Sunday, October 20

50 Random Vrae

Ons was deur een van ons vriedinne en mede JJ, Anike,  getag om 'n '50 Random Vrae' artikel te doen. Soos julle seker weet het ons niks beters gehad om te doen, so hier is dit!

 

1. Waar was jy 3 ure terug?
I: By die huis, besig om the Lone Ranger te kyk. (Dis EPIC, net BTW).
M: Besig om TV te kyk…X Factor, Suits…Daar is net te veel goeie TV-programme.

2. Op wie is jy verlief?
I: Harry Styles, duh.
M: One Direction… en ‘n HUGE CHEESY PIZZA!

3. Het jy al ooit 'n vetkryt geëet?
I: Umm, nee. Ek het klaar 'n kleurvolle genoeg hart.
M: Waar kry jy jou inligting van?? Who are you working for…(kyk suspisieus rond)

4. Is daar enigiets pienk binne 10 meter van jou?
I: Al die pienk boeke in my boekrak.
M: Mp pienk Puma sweater en my hond... as ek hom klaar gekleur het.
 
5. Wanneer was die laaste keer wat jy in die mall was?
I: Seker so maand terug...
M:Uuuuum…ek weet nie! DIS 'N SKANDE!!

6. Dra jy op die oomblik sokkies?
I: Nee. Sokkies is gross.
M:Nope, wat weird is!

7. Het jou familie 'n kar wat meer as $20 000 werd is?
I: As jy praat van ons Ferarri, dan ja.
M: Justin Bieber het hom gesteel en met Leopard prints bemors! Grrrrrr….

8. Wanneer was die laaste keer wat jy buite die dorp was?
I: Gister aand, vir 'n partytjie. HALA!
M:Gister vir ‘n P-A-R-T-Y #whoopwhoop

9. Was jy by die flieks in die laaste 5 dae?
I: Nee, en dis 'n outrage!
M:Tel dit as ek in my drome by die fliek was... saam my boyfriend… Niall

10. Is jy hot?
I: Nee, ek sit onder 2 komberse.
M:As ek in ‘n sauna sit of my naam op Ariana Grande se Twitter page sit en haar Profile Pic hou!

11. Wat was die laaste ding wat jy gedrink het?
I: Water.
M:Ceres Vrugtesap

12. Wat dra jy op die oomblik?
I: 'n Skinny jean, grys peplum top, swart truitjie en oorfone.
M:Grys sweetpakbroek en ‘n pienk sweat shirt!

13. Was jy self jou kar, of laat jy die karwaasery dit doen?
I: HAHAHAHAHAHAHAHAHA. Ek sit nie my hande aan 'n wassponsie nie.
M:Vergeet altwee… my superhot man (as ek een gehad het) doen dit soos hulle dit in die movies wys!

14. Soort kos wat jy laaste geeet het?
I: Ertjies (ew), slaai (yay), mash (yay), wors (ew) en daai lekker chips goed van Woolies. O ja! En spookasem!
M:Seafood pasta en Roomys vir poeding!

15. Waar was jy laasweek hierdie tyd?
I: In presies dieselfde posisie as nou.
M:Op die bank, besig om TV te kyk…Wow my lewe is depressing!

16. Het jy enige kledingstukke gekoop hierdie week?
I: Jip! HALA!
M:YUP! SHOES!

17. Wanneer was die laaste keer wat jy gehardloop het?
I: Vrydag middag. Ek het gehardloop om eerste by die poeding uit te kom.
M: 5 minute terug, yskas toe tydens die advert break van X Factor!
 
18. Wat was die laaste sportsoort waarna jy gekyk het?
I: Krieket.
M: ABSA Currie Cup Semi-Final tussen die Sharks en die Cheethas (maar ek is eintlik ‘n Bull)

19. Wat is jou gunsteling dier?
I: Tiere!
M: Zebras! Is hulle nou wit met swart strepe of swart met wit strepe?

20. Wat is jou droom vakansie?
I: ENGELAND! (So as iemand 'n ekstra vliegtuigkaartjie het...)
M:Engeland, Ierland en Parys of NEW YORK!

 21. Laaste persoon wie se huis jy in was?
I: Ons vriedin Luzaan s'n, en dit was EPIC!
M:Luzaan s’n vir ‘n P-A-R-T-Y!!

22. Ergste besering wat jy nog ooit gehad het?
I: Ek het my sleutelbeen gebreek toe ek 2 was. (Dit was die rowwe dae).
M :Iemand het op my vinge getrap en toe val die nael af... ek weet... Hoe het ek dit oorleef? Dankie vir julle concern, ek is okay nou!

23. Was jy al ooit verlief?
I: Ek is nogsteeds... Op Harry Styles.
M: Dalk... ;)

24. Mis jy enigiemand op die oomblik?
I: Rottie! (Ons vriendin)
M:YES! My auntie Annie in New Zealand!

25. Laaste musical wat jy gesien het?
I: Moulin Rouge.
M: Ons skool se kultuur aand, maar ek dink nie dit tel nie, so Les Misèrables.

26. Wat is jou geheime wapen om die teenoorgestelde geslag aan te trek?
I: Umm... Ek is baie goed met 30 Seconds...
M:Ek het sover nog geen sukses met enige metode gehad nie, so ek raai that answer is yet to be discovered.

27. Wat is jou planne vir vanaand?
I: 'n Goeie boek, Sherlock Season 2 en 'n music festival in my sitkamer.
M: Stres oor die eksamen en stalk Youtubers!

28. Wie was die laaste persoon wat vir jou 'n Facebook boodskap/ comment gestuur het?
I: Mieke!
M:Ingrid Heÿdenrÿch aka My best friend!

29. Volgende uitstappie wat jy gaan neem?
I: Skool, skool, skool... en o ja! Skool
M: As ek my ma kan oorreed.. McDonalds TOE!!
.
10. Het jy al ooit gaan kamp?
I: Ja. Ek dink 'n miljoen en een keer.
M: Ja en ek het elke minuut gehad, behalwe die oomblikke wat ek na hot ouens gekyk het!

31. Is jy 'n 'honour roll' student?
I: Wel, my ma dink ek is nogals oraait.
M: Ek weet nie regtig wat dit is nie, maar dit klink cool en dan was ek obviously want wie is nou cooler as ek?

32. Wat wil jy weet oor die toekoms?
I: Wat gaan gebeur in Allegiant?!?!?! (Dis so super cool reeks boeke. Moenie worry nie, volgende jaar sal dit super famous wees.)
M: Sal ek ‘n Oscar wen en met ‘n famous krieketspeler trou en my eie reality show hê en die Lotto wen?

33. Dra jy enige parfuum/ spuitgoed op die oomblik?
I: Avril Lavigne se Black Star parfuum.
M:Ja, Justin Bieber se SomebodyJ

34. Moet jy iewers in die jaar na ' dokter toe gaan?
I: Umm... Nie waarvan ek weet nie.
M: Jip! Ek moet my oë weer gaan laat toets, want my ma het my nie wortels gevoer toe ek jonger was nie! Skaam jou moeder!

35. Waar is jou beste vriend/ vriendin?
I: By haar huis, besig om die ander helfte van hierdie artikel te skryf :)
M: Seker by die huis, besig om TV te kyk of iets te skryf of Youtubers te stalk of Sherlock te kyk! (P.S. Hierdie was gedoen sonder dat ek na jou vorige antwoorde gekyk het! BOOM!)

36. Hoe gaan dit met jou beste vriendin?
I: Baie goed, want sy ken vir my. ;)
M: Baie goed, want Allegiant  kom amper uit en sy het ure se Sherlock vermaak!

37. Het jy 'n tan?
I: PUH-LEEZE!
M: Nope! Om myself te camouflage sal ek net in die sneeu gaan lê en dan is ek letterlik onsigbaar!

38. Waarna luister jy op die oomblik?
I: Born To Die van Lana Del Rey.
M: Bastille, Bad Blood speel op hierdie oomblik so hard dat jy dit seker by jou huis kan hoor Anike! (Anike bly in Nelspruit...) ;)

39. Versamel jy enigiets?
I: BOEKE!
M: Boeke! En Superhero movies… My lewensmotto kom uit The Dark Knight!

40. Wie is die grootste skinderbek wat jy ken?
I: My boetie... Ek het NIE die koekies gesteel nie!
M:Twitter!

41. Laaste keer wat jy deur 'n polisieman gestop is?
I: Toe ek die pot aan die einde va die reënboog gesteel het. Die Leprechauns was nie baie gelukkig met my nie...
M: isteraand, weereens in my drome. Die cop was Logan Lerman and hy kan maar verewig my regte vir my vertel!

42. Drink jy jou koeldrak met 'n strooitjie?
I: Net as die strootjie 'n sambreeltjie op het.
M: a! Ek lyk soos ‘n vis as ek uit die bottle uitdrink en dit is nie ‘n mooi sig nie!

43. Wat sê jou laaste SMS?
I: Jip!!! Sien jou vrae later!!! :D- Van Mieke
M: "Ook!! Sien jou vrae ltr;)” vir Ingrid

44. Hou jy van brandsous?
I: Nee, ek hou actually daarvan om gevoel in my tong te hê
M:Nope!

45. Die laaste keer wat jy gestort het?
I: 'n Halfuur terug.
M: isteraand en ek het daarby ‘n Grammy-winning vertoning gegee! Eat your heart out Miley Cyrus!

46. Moet jy jou wasgoed doen?
I: Nee. My ma doen dit. Mwhahahaha!
M: Ek en wasgoed gaan nie saam in 'n sin nie.

47. Wat is jou erfenis?
I: Suid-Afrikaans, oorspronkllik Duits.

M: Ek dink Suid'Afrikaans, maar ek hoop Iers. (*wink* Niall *wink*)

48. Is jy iemand se beste vriendin?
I: Ja... At least I hope so... Mieke, bevestig net asseblief.
M:Ek sal so hoop! (Ingrid jy is op die spot nou…)

49. Is jy ryk?
I: Ek het in die afgelope maand meer as R500 spandeer aan boeke, wat beteken dat ek ryk is aan kennis. Tel dit?
M:Dalk, as jy my vergelyk met die vlugtelinge in Sudan!

50. Wat het jy 12 uur gisteraand gedoen?
I: In die bed geklim.
M:Slaap en droom oor ‘n hot polisieman Logan Lerman en my movie date saam Niall!





Saturday, October 12

YouTube Mal! Deel 2

Ons vorige artikel het van ons gunsteling YouTubers bevat, maar ons het besef dat dit maar net die tip van ide iceberg is! Without further adue... YouTube Mal... Deel 2!
 
 
Hank & John Green (vlogbrothers)
Die Vlogbrothers projek het so paar jaar terug begin. Die basiese idee was dat Hank & John Green nie met mekaar mag kommunikeer deur middel van elektronika, behalwe vir YouTube video nie. Dit het gelei daartoe dat die YouTube audience hierdie boeties kan beleef in al hulle gloriel. Intussen het die konsep van vlogbrothers verander. John maak op Woensdae videos en Hank op Vrydae. In die tyd wat hulle 'n YouTube kanaal begin het het John 'n klomp boeke geskryf (soos ons gunsteling, The Fault in Our Stars) en het Hank 'n Emmy gewen vir sy webseries The Lizzie Bennet Diaries. Ons is ook mal oor hulle leuse: DFTBA: Don't Forget To Be Awesome.
 
 
Louise (Sprinkle of Glitter)
Louise is een van die mees inspirerende YouTubers daarbuite. Sy is beste vriendinne met Zoe Sugg (oor wie ons in die vorige artikel gepraat het) en dis ook hoe ons van haar uitgevind het. Sy het pienk hare (need I say more?!) en 'n totes adorbs dogter met die naam Darcy. Sy maak ook fashion-related videos, maar daar's 'n klomp inspirerende en pret videos ook in haar repertiore. Ons is ook mal daaroor as sy en Zoe collabs doen, want hulle vriendskap is so cute! Ons is mal oor haar sin vir humor en ons kan nie help as om te glimlag as ons haar videos kyk nie!
 
 
 
Joe Sugg (TatcherJoe)
Joe is Zoe se boetie, maar glo ons, hy maak way ander tipe videos as sy sussie. Hy's baie soos Marcus Butler en Alfie Deyes, maar net 100 keer ouliker. Hy het 'n nuwe series op YouTube begin, Innuendo Bingo. Twee persone kyk vir mekaar met water in hulle mond terwyl daar snaakse videos gespeel word en hulle moet probeer om nie te lag nie. Dis hilarious! Hy het ook al met Simon Cowell 'n onderhoud gedoen op se YouTube channel, so obviously is hy goed.
 
 
Tanya Burr
Tanya het een van die oulikste persoonlikhede wat ons nog ooit gesien het! Sy't altyd 'n glimlag op haar gesig en ons is mal oor haar fashion sense! Sy maak meestal beauty videos, maar daar is occasional collabs waar sy iets anders doen. Ons het soveel makeup tips by haar opgestel en selfs al maak jy nie haar makeup looks na nie kry mens baie inspirasie!
 
 
Jim Chapman
Jim is Tanya se verloofde en sy videos is baie soos Joe Sugg s'n. Hy't 'n abie skerp sin vir humor en sy Britse aksent is so cute! Hy't baie "Advice" videos... Wat nie actually raad gee nie... Ons skeer onsself elke keer vir hom en ons maag is gewoonlik seer nadat ons na sy videos gekyk het. Hy lyk op die oog af soos iemand wat alles baie ernstig opvat, maar as mens sy videos begin kyk kom mens agter hy is een van die funnieste mense ooit!
 
 
Troye Sivan
Ons kan actually nei glo ons het om uitgelos op die oorspronklike lys nie! TROYE SIVAN IS LEGENDARIES! Sy videos is hilarious en die beste van alles... Hy kom gereeld Suid-Afrika toe, so daar's nog 'n kans dat ons in die verre toekoms hom kan ontmoet! OMS YAY! DIS SO EXCITING! Troye Sivan is eintlik Beyonce in disguise, hy is verslaaf aan sy laptop en hy kan ongelooflik goed sing. Ons het al hierdie dinge geleer deur na sy videos te kyk, en jy moet ook.
 
 
 
Laat weet ons wie van jou gunsteling YouTubers is in die comments en ons gebruik hulle in ons volgende YouTuber artikel!
 
Tot wedersiens!
MI
 


Saturday, October 5

Youtube Mal!


Almal wat ons ken weet dat ons absoluut VERSLAAF is aan Youtube en Youtubers! As jy eers gehook is is dit onmoontlik om weer te ontsnap. Dit is ongelooflik snaaks en entertaining EN daar is ‘n paar super cute Youtubers *wink wink*. Ons het egter agter gekom dat bitter min mense en veral tieners in Suid-Afrika weet van die bekende Youtubers en dit is nou waar ons inkom. MI gaan vir julle, ons liewe lesers, bekendstel aan van ons gunsteling Youtubers!
Zoe Sugg (Zoella)
As jy eers een van haar video’s gekyk het sal jy verstaan hoekom ons so baie van haar hou! Sy is so oulik en mooi en sy het ‘n Britse aksent! Dit is beslis die kersie op die koek. Sy het altyd die beste beauty en fashion tips en haar video’s is cute en funny met ‘n spesiale Zoe touch! Sy het ook onlangs ‘n interview met One Direction gedoen en ons was so jaloers! En ons is mal oor haar lang hare wat altyd net perfek lyk EN sy gaan met Alfie van PointlessBlog uit en dis net perfek en ASDFGHJKL
Marcus Butler
Hy is een van M se gunsteling want hy is super hot en het OOK ‘n Britse aksent! Sy hare is so perfek en deurmekaar en sy videos is sooooooooooo oulik! Hy bly in Brighton in Engeland en dit is dus die eerste plek wat ons sal besoek as ek in London kom! Ongelukkig vir ons het hy klaar ‘n meisie, maar gelukkig is sy ook cute en baie oulik. Sy video’s is gewoonlik net oor random funny goed en hy is een van die beste Daily Vloggers wat ons van weet. Sy fans word Butt Butt’s genoem en die M is BESLIS deel van hulle!
 
Alfie (PointlessBlog)
Hy is Zoe se boyfriend en ons ship Zalfie hardcore! Dis net perfeksie. Sy video’s is baie cool en funny, maar nie van ons HEEL gunsteling nie, maar hy is net so mooi dat ons nie anders kan as om na hom te kyk nie! Daar is egter ‘n paar van sy video’s, veral sy collabs met Marcus Butler wat epic is. As hulle gemorf kan word in een mens sal dit soos een van die perfekste mense op die planeet wees!
 
Grace Helbig (Daily Grace)
Sy is van Daily Grace en haar videos is AWESOME! Sy is so funny en random, maar gee nie baie goeie raad nie. Sy is baie mooi en trek altyd super cute aan. Sy maak elke dag ‘n nuwe video en elke dag het ‘n ander tema bv. Vrydae is Sexy Fridays! Sy het onlangs ‘n klomp collabs met Tanya Burr, Jim Chapman en Zoella gemaak en julle ALMAL moe dit gaan kyk… sommer NOU!
 
Tyler Oakley
Hy is gay en seker een van die grootste Directioners OOIT! Sy videos is verslawend funny en hy is een van die ouens met die beste kleresmaak OOIT, maar ek raai dat dit seker ingesluit is by die gay-pakket. Maar sy awesomeness kan nie in woorde beskryf word nie, so jy moet net een van sy video’s gaan kyk en dit self beleef.
 
Jack & Finn Harries (JacksGap)
JacksGap bestaan uit die tweeling boeties, Jack en Finn Harries en hulle is perfek. Kyk net asseblief na hulle gesigte:
 
Al wat sad is, is dat hulle nie elke week ‘n video opsit soos meeste ander Youtubers nie. Ons is gelukkig as ons een keer ‘n maand ‘n nuwe video kry! Ons raai dat dit seker hulle geheime strategie is, om ons en die res van hulle fans uit te honger vir hulle perfeksie en dan BOOM ‘n awesome video op te sit! Wel, ons sal nooit moeg raak vir hulle nie en as jy eers een van hulle video’s gesien het, gaan jy nooit weer dieselfde wees nie.
 
Casper Lee
Ons is seriously verlief op Casper Lee. Hy is die een van die bekendste Suid-Afrikaanse Youtubers en sy perfeksie status is amper op One Direction vlak! Hy is een van die randomste en snaakste mense wat ons nog ooit beleef het en sy videos is seker van die beste wat die internet kan voorsien! Hy staan bekend as die die ‘slut’ van Youtube en dit beteken dat hy skaamteloos is in sy videos. Nou nie age restricted skaamteloos nie, maar genoeg om jy te laat huil van die lag! Hy gaan ook die rol van Garlic in Spud 3 vetolk en dit beteken dat dit die fliek AWESOME gaan maak! Ons kan nie meer wag nie!
 
Julle hoef ons nie te bedank vir al hierdie awesomeness wat ons nounet verskaf het nie, want dit is ‘n GROOT PLESIER! Onthou dat MI ook ‘n Youtbe channel het en julle moet beslis ook ons nuuste video gaan kyk! Een van ons JIP kollegas, Anike is TheMiddleChildVlog en julle moet van haar video’s ook gaan kyk! Ons ander kollega James, het ook 'n epic channel: Mrpejames

Ons beplan om 'n tweede uitgawe van ons gunsteling Youtubers te skryf, so laat weet ons in die comments wie julle gunsteling is en ons voeg hulle by die lys!
Tot wedersiens!
MI
P.S. HUNGER GAMES 2 KOM  22 NOVEMBER IN SUID-AFRIKA UIT EN ONS KAN NIE WAG NIE!!!

Friday, October 4

NUWE MI VIDEO! (These are a few of our favourite things!)

 
Geniet dit! Laat weet ons wat ons in ons volgende video moet doen! :)
 
Tot wedersiens!
MI

Thursday, October 3

MI is diere! (What?!)

Ons het onlangs 'n versoek van een van ons MI-lesers gekry. Sy wou weet watter dier ons sou wees as ons een was. Ons het toe besluit om vir julle in te lig oor watter awesome diere MI sal wil wees as ons deel van diereryk kon wees. Ons sal onself noem... MI-DIERE!

M: 'n Tier
Nadat ek Life of Pi gekyk en gelees het is ek ietwat obsessed met tiere. Ek weet 'n tier is eintlik die I se gunsteling dier en nou het ons officially dieselfde gunsteling dier. Tiere is eintlik gewetenlose
karnivore, maar ek hou daarvan om van hulle te dink as 'n oorgroot liefdevolle huiskat met 'n million doller Louis Vuitton jas! Hulle is sneaky en grasieus, maar o so stylvol! Ek sal daarvan hou om die koning of koningin of prinses van die oerwoud te wees! My tier naam sal: Meline (Soos Feline) wees. Boom Fistpump!
 
I: 'n Sloth
Ek sal eerlik wees: My stokperdjies is eet en slaap. En eet. Het ek eet genoem? Weet wat doen sloths? Hulle eet DIE HELE tyd (en bly maer!) en dan slaap hulle om die kos af te werk. As dit nie jou idee van 'n perfekte lewe is nie jok jy vir jouself. Wel, ek is basically al klaar 'n sloth... Al wat ek kort is
fur en 'n oerwoud (alhoewel die skool wel kan kwalifiseer as een). Jip, jip, jip. Defintief 'n sloth. OE OE OE! Hoor hierdie grappie!
What did the grape say when the sloth stood on it?
Nothing, it just let our a little wine.
Ha. Haha. HAHAHAHAHAHA! DIS HILARIOUS!
Oh my soul ek sal 'n snaakse sloth wees. Okay. Baai.
 
Watter soort dier sal jy wees en hoekom? Laat weet ons in die comments!
 
Tot wedersiens!
MI