Wednesday, July 16

Landsvlae Klere

Die langverwagte wintervakansie is amper op sy einde liewe lesers en ons is baie hartseer daaroor! So hartseer dat ons besluit het om skool vir nog een ekstra week te vas! Net 'n grappie, ons ouers dwing ons om skool toe te gaan, ten spyte van al ons goeie argumente. Een hoogtepunt is darem dat die somer stadig maar seker begin nader kruip. Lente is nog slegs 2 maande weg! *Happy Dance* Hoekom sien ons so uit na die somer, mag julle dalk vra. Wel die outfits, natuurlik! Die I van MI het vir my, die M bekend gestel aan 'n epic App naamlik Polyvore en nou is ek verslaaf daaraan. Hierdie App gee jou toegang tot baie verskillende klere en dan kan jy jou eie uitrusting ontwerp! Hoe cool is dit nie!
Almal van julle weet seker dat dit onlangs die 2014 Sokker Wêreldbeker was en om hulde te bring aan hierdie ikoniese toernooi het ons besluit om 'n paar uitrustings bymekaar te sit, wat die kleure van 'n paar verskeie landsvlae reflekteer. Hier is 'n paar landsvlae-geinspireerd lente en somer uitrustings!

Duitsland.
Duitsland het teen my wil as die wenners uit die stryd getree nadat hulle Argentinie 1-0 geklop het in die eindstryd op 13 Julie 2013 in Rio da Janerio.
Vir ons Duitsland uitrusting het ons gemaklik, maar steeds sjiek en stylvol gegaan. Ons het 'n swart high waisted rompie by 'n helder geel toppie en 'n bloedrooi leerbaadjie gepas. Hierdie kleure simboliseer Duitsland se landsvlag kleure: rooi, swart en geel. Ons het 'n paar rooi skoene gekies om die uitrusting af te rond en dan die finishing touches was 'n swart Fossil leerhandsak en 'n paar geel sonbrille! Du bist jetzt bildschön (Jy is nou beeldskoon)!
 

Argentinie.
Argentinie is die span waarvoor ek geroot het nadat my oorspronklik span, Spanje uitgeval het in die eerste rondte. Hulle het tweede geëindig nadat hulle deur Duitsland geklop is. Hierdie uitrusting is perfek vir 'n dag van inkopies of middagete saam met jou vriendinne!
Ons het 'n wit skinny denim gepas saam met 'n ligblou strappymou bloes en ligblou hakskoene van 'n uniek fluweel materiaal. Vir bykomstighede het ons 'n silwer armband, 'n paar blou aviator sonbrille en 'n geel strikkie vir jou hare. Die ligblou en wit is vir die strepe in die landsvlag en die geel vir die son in die middel van die vlag.

 


Brazil.
Brazil was die host nation vir hierdie wêreldbeker en hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt. Die stadions was met elke wedstryd propvol gepak met ondersteuners en die openings- en afsluitingsseremonies was beslis unieke geleenthede! Hulle het 4de in die toernooi geëindg nadat hulle in 'n skokkende nederlaag van 7-1 teen Duitsland verloor het in die semi-finaal en toe 3-0 teen Nederland verloor het in die uitspeel wedstryd.
Aangesien Brazil 'n baie tropiese klimaat het, het ons 'n baie gemaklike uitrusting gekies. 'n Kort donkergroen mini broek en geel moulose hemp maak ons hoofuitrusting. Ons het dit gepaar met geel en wit sneaker tekkies, blou armbande en 'n groen haarband vir jou hare. Die vlag is hoofsaaklik donkergroen met 'n geel diamant in die middel en 'n blou aardbol. Dus komplementeer die uitrusting se kleure die vlag s'n baie goed.
 

Nederland.
Nederland was regdeur die toernooi baie se gunsteling vir die wenners. Daar is ongelukkig 'n stukkie in hul drome gesteek, nadat hulle die Penalty Shootouts verloor het teen Argentinie in die semi-finaal.
Hierdie uitrusting is perfek vir heerlike middag uit saam 'n spesiale iemand! Nederland se landsvlag bestaan uit 3 horisontale strepe van blou, wit en rooi en ons het ons uitrusting volgens hierdie kleure bepaal. Ons het besluit op 'n rooi en wit sonrokkie met 'n komplementerende blou baadjie en donkerblou hakskoene. Vir bykomstighede het ons besluit op 'n rooi handsak en sonbril en 'n wit horlosie.
 

Engeland.
Engeland het nie enigiets noemenswaardig gedoen in hierdie wêreldbeker nie, maar omdat dit ons gunsteling land is, moes ons hulle ook net by ons lysie voeg. Hierdie uitrusting is perfek vir 'n ontspannende kuier saam met vriende of 'n fliek afspraak!
Ons het besluit op 'n gemaklike T-hemp met die Engelse landsvlag patroon op en 'n beige kortbroek. Die skoene wat ons gekies het, is ook versier met 'n patroon van die Engelse vlag. 'n Charm-armband, teekoppie-oorbelle en 'n wit mussie is die perfekte afronding vir hierdie oulike uitrusting!
 

Spanje.
Ons laaste land is Spanje. Hulle was die M se gunsteling aan die begin van die toernooi, maar het beslis nie baie goed vertoon nie en het 5-1 verloor in hul eerste wedstryd teen Nederland. Hulle is in die eerste rondte al uitgeskop.
Hulle landsvlag is hoofsaaklik rooi en geel en dit is dus ons fokuskleure in hierdie uitrusting. Ons het 'n geel rompie gekies saam met 'n rooi, lospassende bloesie en baie stylvolle rooi skoene. Vir bykomstighede het ons besluit op 'n rooi handsak en sonbril en 'n geel kopband en horlosie. Hierdie uitrusting is perfek vir 'n sonnige dag van verkenning!
 

Dit liewe lesers was 'n paar mode idees vir hierdie komende somer! Laat weet ons wat julle dink van ons idees en watter julle wil probeer! Ons los julle met hierdie adorbs foto van Jack en Finn, want hulle is net die mooiste Youtubers wat ooit bestaan!




Tot wedersiens
MI

Monday, July 7

READER'S WAREHOUSE TAG! (Nuwe MI Video!)


Tot wedersiens!
MI

Winkels waarvan jy moet weet!

Ons is mal oor klere en handsakke en ons is ook mal daaroor om Suid-Afrikaanse besighede te ondersteun.
Vandag wil ek twee van my gunsteling Suid-Afrikaanse mode besighede met julle deel wat redelik klein is, maar wat super cute dinge verkoop teen amazing pryse!
 
My Scattered Heart
My Scattered Heart verkoop klere op hulle Facebook page. Hulle post elke nou en dan 'n collection van vintage klere met groottes en pryse by, so dis super maklik om deur hulle albums te scroll en te kyk waarvan jy hou.
Hulle het ook 'n website met al hulle klere op waarvan af jy kan bestel: http://www.myscatteredheart.com/
 
Hier is 'n paar van ons gusnteling outfits wat ons al van My Scattered Heart gesien het:


 
Dit IS vintage klere, so jy gaan moet soek vir klere waarvan jy persoonlik hou, maar daar is definitief 'n paar gems wat ons nie sal omgee om te hê nie...
 
Becca Blair Bags
 
As ek elke liewe handsak van Becca Blair kan besit sal dit nogsteeds nie genoeg wees nie!
Becca Blair maak handsakke, rugsakke en al die ander sakke tussenin!
Daar is iets vir elke geleentheid... Cute clutches om mee uit te gaan in die aande of American Flag backpacks wat mens kan gebruik by festivals.
Die pryse is ook nie buitensporig duur nie.
 
 
Van ons gunstelinge:
 
 
 
 
Laat weet ons in die comments van jou gunsteling local winkels!
 
Tot wedersiens!
MI
 

*Hierdie post is nie gesponser nie, ons wil maar net van ons gunstelinge met julle deel! :)