword.

Disney Prinsesse
Die Disney prinsesse is seker van die bekendste karakters wat ooit in die geskiedenis van...wel die mensdom! Die heel eerste prinses was die oulike en dalk ietwat irriterende Snow White. Sy was cute en als, maar sy was darem net te gelukkig vir iemand wie se stiefma haar probeer vermoor het deur haar hart uit sny...I mean praat van Game of Thrones R-rated violence! Anyway, sy en haar 7 dwergies het hulle verskyning gemaak in 1937. Snow is gevolg deur Cinderella en daarna het Aurora in Sleeping Beauty haar verskyning gemaak! Ons is mal oor die Disney Prinses flieks, want nie net bied dit wonderlike vermaak vir jonk en oud nie, die gee ook vir jong kinders en veral meisies die geleentheid om te leer dat daar 'n prinses in almal is, maak nie saak wie jy is of wat jou omstandighede is nie! En moenie al die mooi rokke en groot kastele vergeet nie! Prinsesse soos Ariel, Jasmine, Belle, Rapunzel, Pocahontas en Mulan maak kindwees net soveel lekkerder!

Disney Prinse
 
En wat is 'n prinses sonder haar ridder op 'n wit perd? Baie mense stig proteste teen die feit dat die prinsesse altyd gered word deur die prins en hulle meen dat dit vrouens as swak en minder waardig vertoon! Vir sulke mense wil ek net sê, kry 'n lewe! Hulle is tien teen een depressiewe middle-aged vrouens wat 'n groot liefdesteleurstelling gehad het en nou dink dat alle mans uit die hel se donker dieptes uitkom. Die prinse in die Disney flieks is simbole van hoop vir jong meisies wat wys dat elke meisie 'n prins op 'n wit perd verdien en dat hy haar eendag wanneer die tyd reg is sal kom red, want elke meisie verdien dit om soos 'n Ariel of Cinderella deur haar eie unieke prins gered te word. Ons se nie jou geluk hang af van 'n man nie, jy is al een wat jou eie geluk kan bepaal. Al wat ons se is dat jy nooit moet voel asof jy minderwaardig is nie, want daar buite is 'n prins vir jou! En Prins Eric is totes die mooiste prins van almal! Kan ek nie mar hom gekry het nie, ek meen Ariel jy het 'n hele mermaid hotness club om van te kies!

Disney Villians.











Die skurke in die Disney flieks is altyd my gunsteling want hulle is net so wickedly evil en awesome! Ons weet nou nie regtig of die villians een of ander dieper betekenis tot die flieks bring nie, maar dit maak nie saak nie, want GEEN fliek sal volmaak wees sonder 'n behoorlik booswig nie! Van ons gunsteling sluit in Maleficent van Sleeping Beauty wat in 'n flippen DRAAK kan verander, Claude Frollo van The Hunchback of Notre Dame (Dis MI se M se gunsteling Disney fliek!!), Captain Hook van Peter Pan, wie kan ook vergeet van Yzma van The Emporers New Groove?? Sy was darem net te hilarous! En dan is daarf Ursula van The Little Mermaid (sy is sonder twyfel die scarieste villian wat ons nog ooit in 'n fliek gesien het! Ek meen sy het 'n tuin van die siele van die meerminne wat sy gevang het!) en dan natuurlik Hades van die Hercules fliek van hy is net beyond sassy en het blou vuur vir hare!

Disney liedjies.
Geen Disney animasie is voltooi sonder 'n paar totally corny liedjies nie! En kan ons net iets daar buite sit...hoe is dit moontlik dat ELKE FLIPPEN DSNEY KARAKTER MOOI KAN SING!!!!??? Ek meen regtig!!! Dink bietjie mooi, kan jy EEN Disney karakter onthou wat nie mooi gesing het?? Anyway ons kan net nie help om verslaaf te wees aan Disney flieks se liedjies nie! Hier is 'n paar van die bestes: Part of your world van The Little Mermaid het darem net jou hartsnare geprikkel en dan natuurlik Poor Unfortunate Souls wat Ursula se ultimate villian jam is! Let it Go van Frozen is natuurlik 2014 se nasionale anthem want niemand kan daai liedjie uit hul kop uit kry nie! A dream is a wish your heart makes van Cinderella is ook een van ons gunstelinge en dan is MI se M natuurlik verslaaf aan die hele Hunchback of Notre Dame soundtrack want come on dis n NET SO MOOI!!!!

Nou kan julle liewe lesers ook sien hoe wonderlik Disney werklik is! So ons beveel julle nou om te hardloop en die naaste Disney DVD te gryp en dit te kyk...kom staan op... loop... hoekom lees jy nog? Daarsy...

Tot wedersiens!
MI
 
*Is jy nogsteeds besig om te lees? Wat makeer jou? Hou nou op en gaan kyk daai Disney fliek voordat ons jou in ons Garden of Unfortunate Souls sit!

Monday, December 1

Spud 3 epicness!

Hallo!
 
Ons vakansie het aangebreek, wat beteken dat ons officially baie epic artikels vir julle sal hê oor die volgende paar week! Dance party!
 
Soos wat julle weet is ons huge YouTube fangirls, so toe ons die kans gekry het om met Caspar Lee, Troye Sivan en die res van die Spud cast te praat het ons practically flou geval van opgewondenheid. Behalwe vir die feit dat ons twee van die grootste YouTubers op die planeet kon ontmoet, ontmoet ons ook die actual mense wat in die actual Spud fliek is wat een van ons actual gunstelinge flieks/ franchises op die planeet is.
So dis 'n understatement om te sê dat die dag wat ons hierdie mense ontmoet het een van die beste dae van ons lewens was.

Ons het vertrek na die hotel waar die onderhoude gehou sou word direk nadat ons een van die aakligste wetenskap vraestelle van ons lewens geskryf het. Seriously, wie gee nou regtig om hoe vinnig 'n stuk rots beweeg as dit by 'n skuinste afrol? Huh?
In die kar het ons onsself opgerally en ons het vir mekaar gesê dat ons onder geen omstandighede onsself mag gedra soos craycray fangirls nie en dat ons onsself professioneel moet hou.
 
Toe ons by die hotel aankom check ons in by die mediakantoor plekkie in en TOE raak ons geintimideerd, want rondom ons is al hierdie ouer mense wat baie proffesioneel is en hier is twee 17-jarige meisies wat iets uitgerig wil kry. Ons het darem onsself gedra asof ons daar behoort (ons het, dit was net bietjie... Accck.)
Lisa, wat alles vir ons gereël het (en wat soos super vriendelik is) het ons gegroet en toe is ons soos 'Okay. Okay. Ons kan dit doen. Yaaass! Gameface!'
Ons gesels nog lekker voor die onderhoudkamers en terwyl ek my kop omdraai KOM CASPAR EN LEE EN TROYE SIVAN BY DIE KAMER REG OORKANT ONS GELOOP.
Ek sal jou kans gee om dit bietjie te verwerk:
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Is jy ok? Het jy dit geabsorbeer? WANT EK HET NIE.
Dit was tyd vir ons onderhoud met hulle en my maag het in knope getrek wat Finnick Odair sou trots maak. Ons het by die kamer ingloop en daar sit hulle in hulle volle glorie: Caspar Lee en Troye Sivan. Troye het hierdie engelblou oë wat so reg in mens se siel inkyk en Caspar Lee is wel... Caspar Lee. Seriously.
Die onderhoud het fantasties verloop en toe was dit tyd om 'n foto saam met hulle te neem.
Ons staan om die foto te neem en almal is in daardie akward stilte wat daar altyd is wanneer mens 'n foto neem en toe gebeur dit. Mieke uiter die volgende woorde:
"Your hands are really soft."
WAT?
Caspar is toe soos: "Who me?" en Mieke is soos: "Yes, I felt them when we greeted you."
 
!!!
 
Hoe op Aarde moet ek aanvaarbaar lyk in 'n foto terwyl ek myself moet inhou om nie soos 'n otter wat kraam te lag nie?! GELUKKIG het ek dit reggekry en ek sal sê dat die foto heel aanvaarbaar uitgedraai het:
 
Na die Caspar en Troye onderhoud was dit tyd om met die reggiseur, producer en skrywer te praat. Hierdie is die een waarvoor ek die meeste op my senuwees was, aangesien al drie hierdie mense ouer as ons en soos legit grootmense is. Hulle het dit GEMAAK in die industrie en ons is net soos twee tienermeisies. Gelukkig het hierdie een ook goed gegaan en ons het oorleef!
(Ons kon ongelukkig nie 'n foto saam met hulle neem nie, aangesien dinge nogals gerush was.)
 
Na die tweede onderhoud het Lisa ons gevra om 'n break te vat en ons besluit toe om by die swembad te gaan sit waar my pa vir ons wag. (Thanks pa!)
Toe ons by die swembadarea inloop het ek amper hardop gegil maar ek het myself beheer. Die rede hiervoor is dat CONNOR FRANTA langs my pa gesit het. Casually.
Hy was op sy laptop besig en het nie gepraat met my pa of iets nie, MAAR HY WAS NOGSTEEDS REG LANGS MY PA.  Ek kon dit seriously nie glo nie. HY WAS NeET DAAR. Ek gaan sit toe op die stoel langs my pa wat beteken dat EK TOE LANGS CONNOR FRANTA gesit het. Dit het gelei tot een van die beste tweets wat ons nog ooit getweet het:
 
@MIWatchers: I AM SITTING NEXT TO @CONNORFRANTA
 
*Sug*. Die lewe was so perfek op daardie stadium. Dit het selfs meer perfek geraak want daarna het Lisa ons geroep om ons laaste onderhoud met die Crazy 8, asook Alex wat Christine speel, te doen.
 
Toe ons by die Crazy 8 kamer inloop was ons sommer heeltemal op ons gemak, aangesien hulle almal amper so oud soos ons (net klein bietjie ouer) en super vriendelik was. Daardie onderhoud was ook great en voor ons ons oë kon uitveë neem ons 'n foto saam met hulle en is ons weer oppad.
 
Ek onthou ek het heeltyd in die kar gesê dat dit die beste dag van my lewe was, en al het ek dalk bietjie oordryf is dit tog soortvan waar.
 
Jy kan al die onderhoude wat ons gedoen het op JIP se website lees.
 
Tot wedersiens!
MI