Sunday, July 28

Teen Choice Awards Deel 3! (TV Shows)

TV Shows

Villian
Becca Tobin- Glee
Ons almal weet Becca Tobin se karakter is net 'n rip-off van die karakter wat voor haar op Glee was- Quin Fabray. Ons gee nie eintlik om nie, want Quin Fabray was so 'n awesome karakter en al kan ons haar net her-beleef deur 'n wannabe, gaan ons nie kla nie.

Personality - Male
Simon Cowell- The X Factor
Simon Cowell is alles wat ek eendag streef om te wees- ryk, slim, hy kan sê wat hy wil en hy's super-famous omdat hy nie omgee oor ander mense se gevoelens nie. Ag komaan, moenie maak asof jy nie ook eendag so 'n werk sal wil hê nie!

Personality- Female
Demi Lovato- The X Factor
Ek stem vir Demi Lovato omdat sy epic is... nie omdat sy juis 'n goeie judge op X Factor was nie. Ons almal weet sy het haar deelnemers in die grond in gementor (en dis nie 'n goeie ding nie), maar shame. Sy't hard probeer en ek love haar nuwe look. So, go Demi!

Female Reality Star
The Kardashians & Jenners- Keeping Up With The Kardashians
EK LOVE KEEPING UP WITH THE KARDASHAINS. Natuurlik is hierdie familie nie my rolmodelle in die lewe nie, maar daar's iets redelik lekker om te kyk hoe ander mense dink hulle doen goed as hulle hulle vorige season se Gucci sonbrille weggee. We can only dream...
En asseblief... MOET NIE vir Honey Boo Boo toelaat om te wen nie!

Male Reality Star
Gordon Ramsey- Masterchef/ Hell's Kitchen
Om eerlik te wees hou ek nie juis baie van een van die genomineerde mense nie. Gordon Ramsey kry slegs my vote omdat hy hilarious kos-grappies maak
AS THE WANTED WEN IS HIERDIE HELE KOMPETISIE KORRUP!
Male Scene Stealer
Max Greenfield- New Girl
Dit was 'n moeilike keuse tussen Chord Overstreet van Glee en Max Greenfield, maar toe dink ek aan Schmidt (Max se karakter in New Girl) en Max Greenfield kry +100 punte by my! As jy nog nie vir Max beleef het as Schmidt nie dink ek dis veilig om te sê dat jy op een van die 7 wonders van die TV- wêreld
uitmis.

Female Scene Stealer
Heather Morris- Glee
Heather Morris is een van daardie karakters wat veroorsaak dat 'n series sommer net leeg sal wees sonder haar. Sy. Is. Hilarious. Sy kan sing en dans en act (altans... ek dink dis acting) en sy het ons heeltemal oorgewen met haar karakter, Britney.

Breakout Star
AnnaSophia Robb- The Carrie Diaries
 Ek ietwat van 'n Carrie Diaries verslawing ontwikkel. Die feit dat AnnaSophia Robb die hoofkarakter is is ook net soveel beter. SY WAS PERFEK IN BRIDGE TO TERBITHIA.

Breakout Show
The Carrie Diaries
As jy die manlike hoofkarakter hierin gesien het sal jy verstaan.

Reality Show
Keeping Up With The Kardashains
Mal mense is ongelooflik entertaining... Mal mense wat ryk is en nie weet hulle is mal nie is about 100 keer meer entertaining.

Animated
Gravity Falls
Ek kyk nie een van die reekse wat genominate is nie, toe kies ek maar Gravity Falls want dit lyk die cuteste.

Fantasy/ Sci Fi
Arrow
Die M van MI is obsessed met Arrow, so dis net reg dit hierdie TV show die award moet wen. Plus die hoofkarakter is super hot en daarvoor verdien hy alleen 'n prys.

Actress Sci-Fi/ Fantasy
Ginnifer Goodwin- Once Upon A Time
Sy is awesome. Dit is al.

Actor Sci-Fi/ Fantasy
Stephen Amell- Arrow
Weereens, het jy gesien hoe lyk hierdie ou?!

Comedy
Glee
Cory Monteith is 'n legende. Ek dink dis net reg dat Glee hierdie award wen. Dit sal wys aan die hele cast dat Gleeks vierkantig agter hulle staan. Ek raak nogsteeds hartseer as ek dink dat Cory Monteith noot weer
as Finn Hudson Don't Stop Believing sal kan sing nie... Glee MOET net al die kategoriee wen waarvoor hulle genominate is wen. Imagine net die gevoel as Glee wen na alles wat gebeur het.
"He took the midnight train going anywhere"

Actress- Comedy
Lea Michelle- Glee
Sy MOET net wen.

Actor- Comdey
Chris Colfer- Glee
Chris Colfer is die perfekte voorbeeld van iemand wat embrace wie hy is. Hy is fantasties in Glee en hy het my al meer as een keer obeheerlik laat giggel.

Action
NCIS: Los Angeles
Ek is MAL oor al die CSI-tipe shows. CSI; CSI New York, Body of Proof en NCIS Los Angeles veroorsaak dat ek meeste van die aande paranoid is dat iemand my vergiftig deur middel van my tandeborsel... maar ten minste weet ek dan dat die super-slim dokters van die CSI my killer sal vang... of sal hulle? (Asseblief, los my tandeborsel uit.)

Actress- Action
Lucy Liu- Elementry
Van 'n Charlie's Angel na Dr. Watson... Not too shabby Lucy Liu.

Actor- Action
LL Cool J- NCIS: Los Angeles
Blykbaar gaan die M van MI single-handedly sorg dat LL Cool J hierdie Teen Choice Award wen want hy is, and I quote, "die persoon met die meeste swag wat ek in 'n lang tyd gesien het". *Facepalm*

Drama
Gossip Girl
Hierdie was 'n moeilike keuse tussen Gossip Girl en Pretty Little Liars, maar Gossip Girl het gewen! Seker omdat die hele reeks nou verby is en ek ontrekkings simptome het... maar ek moet erken, die PLL boeke is redelik verslawend.

Actress Drama
Blake Lively- Gossip Girl
Serena (soos ons haar in GG ken) het die chickste styl ooit. Kan ek asseblief haar klerekas steel? Want seriously, dit moet onwettig wees om sulke mooi haute couture klere te he.

Actor Drama
Penn Badgley- Gossip Girl
Spoiler Alert!
OH MY SOUL. KAN JY GLO HY WAS AL DIE TYD GOSSIP GIRL?!?! Ek kon nie en ek het seker gemaak almal binne 'n 1 meter afstand van my weet dit ook want... ASDFGHJKL

Reality Competition
The X Factor
Behalwe vir die feit dat Simon Cowell 'n judge/mentor is hierop (en ons love Simon Cowell), het een van ons HEEL gunstelinge bands hulle fame hier gevind- Emblem 3! (Jy't gedink ons gaan One Direction se ne? True, true, maar dit was X Factor UK...). As jy nou nog nie na hulle liedjie 'Chloe' geluister het nie beter jy dit NOU doen!

Stay tuned vir Deel 4 wat binnekort kom!

Tot wedersiens!
MI

Monday, July 22

Teen Choice Awards- Deel 2!

Music

 
Country Song
We Are Never Getting Back Together- Taylor Swift
Ek is nie seker of hierdie liedjie geklassifiseer kan word as 'Country' nie, maar wie is ek om te stry met die TCA's? Ek dink ek het eintlik net hierdie liedjie gekies omdat bok-geluide daarby ingevoeg kan word.
 
Single- Female Artist
Okay, hierdie was die moeilikste keuse wat ek nog moes maak. Hoe kies mens tussen Selena Gomez se Come & Get It, Anna Kendrick se Cup Song, Demi Lovato se Heart Attack, Taylor Swfit se I Knew You Were Trouble en Demi Lovato se Heart Attack?! Ek het 'n plan beraam, ek sal vir die volgende 5 dae vir 'n ander persoon stem- dan het hulle almal ten minste my stem. Seriously. Hoe kies mens?!
 
Single- Male Artist
Suit & Tie- Justin Timberlake ft. Jay-Z
Om eerlik te wees het ek net die persoon gekies wat ek dink die beste kans het om Justin Bieber te wen.
 
Single by a Group
One Direction - Live While We're Young
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Dit is al.
 
R&B/ Hip Hop Song
Daimonds- Rihanna
Om eerlik te wees hou ek NIKS van hierdie genre musiek nie. Dis so... Ew. Aangesien ek MOES kies het ek maar Rihanna gekies... want, Rihanna.
 
Rock Song
Carry On- fun.
fun. is my heel gunsteling band onder hierdie son, so natuurlik moet hulle wen. Die Imagine Dragons moet darem 'n mention kry vir Radio Active, Hey Ho van The Lumineers ook. Ugh. SOVEEL KEUSES!
 
Love Song
Little Things- One Direction
AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
Dit is al.
 
Break Up Song
Selena Gomez- Come & Get It
Hierdie liedjie is 'n EPIC dans liedjie en dis presies wat ons sal wil doen as ons van iemand wil vergeet. You go Selena Gomez. (En ek het glad nie vir hierdie liedjie gestem omdat die vir Justin Bieber burn nie...)
 
Breakout Star
Ed Sheeran
As jy nie weet wie Ed Sheeran is nie is daar 'n groot leemte in jou lewe. LUISTER NOU na sy liedjie A Team op Youtube. Doen dit net. Sodra jy klaar geluister het sal jy wil deelword van die Ed Sheeran fanclub. En hy't rooi hare- totes cool!
 
Breakout Group
Emblem 3
Julle mag dalk onthou ons uitgefreak het oor Emblem 3 toe hulle nog op die X Factor was. Imagine net hoe ons nou voel nadat hulle 'n single gerelease het (Chloe) EN 'n fanbase opgebou het. Ek voorspel the next big thing...
 
Female Country Artist
Carrie Underwood
Die enigste rede hoekom ek nie vir Taylor Swift stem nie is omdat sy Harry Styles (my toekomstige man) se hart gebreek het.
 
Male Country Artist
Hunter Hayes
Ek ken nie een van die mense wat genominate is nie, toe stem ek maar vir die hotste persoon.
 
Country Group
Lady Antebellum
Ek voel regtig sleg dat ek nie eintlik omgee oor een van hierdie groepe nie. Ek het gestem vir die groep wie se naam ek al gehoor het. Sorry not sorry.
 
Female Artist
Demi Lovato
Alhoewel ons mal is oor Selena Gomez, moet jy herekn Demi Lovato het 'n ongelooflike stem wat nie gemeng word deur 'n klomp weird techno geluide nie.
 
Male Artist
Justin Timberlake
Oeps, ek het weer gestem vir die ou wat ek dink die beste kans het om Justin Bieber te wen.
 
EDM Artist
DIT IS NIE 'N TALENT OM 'N KLOMP GELUIDE OP 'N LAPTOP TE MAAK NIE. EK WEIER OM TE STEM VIR HIERDIE KATEGORIE.
 
Music Group
One Direction
 
ASDFGHJKL
WHAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
HULLE MOET NET WEN
HULLE MOET!!!!!!!!
EEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEPPPPP!!!
ONE DIRECTION!!!!!!!!!!!
 
R&B Artist
Bruno Mars
Dit voel asof die wêreld van Bruno Mars vergeet, maar hy's regtig cool. Soosin legit talent.
 
Hip Hop- Rap Artist
Kanye West
Eeew... Rap. Ek het net vir Kanye gestem omdat die arme man 'n break nodig het van die Kardashians.
 
Rock Group
Imagine Dragons
Behalwe vir die feit dat hulle seker een van die coolste name vir 'n band ooit het, is die liedjies wat vir ons gegee word deur hierdie groep EPIC.
 
Dit was Deel 2 van MI se Teen Choice Awards keuses! Kom more terug vir deel 3!
 
Tot wedersiens!
MI

MI by Justin Bieber!

Ek kan nie glo ek het nie hierdie artikel vroeër geskryf nie! Dis 'n skande... cuff me officer! Soos julle weet was die M van MI in Mei by die event van 2013... JUSTIN BIEBER LIVE IN JHB!!!!!!!!!! OMS OMS OMS OMS OMS.....OK, ek het kalmeer! Dit was ongelooflik en ek sal dit 'n miljoen keer weer oor hê! Ek sou die ervaring baie graag met die I wou deel, maar ongelukkig is sy nie 'n groot fan nie. Gelukkig was 'n paar van my ander great vriendinne daar: Rottie, Annecha, Mignon, Hay-Lee, Jess, Amorique en
Christie!


Die wag:
Soos ek verwag het, moes ons 'n hele rukkie wag voordat ons kon ingaan. Gelukkig het ons gesorg dat ons vroeg daar was (nou nie 2 uur in die oggend nie!) so ons het vir ons 'n plekkie in die ry gekry wat baie naby aan voor was! Ons het toe vir omtrent 2 ure daar gesit en gefangirl en al ons kos probeer opeet omdat ons dit nie mag invat nie.. .LAME ek weet! Gelukkig het Mignon se pa die wag korter gemaak deur vir ons almal yummy slushies te bring! En toe breek die groot oomblik aan...DIE HEKKE GAAN OOP!


In die Stadion:
Ek was nog nooit by die FNB Stadium aka Soccer City nie, en dit was amazing! Dis 'n beautiful stadion en ek is baie trots om te se dat dit in my land is! Ons het ons sitplekke gaan kry, foto's geneem en toe in die endless ry gaan wag om OFFICIAL JUSTIN BIEBER MERCHANDISE te koop. Daar was awesome goed! Ongelukkig was my bron van geld bietjie beperk, maar darem het 'n goeie feëtjie toe vir my 'n awesome vroeë verjaarsdag geskenk gekoop: 'n Awesome Pers JB collage jacket! Baie dankie Goeie Feëtjie! Die Opening Acts was ChianoSky en Locnville en alhoewel ek nie 'n fan van Locnville was nie, is ek BESLIS nou! Hulle was fantasties! En toe begin die 10 MIN COUNTDOWN! IT ALL COMES
DOWN TO THIS!!!!


JUSTIN BIEBER!!!
5...4... 3... 2...1... JUSTIN! Toe hy op die stage staan met sy amazing wit klere het ek amper op my stoel gespring! Dit was amazing! Hy het begin met All Around the World en die skare skreeuende meisies het uit sy hand uit geëet! Hy het 'n amazing Drum solo op Beauty and the Beat gedoen en die verhoog aan die brand gesing en dans met liedjies soos Take You, One Less Lonely Girl, As Long as You Love me en vele meer! Na 'n uur en 'n half sê hy dat hy gaan afsluit met Believe en ons was almal BAIE sad dat dit nou klaar is...GELUKKIG het hy terug gekom vir 'n encore met Boyfriend en toe Baby! Dit was soooooo ongelooflik en al is jy nie 'n Belieber nie kan niemand se dat hierdie nie een onvergeetlike ervaring was nie!

Die Justin Bieber Believe konsert in Johannesburg was amazing... en Rihanna kom in Oktober so daar is net 1 ding oor om te se.... ONE DIRECTION.... KOM BY EN KOM SA TOE!!!


Tot wedersiens!
MI

(Inlas deur die I van MI: Ten spyte van die hoeveeldheid kere wat die M van MI in my ore gegil het na die konsert sal NIEMAND my OOIT kan oortuig om na 'n Justin Bieber konsert te gaan nie! Behalwe as ek free 1D kaartjies kry... Ek dink dis afgryslik dat die M van MI vir tot hierdie vlak gedaal het! Skandelik!)

Sunday, July 21

Ons Teen Choice Awards Keuses! (Movies)



MI is MAL oor die Teen Choice Awards! Ons stem elke dag vir ons gunstelinge want ons wil hê hulle moet die kompetisie crush!
 
Hierdie gaan die eerste van 'n reeks artikels waar ons ons keuses vir wenners verduidelik. Vandag se afdeling is movies!

Movies

Chemistry:
Johnny Depp & Armie Hammer in Lone Ranger
Alhoewel ons nog nooit actually Lone Ranger gekyk het nie MOES ons net vir hulle stem want... Dis Johnny Depp... en Armie Hammer. In een katgorie! Hopelik is hulle chemistry in die fliek so goed as wat die chemistry is as wanneer ons na foto's van hulle staar op ons rekenaar skerms.
 
Liplock
Logan Lerman & Emma Watson - The Perks of Being a Wallflower
Eeeeeeeeeep! Twee van ons HEEL gunsteling movie stars in EEn kategorie! Oh my soul. Dis te veel vir my emosies om te hanteer. The Perks of Being a Wallflower was 'n perfekte fliek en hierdie soen was ook perfek. Basies was dit 'n mengsel van perfeksie.
 
Hissy Fit
Steve Carell- Despicable Me 2
Steve Carell is awesome. Despicable Me 2 is awesome. (Kan iemand vir my een van daai minions gee?). Dis obviously net logies dat Despicable Me in hierdie kategorie wen. Duh.
 
Villian
Javier Bardem- Skyfall
Javier Bardem het my totally uitgefreak in Skyfall en veroorsaak dat ek vir 'n hele ruk nie kan slaap nie... So hy was die perfekte villian! (Want dis mos wat villians doen?)
 
Scene Stealer
Hanna Mae Lee- Pitch Perfect
*Fluister fluister fluister* "You don't have to shout!"
Hanna Mae Lee was EPIC in Pitch Perfect (al het ons die helfte van die tyd nie gehoor wat sy gesê het nie.) Herinner haar karakter vir enigiemand anders aan 'n Pug hond?
 
Breakout Star
Ek kan nie kies nie. Moenie my dwing om te kies nie! Neeeeee!
Ek is so getorn tussen Ezra Miller vir Perks of Being a Wallflower en Eddie Redmayne vir Les Miserables! Ezra Miller was die perfekte Patrick in Perks en Eddie Redmayne het my laat huil vir 'n week lank in Les Miserables (vir goeie redes). Acccckk! NEE! Stem vir altwee! Altwee moet wen!
(Hoe wens ek nie dit was moontlik nie...)
 
Sci Fi/ Fantasay
Oz The Great and Powerful
Hierdie fliek was net plain epic. Dit is al.
 
Actor- Sci Fi/ Fantasy
James Franco- Oz The Great and Powerful
Want hy is ook epic. Duh.
 
Actress- Sci Fi/ Fantasy
Mila Kunis- Oz The Great and Powerful
Mila Kunis was fantasies in hierdie fliek! Sy het ons in die storie ingetrek en amper laat vergeet dat mens nie eintlik kan vlieg nie. Amper.
 
Comedy
Pitch Perfect
Pitch Perfect is die nuwe generasie se weergawe van Mean Girls en enigiemand wat nie saamstem nie het dit duidelik nog nie gekyk nie. Moenie my verkeerd verstaan nie. Mean Girls sal altyd die beste bly, maar Pitch Perfect gaan nog 'n een van daai legendariese flieks word wat ons gaan kyk as ons 50 is en praat oor die 'goeie ou dae'.
 
Actor Comdey
Skylar Astin- Pitch Perfect
Skylar se karakter was so cute in Picth Perfect en dan is hy boonop nie lelik nie. Ek meen, Google hom net. Die feit dat hy The Breakfast Club vir Anna Kendrik aanbeveel het? Net beter. (OK, dit was net 'n fliek... maar nogsteeds!)
 
Actress Comedy
Rebel Wilson- Pitch Perfect.
Rebel Wilson + Pitch Perfect = A match made in Heaven
Horizontal Running is my official nuwe workout roetine. En blykbaar is ALMAL goed met bikini car washes. Regtig, almal. En die feit dat sy 'n super cool aksent het? +50 punte vir jou, Rebel Wilson.
 
Drama
WEER MET AL HIERDIE KEUSES. In hierdie kategorie is daar DRIE flieks wat ek wil hê moet
wen.
Les Miserables, The Great Gatsby en The Perks of Being a Wallflower moet ALMAL wen. Ek luister vandat ek die fliek gekyk het elke dag ten minste twee keer na Les Miserables se soundtrack. The Perks of Being a Wallflower het veroorsaak dat ek so hard gehuil het dat my hond met weird aangekyk het. En The Great Gatsby? Leonardo DiCaprio.
 
Actor Drama
Ugh. ALWEER! Logan Lerman moet wen vir Perks, Eddie Redmayne moet wen vir Les Miserables en Leonardo DiCaprio moet wen vir The Great Gatsby want die arme man het nogsteeds nie 'n Oscar nie.
 
Actress Drama
Anne Hathaway- Les Miserable
Ek dink dis wetenskaplik bewys dat Anne Hathaway net die beste aktrise in Hollywood is. Ek bedoel, haar uitbeelding van Fantine in Les Mis was absoluut hartverskeurend. En sy verdien dit want sy is
my heel gunsteling aktrise in die hele wye wêreld en ek is van plan om haar eendag te ontmoet net nadat MI op die Ellen Show was.
Ek moet bysê, Emma Watson behoort 'n 'honourable mention' te kry vir Perks.
 
Action
Skyfall
James Bond is seker een van die beste classic reekse wat daar is, net langs Superman en Indiana Jones. Alhoewel Skyfall nie die tradisionele James Bond paadjie gevolg het nie en gevolglik meer van 'n spy fliek as 'n actual James Bond fliek was, was dit nogsteeds baie goed. (En beter as die ander flieks in die kategorie). So... Viva James Bond!
 
Actor- Action
Daniel Craig- Skyfall
Alhoewel hy nie die beste James Bond ooit is nie, is hy defintief in die Top 3. En weereens, hy was beter as al die ander in die kategorie.
 
Actress Action
Anne Hathaway- The Dark Knight Rises
Whooohooo! Anne Hathaway!
 
Romance
Les Miserables
Die beste adaption van 'n oorspronklike verhoog produksie wat ek nog ooit gesien het. Elke liewe akteur in hierdie fliek was amazing (behalwe dalk vir Russel Crowe...), die director, Tom Looper, is 'n genie en die musiek... *Sug*
 
Actor Romance
Eddie Redmayne- Les Miserables
Oh my soul. Eddie Redmayne is vir waaaayy baie dinge genominate! Oh well, hy mag maar.
 
Actress Romance
Amanda Seyfried- Les Miserables
Daar is een rede hoekom Amanda hierdie kategorie moet wen; die hoë noot in A Heart Full of Love.
 
Kom weer more terug vir die musiek afdeling!
 
Tot wedersiens!
MI

(P.S. Die scene stealer award moet soooooo eerder Joseph Gordon-Levitt van The Dark Knight Rises wees!  Ek meen het jy al sy gesig gesien?!
Dit was 'n inlas deur die M van MI)

Saturday, July 13

MI-siek 3!

 
 
3 Weke van vakansie is definitief genoeg tyd vir MI om 'n paar nuwe liedjies bymekaar te skraap om met die wêreld te deel. Die feit dat hierdie liedjies super catchy en fantasmagories is is net 'n bonus!
 
Sit terug, stel jou speakers super hard en laat die musiek golwe oor jou spoel vir MI-siek 3!
 
Victoria Justice- Gold
Ons ken haar as Tori van Victorious. Haar nuwe liedjie "Gold" is super catchy en so... Victoria
Justice! Dit laat mens dink aan bubblegum, rokkies en vlinders in jou maag (wat nie altyd 'n slegte ding is nie). Hierdie liedjie is baie in die lyn van die liedjies wat jy op Victorious sou hoor, so as jy van die tipiese pop-prinses liedjies hou is "Gold" die liedjie vir jou!
 
She & Him- Never Wanted Your Love
Verstaan een ding mooi: Zooey Deschanel is die I van MI se spirit animal. ONS LOVE HAAR. Sy is in die duo She & Him saam met M. Ward. Hulle musiek is super
gechill en hulle is een van daai bands wie se musiek ek sal wil hoor as ek in die oggend wakker word. Never Wanted Your Love is super cute. Dit klink soos 'n liedjie wat in 'n fliek gebruik sal kan word. Zooey se stem is perfek hierin en asdfghjkl. Luister dit net. Want... Zooey Deschanel.
 
Demi Lovato- Heart By Heart
Alhoewel die vollengte liedjie nog nie vrygestel is nie kan mens sommer deur die teaser hoor dat dit
absoluut fantasties gaan wees! Demi se stem is (soos gewoonlik) vlekloos. Hierdie liedjie gaan gebruik word in die Mortal Instruments: City of Bones fliek. Dis een van die break-up liedjies wat jou sal laat huil oor die feit dat die liefde onregverdig is, maar sal laat glimlag omdat die musiek net so darn mooi is.
Hopelik is die res van die liedjie net so cool soos die teaser!
 
Fifth Harmony- Me & My Girls
Iets weird is aan die gang. Ek kry nie hierdie liedjie op Youtube nie, maar een van ons gunsteling Youtubers, Tyler Oakley, tweet aanhoudend daaroor. Oh well, gelukkig is ek nogal geseënd met super detective skills! (Of actually, wifi). Tyler het die liedjie op sy Tumblr gepost, so dis waar ek
daarna geluister het. Soos hy dit beskryf: "Dis die volgende summer anthem". Dit bevat verwysings na One Direction ('nuff said) en ongelooflike awesome... ALLES! Luister nou! Dit het al die bestanddele om die nuwe No.1 Hit Single te word!
 
5 Seconds of Summer- Try Hard
5 Seconds of Summer is die opening band vir One Direction, maar soos dinge nou klink gaan dit nie
vir lank so bly nie. Ek meen, LUISTER NET HIERNA! Dis perfek! Dis die perfekte mix van awesomeness! Mense wat meer van indie/rock musiek hou sal mal wees hieroor. Ek kan nie wag dat 5SOS hulle eie CD uitbring nie, want ek gaan heel voor in die ry wees om dit te koop! Die beste van alles? Jy kan dit verniet download! Ek stel voor jy doen dit want hierdie liedjie gaan binnekort oor en oor en oor gespeel word... En jy gaan beslis nie moeg word daarvoor nie!
 
Dis die musiek wrap-up van die vakansie!
Wat is jou gunstelinge? Laat weet ons of julle dink ons iets uitgelos het en laat weet ons wat ons in die volgende MI-siek moet gebruik!
 
Tot wedersiens!
MI

Friday, July 5

Celebs is lekkers!

Ek wil net se ek voel soos 'n pap jellyvis vandag! Ek weet nie eers om 'n mens so iets kry nie, maar as jy doen voel ek soos een. Ek is net bly ek voel soos 'n pap jellyvis in die vakansie en NIE as ek my kosbare lewe moet mors by die skool nie. Anyway, back to business. Ons het 'n ruk terug 'n artikel gedoen waar ons van ons skool se onnies vergelyk met vrugte . Vandag gaan ons 'n paar SUPER FAMOUS celebs met lekkergoed vergelyk! WHOOHOO Sweet Mania! Here Goes...

Angelina Jolie:

Sy is 'n LEGEND in die acting bedryf en ons vergelyk haar vandag met 'n legend chocolate: ROLO! My ma-hulle eet al van kleintyd af ROLO en dit is BAIE lank terug... soosin EEUE gelede! Rolo's het 'n sjokolade dop met 'n yummy karamel binnekat! Dit is soos unicorn kisses op jou tong! Angelina is net soos 'n ROLO omdat sy ook 2 kante het. Die persoon wat van karakter tot karakter verander in elke fliek wat sy aanpak en ook die liefdevolle ma en vrou!
Keira Knightly:

Sy het onlangs die rol van Anna Karenina vertolk, maar my gunsteling fliek van haar is sonder twyfel Pirates of the Caribbean! Sy kan enige rol aanpak en die karakter briljant maak! Sy is so aanpasbaar soos 'n verkleurmannetjie en is 'n briljant aktrise. Daarom is sy net soos Liquorice Allsorts! Soveel verskillende kante, maar saam vorm sy een amazing aktrise!

Daniel Craig:
Hy was in Dreamhouse, The Golden Compass, The Girl with the Dragon Tatoo en hy is Mnr. 007! Daniel Craig is TOTALLY Out of This World net soos... Astros! Astros het baie verskillende mooi kleure, net soos al Daniel se karakters en hulle is BAIE LEKKER nes sy looks
(wink wink). Hy kan enige rol anpak en die fliek suksesvol maak!


Simon Baker:
Hy vertolk die rol van Patrick Jane in my gunsteling TV-reeks: The Mentalist en ek moet se, hy is AWESOME! Hy laat my dink aan Nestle se Peppermint Crisp sjokolde. Dis verfrissend, nes sy pragtige blonde krulle! Hy is sooooo swoon worthy en ek is mal oor hom! Peppermint Crisp is bruin aan die buitekant en dan vat jy 'n hap... en BOOM... 'n helder groen kleur verblind jou oe! Net soos met die sjokolade weet jy nooit wat om volgende van Simon te verwag nie en dit is hoekom hy A-M-A ZING is!

Christina Aguilera:

Sy lyk so fyn en mooi, maar as sy begin sing...WOW! Sy het so 'n sterk en ongelooflike stem en sy stel nooit haar aanhangers teleur nie. Haar musiek is ongelooflik en sy het baie layers... nes 'n Tempo! Sy kan sing, sy kan act en sy kan dans! Sy is ook een van die beoordeelaars en mentors op The Voice en ek is mal oor haar! 'n Tempo het koekies, karamel, en sjokolade binne-in en is net so dominerend (wat ookal dit beteken ) soos Christina en daarom pas hulle perfek by mekaar!

Shakira:

Waka Waka was die temalied van die 2010 sokker wereldbeker en hierdie eksotiese sangeres van Suid-Amerika is een van my gunstelinge! Sy is so anders en...wel, eksoties! Daarom is sy soos 'n Fizzer! Daar is soveel verskillende geure Fizzers. Aarbei, Appel, Bubblegum, Cream Soda, Rasberry, Cola en selfs Naartjie! Net so is Shakira. Sy
kan enige genre musiek sing en dit sal ongelooflik klink!


Bruno Mars:

'n Lunchbar is die tipe sjokolade wat jy eet as jy nie wil skuldig voel daaroor nie! Daar is neute en ander gesonde dinge in ...pkus sjokolade. Boonop kry  mens dit in wit en melk sjokolade! Bruno Mars is net soos 'n Lunchbar! Ek weet nie eintlik hoekom nie, maar ek sien net in my geestesoog dat die twee bymekaar pas. Bruno Mars se musiek is so soulful en laidback en dis die tipe musiek wat jou boyfriend vir jou op 'n romantiese aandjie kan sing ( as hy kan sing)! Ek is mal oor sy musiek en mal oor 'n Lunchbar! 

EN DAN....DIE GROOT FINALE!

HARRY STYLES!


EEEEEEEEEEPPPPP!! Met sy sielvolle groen oe en sjokolade bruin krulle is hy verseker die WERELD se most eligible bachelor! Hy is verseker die I in MI se droomman (Niall is die M s'n) En dit is net reg dat Harry pas by die lekkerste sjokolade OOIT... Bubbly van Cadbury! Hierdie Borrel sjokolade is in-mond-smelt-en-smaak-ontploffing-lekker! Dit is die BESTE! Net soos die oulike hunk van One Direction!


Dit was die lekkergoed waarby ons dink hierdie celebs die beste pas! By watter lekkergoed dink jy sal jou gunsteling celeb pas? Laat weet ons!

Tot wedersiens!
MI