Friday, June 28

Obama!

Barack Obama gaan binnekort Suid-Afrika toe kom. Sondag gaan hy 'n toespraak lewer by UCT en dan weet ons nie eintlik wat hy verder gaan doen nie. (Obama, as jy dit lees, as jy wil kom braai by my huis ons deur is altyd oop). MI het besluit om te vergeet van politiek en eerder te fokus op die awesomeness dat die president van Amerika hiernatoe kom... Ek meen komaan! Dis Obama!

Hier is 'n paar feite wat jy dalk nie oor Amerika se president geweet het nie:

- Sy noemnaam op skool was "O'Bomber" omdat hy so goed basketbal kon speel.
- Op sy eerste date met sy vrou, Michelle, het hy haar gevat om die fliek "Do The Right Thing" te kyk.
- Hy versamel Spiderman en Conan The Barbarian comics.
- Hy kan spaans praat.
- In 2006 het hy 'n Grammy gewen vir sy audio boek, "Dreams From My Father".
- Sy hare word een keer 'n week gesny deur 'n Chicago gebasseerde haarkapper wat hom elke keer $21 vra.
- Toe hy op universiteit was het hy aansoek gedoen om 'n model te wees vir 'n kalender... en hy was nie gekeur nie.
- Hy wil 'n basketbal-baan vir die White House laat bou.
- Sy gunsteling kunsteaar is Pablo Picasso.

Ons is defintief BAIE opgewonde dat Obama Suid-Afrika toe kom en hy gaan tog sekerlik nie die hele tyd werk nie? MI het 'n lys van idees vir hom saamgestel oor dinge wat hy kan doen as hy hier is. (Want hy is natuurlik 'n gereelde leser van MI Watch).

-Kom braai by MI se huise. Want jy weet, ons het ' paar idees oor die politiek in Amerika. Een van die idees sluit in dat die state Georgia hernoem sal word na MI Watch World. Ek meen regtig, Georgia? Ek sal  in 'n provinsie wil bly wat kan double as iemand se naam nie.
nie
- Obama kan vir 'n paar tieners in Suid-Afrika vliegtuigkaartjies gee na Amerika. Meer spesifiek Disneyland. Hy sal natuurlik eerste kaartjies vir MI moet gee, aangesien dit ons idee was.
- Hy kan 'n verskyning maak op MI se Youtube channel. Dis baie goed vir sy image en sal votes verseker vir sy volgende election.
- Obama kan 'n tradisionele Suid-Afrikaanse dans doen... CNN sal dit love.


Wat dink jy moet Obama doen terwyl hy by die reenboog-nasie kuier? Laat weet ons in die comments!

Tot wedersiens!
MI

Sunday, June 23

Regte Lewe Disney Prinsesse!

Ons is verslaaf aan Disney Prinses movies! Dit raak nooit oud nie en ons is mal oor al die happy endings! MI het besluit om te kyk hoe Disney Prinsesse sou lyk as hulle regtig bestaan het. So hier is ons lys van Real Life Disney Princesses met hulle prinse!

Cinderella:

Sy is my gunsteling van AL die prinsesse! Sy het 'n goeie hart, kan mooi sing en het die hotste prins! Ons keuse vir haar is Zooey Deschanel. Ek weet sy het bruin hare en Cinderella het blonde hare, maar sy het net die perfekte gesig! Sy lyk vir my presies soos my geliefde prinses en sy het ook 'n oulike en borrelende persoonlikheid. Haar Happily Ever After is Ryan Renolds en hy sal AL die drome wat haar hart maak, waar laat word!

Tiana:

Hierdie prinses is van die Disney weergawe van The Princess and the Frog! Sy is ook oulik en down to earth en al was ek nie mal oor die fliek nie, het ek van haar gehou. Halle Berry is ons Real Life Tiana! Sy is super mooi en nie bang om haar se te se nie, nes Tiana! Ek is mal oor Halle Berry en sy pas perfek by Tiana! Sy kan stylvol en klassiek wees, maar 'n mens moet haar nie onderskat nie. Sy kan beslis 'n katjie wees wat 'n mens nie sonder hanskoene aanpak nie! Haar prins sal Hugh Jackman wees. Hierdie besluit voel bietjie weird nadat ek hom in Les Misèrables gesien het, maar ek dink hy kan 'n dark en classy prins wees!

Mulan:

Sy is die vegter van al die prinsesse en die een wat nie omgee oor mooi rokke en kastele nie! Sy was al selfs deel van 'n oorlog! Beslis een wat nie bang is om haar hande vuil te maak nie! Ons Real Life Mulan is Lucy Liu. Ek ken haar van een van my gunsteling reekse, Elementary en sy speel ook in Charlie's Angels! Ek is mal oor haar en sy kan nogals fierce wees! Die perfect match! Daniel Henny sal haar Real Life prins wees en ek dink hulle sal die perfekte paartjie maak!

Rapunzel:

Rapunzel, Rapunzel let down your hair! Ek was nooit mal oor die storie nie, maar Tangled het beslis my van plan laat verander! Dit was een van die oulikste Disney flieks wat ek in 'n lang tyd gesien het! Ek was mal oor die storie en die karakter en ooo hoe wens ek nie dat Flynn Raider a.k.a. Eugene regtig was nie! Amanda Seyfried is die perfekte Rapunzel met haar lang blonde hare en engel-stem. It's like a match made in heaven! Haar Real Life prins is Josh Hutcherson ...of sal ek eerder se Josh HOTcherson!(wink wink!)

Sleeping Beauty:

Wat is meer romanties as 'n prins wat deur berge en dale reis, 'n draak weg en dan jou met 'n passievolle soen wakker maak! Hierdie is sooo 'n classic fliek! Ons Real life Aurora is Reese Witherspoon! Sy het ook so 'n classic look en ek is mal oor haar! Flieks is altyd net meer romanties as Reese Witherspoon daarin is! Kyk net hoe sweet was sy in Water for Elephants en selfs This Means War. Haar prins is Christian Bale en dit is nie net omdat ek verslaaf is aan hom nadat ek Batman gekyk het nie! Hy is ook sweet en 'n regte hero!

Ariel:

Little Mermaid was my ulitmate fliek toe ek 3 jaar oud was en Ariel bly steeds een van my gunsteling prinsesse! Ons Real Life Ariel is Amy Adams! Sy is perfek met haar rooi hare en haar gesig lyk so perfek en foutloos! Ek is mal oor Amy en ek dink sy lyk net soos Ariel! Haar handsome hunky prins is Chris Evans. Hy is super hot en ek kan hom nogals as 'n sailor indink! Ek dink hulle sal 'n adorable couple maak! (En die Prins Eric in Little Mermaid is soosin totally die I in MI se fictional character crush!)

Jasmine:

Jasmine is eksoties en mysterieus en sy het 'n tier as haar beste vriend! Ek hou ook nogal van haar klerestyl. Ons Jasmine is Aishwarya Rai wat jy sal onthou van Pink Panther 2. Sy is beeldskoon en net so eksoties soos Jasmine! Ek dink sy sal 'n great prinses maak. Jasmine is egter niks sonder haar Aladin nie en ons het net die een: Sendhil Ramamurthy (van die TV series Heroes en Covert Affairs) sal ons Real Life Aladin wees! Kry jou turban en vlieende mat reg, want hierdie gaan 'n wilde avontuur wees!

Belle:

Belle is nogals soos ons! Sy is skaam (ek weet, ek weet, mens sal nooit se ons is skaam nie) en is mal oor lees! Ons hou ook van haar goue rok, wat beslis 'n classic is en net soos haar rok het sy 'n hart van goud! Ons Real Life Belle is Anne Hathaway. Sy is een van die beste en mooiste aktrises OOIT en na Les Misèrables hou ek net nog meer van haar. Sy lyk altyd stylvol en elegant en maak nie saak of haar hare kort of lank is nie, sy sal altyd beeldskoon lyk! Ons prins vir Belle is Ryan Gosling en hy is beslis nie 'n Beast nie! Inteendeel, as Beast 'n teenoorgestelde gehad het, dan sou dit hy gewees het!

Snow White:

Sy is so cute, met haar swart hare en fyn gesiggie en al is sy meer gullible as Ingrid is sy steeds baie oulik! Daar is al baie weergawes van hierdie sprokie gemaak, maar my gunsteling is Mirror Mirror en daarom is Lily Collins ons Real Life Snow White! Sy het al die regte features en sy is net so oulike soos Snow! Ons prins vir haar is ook die een van die fliek, Armie Hammer, want hulle het net die oulikste paartjie gemaak! Mirror Mirror on the wall, who's the fairest of them all?

Dit is al ons Real Life Disney Prinsesse! Laat weet ons wie jou gunsteling is en van wie jy die minste hou! En onthou, moet nooit ophou glo in die magic van die Disney Prinsesse nie, want hulle sal jou "Forever Young" hou!

Tot wedersiens!
MI

(PS: Inlas deur die I van MI
Ek is NIE gullible nie! Behalwe daai eenkeer toe ek jou geglo het dat die Zombie Apocalypse begin het...
En Cinderella? Jou gunsteling prinses?! Puh-leeze! Belle is die beste!)

Thursday, June 20

5 Redes hoekom jy Spud 2 MOET gaan kyk!


Die M van MI was verlede week by die Premiere van Spud 2: The Madness Continues  en dit was fantasties! Die kersie op die koek was egter die briljante fliek! Aangesien Spud 2 MORE in flieks landwyd begin wys het MI besluit om 5 redes te gee wat julle almal net nog meer lus sal maak om die fliek te sien. (Want dit is net awesome!) Hier is ons 5 redes hoekom jy Spud 2 MOET gaan kyk!


1. Cute ouens
Ek is 'n meisie en almal weet meisies is mal daaroor om te fangirl, veral as dit by mooi ouens kom. Hierdie fliek loop oor van super swoon-worthy ouens! Rambo (Sven Ruygrok) wat die ultimate badboy is, het nog meer planne en streke in die fliek, Simon (Byron Langley) se smile... 'nuff said, Spud (Troye Sivan) beweeg verder met sy reis na manhood en hy is nie meer die pieperige klein graad aggie nie! Daar kom ook drie nuwe prefekte by en al is hulle NET BAD NEWS is die een, Greg Anderson, glad nie lelik nie! Hy het so 'n Grease-look!

2. Die Guv

Ek was in die eerste fliek al mal oor die Guv en al sy snaakse sê-goed en hy word net beter in Spud 2! Hy help ook vir die Crazy 8 uit 'n paar tricky situasie uit en vang self ook 'n paar snaakse streke aan! Die rol
word vertolk deur die legendary John Cleese... Wat meer wil jy nou hê?!

3. Crazy 8 Avonture

Die Crazy 8 is beslis op hul beste in die fliek en hul avonture en poetse laat jou maag behoorlik kramp van al die lag. Sparerib verklaar saam met die prefekte oorlog teen die Crazy 8 en hy sal nie rus voordat hulle almal geskors is nie. Die Crazy 8 is egter reg vir hulle en dit het skreeusnaakse gevolge! Ek wil nou nie te veel weggee nie, maar kom ons se net dit sluit in 'n mal hotdog-eet kompetisie, 'n video, 'n boomhuis en wraak op Sparerib!

4. Die Miltons

Ons het kennis gemaak met Spud se mal familie in die eerste fliek en hulle is snaakser as OOIT in Spud 2! Die post- apartheid era kruip al nader en Spud se ma en pa vrees vir hulle lewens! Hulle dra hulle bediende, Innocence, op die hande want hulle is bang sy kom vermoor hulle in die nag en dan besluit Innocence ook dat sy nou die huishouding gaan oorneem. Spud se ma wil net emigreer, maar Spud en sy pa doen alles in hul vermoe om haar te stop. Sy pa vat ook sy springbok ondersteuning na 'n nuwe, skreeusnaakse vlak toe!

5. Spud

Spud se lewe is lagwekkend en dit maak hierdie fliek so goed! Sy verhouding met Mermaid vat 'n dip as sy hom los vir 'n surfer, Amanda is nog mooier as voorheen en Christine het ook in 'n vlinder verander, 'n mal vlinder, maar wat gee seuns nou om? Sy ouma is ook net so koekoes soos altyd! Spud is nou 'n volwaardige lid van die Crazy 8 en hy geniet dit ten volle. Sy skerp sin vir humor gee ook die fliek 'n ekstra flair.


Spud 2 is 'n MOET sien. Jou lewe sal beslis nie volmaak wees daarsonder nie! So sorg dat jy by jou naaste Sterkinekor of Nu Metro teater uitkom en gaan kyk dit! Ons MI Dare jou en jy sal nie spyt wees nie!


Tot wedersiens!
MI

PS; JY SAL SO LYK AS JY SPUD 2 GAAN KYK!

Monday, June 17

Nuwe musiek!

Die tweede instelling van MI-siek is hier! Hierdie afgelope ruk het kans gegee vir 'n paar fantasmagoriese liedjies om hul opwagting te maak en MI was nie teleurgestel nie!
Miss Movin' On- Fifth Harmony
Jy sal dalk hierdie girl-group onthou as die van die X Factor USA. Hulle het groot oplsae gemaak toe hulle
Emblem 3 uitgestof het en 'n plek in die Top 3 gekry het. Sedertdien is hulle gesign by SYCO (Simon Cowell se record company) en het al 'n hele paar covers gedoen van ons gunsteling liedjies. Hulle eerste oorspronklike single is hierdie week ge-release en MI is mal daaroor! Ek dink Fifth Harmony gaan nog baie groot word...
You Say- George Morgan
Ek het van hierdie liedjie uitgevind toe ons gunsteling Youtubers, Jack & Finn Harries daaroor getweet het. George Morgan is 'n nuweling as dit kom by die music scene, maar hierdie liedjie laat dit klink asof hy al 'n
ou hand is. Dit herinner my aan 'n Ed Sheeran tipe liedjie. Na die derde replay het ek besef- ek's gehook op hierdie liedjie! Sy stem is ongelooflik en ek kan nie wag tot sy volgende liedjie nie.
Don't Let Me Go- Harry Styles ft. Sam McCarthy
Needless to say het ek totaal en al uitgefreak toe ek uitvind dat Harry Styles 'n liedjie op sy eie release het.
Wat van One Direction!? Hulle is 5! Hulle moet saamsing! Ek was gelukkig gou gerus gestel toe ek uitvind dat hierdie slegs 'n demo was van 2 jaar terug wat nou geleak het. Wel, leak of de not, hierdie liedjie het my amper tot trane gedryf, so goed was dit! Die beste deel van alles? Harry het die liedjie se lirieke self geskryf! Eeeeepp! Ugh, ek kan net nie kom oor hoe perfek hy is nie.
Kliek hier om na die liedjie te luister

Betty Who- Somebody Loves You
Ek het van Betty Who uitgevind by nog een van ons gunsteling Youtubers, Tyler Oakley. Sy is 'n up and coming nuwe sanger en ons is klaar verlief op haar musiek! Die beste van alles? Jy kan haar liedjies verniet download op haar website! (bettywhothemovement.com)
My gunsteling is Somebody Loves You; baie catcthy en moeilik om by jou kop uit te kry.
Betthy Who is deifintief iemand om voor uit te kyk, MI voorspel dat sy in die toekoms nog groot gaan word in die musiekbedryf!
Kliek hier om na die music video te kyk

Britney Spears- Ooh La La
Die pop prinses het 'n nuwe liedjie spesiaal gerelase vir die Surfs 2 soundtrack. Dit herinner aan Scream & Shout, maar hierdie keer is dit die diva wat alleen shine. Verskriklik catchy. Ek is seker hierdie liedjie gaan in die toekoms oor en oor by partytjies gespeel word... so sorg dat jy dit nou al ken!
Kliek hier om daarna te luister
 
 Hierdie is die liedjies wat die volgende week oor en oor deur ons geluister gaan word.
Is daar nuwe liedjies wat jy wil he ons in 'n volgende lys moet sit? Laat weet ons in die comments!

Tot wedersiens!
MI


Saturday, June 15

Classic flieks wat nooit oud word nie!

Soos julle teen hierdie tyd behoort te weet, is MI verslaaf aan flieks. Meer spesifiek; flieks wat ons op en af laat spring, laat huil, laat lag en ons opgewonde oor die lewe maak (alles gelyktydig).
Alhoewel hededaagse flieks absoluut epic is, het MI 'n lysie saamgestel van die flieks wat ons dink classics is en nie sommer vinnig oud gaan word nie.

The Princess Diaries
Die I van MI se gunsteling aktrise is Anne Hathaway, so dis net obvious dat hierdie fliek op die lysie moet wees. Alhoewel hierdie fliek niks soos die oorspronklike boeke is nie (lees dit!), is dit nog steeds een van ons all time gunstelinge. Ek meen, komaan. Wie sal nou nie wil uitvind dat hulle in die geheim 'n prinses is nie? En ek meen Mia Thermopolis is basically die definisie van elke tiener: Akward, un-popular en weird totdat hulle uitvind dat hulle die heerser van 'n land is, dan verander hulle in wel... 'n Prinses! (Wel, at least... dis wat in al die flieks gebeur). 

10 Thing I Hate About You
Hierdie fliek is reeds in 1999 gemaak, maar tot vandag toe is dit een van my gunstelinge. Met Julia Stiles, Joseph- Gorden Levitt en die legendariese Heath Ledger (R.I.P.) is hierdie fliek so naby aan perfeksie as wat mens kry. Die storie gaan oor die die feministiese Kat (Julia Stiles) wat in niks belangstel as haar eie lewe nie. Cameron (Joseph Gordon Levit) is die skaam nuwe oukie wat dolverlief raak op Kat se sussie. Die twist? Kat se sussie mag glad nie met iemad uitgaan totdat Kat self op 'n date gaan nie... en dit gaan nie sommer gou gebeur nie! Cameron betaal dan vir Patrick (Heath Ledger), die scary ou in die skool om Kat uit te vra... Kyk maar self die fliek om uit te vind hoe alles afloop. (Maar glo my, dis die kyk werd!)

13 Going on 30
Hierdie fliek het in 2004 uitgekom. Dis die 13 jarige Jenna se verjaarsdag, maar dit voel vir haar asof haar lewe glad nie so perfek is as wat sy dit sou wou he nie. Sy maak dan 'n wens terwyl sy haar verjaarsdag-koek se kersies uitblaas dat sy 30 is (die perfekte ouderdom volgens haar) en voila! Sy's 30! Hierdie fliek is 'n lekker-lag fliek wat ek oor en oor sal kan kyk.

Grease
John Travolta en Olivia Newton-John, olierige hare, vinnige karre en stywe leerbroeke kan net een ding beteken... Grease! Die ultimate musical. Dis ikonies, dis entertaining en dit slaan my asem elke keer weg. (Alhoewel ek nie seker is of John Travolta in sy jonger dae enigsins beter is as in sy ouer dae nie...) Die liedjies is perfek en die liefdesverhaal tussen Danny en Sandy... *Sug*. As jy dit nou nog nie gekyk het nie... DOEN DIT!

Mean Girls
MEAN GIRLS IS DIE FLIEK WAT DIE POP-CULTURE GENERASIE DEFINIEER! Hierdie hele script ken ek al uit my kop uit, want dis iets wat mens net moet ken as jy enigsins iets in die wereld wil beteken. (wink wink). Met classic one-liners soos "That is so fetch" en my persoonlike gunsteling; "Four for you Glen Coco! You go Glen Coco" is Mean Girls die fliek vir elke tiener vandag. (En mens kan sien hoe Lindsey Lohan gelyk het voor haar downward spiral.) Ikonies, perfeksie en fantasmagories  is die woorde wat ek sal gebruik om hierdie fliek te beskryf.
 
The Parent Trap
Weereens nog 'n fliek met die goeie ou Lindsey Lohan. Hierdie keer maal twee! Ons almal het al gewonder of ons nie dalk iewers in die wereld 'n tweeling boetie/sussie het nie en hierdie fliek wys ons wat gebeur as dit dalk sou waarword! Ek dink hierdie fliek is een van die eerstes waarvoor ek al regtig hardop gelag het. En die liefdesverhaal hierin... net perfek!
 
Love Actually
Hierdie fliek is presies soos die onlangse flieks New Year's Eve en Valentine's Day as mens al die cheesy wegvat en 'n hele pot fantasmagories bygooi. ‘n Klomp intertwining stories kom hierin voor en elke een van hulle sal hou hart vinniger laat klop. Kyk dit net, dan sal jy wee twat ons bedoel... Dis fantasties!
 
The Breakfast Club
Laat ek eerder niks hieroor se nie, netnou bars ek in trane uit. Maar weet dit: Hierdie is een van die beste flieks in die geskiedenis van mensdom.

Alle Classic Disney Flieks Ooit Gemaak
Hieride nuwe flieks is great en als, maar niks maar niks sal ooit by die classic Disney flieks kom nie. Beauty and the Beast (Belle is my gunsteling prinses!), Cinderella, Sleeping Beauty, The Little Mermaid, Alladin, Bambi, Alice in Wonderland, Dumbo, Hercules, Pocahontis, Mulan, Lady and The Tramp, Peter Pan, Pinnochio, Snow White, Tarzan, The Lion King... die lysie gaan aan veraltyd! Disney classics is wat ons almal in die begin lief gemaak het vir flieks en ek sal hulle oor en oor en oor kan kyk. Ek kry sommer hoendervleis!

Dit was MI se lysie van classic flieks wat nooit sal oud word nie. Wat was jou gunsteling? En wat sal jy by die lysie voeg? Laat weet ons in die comments!

Tot wedersiens!
MI

Sunday, June 9

FBI tref die SAMA's!

 
 
Welkom terug by MI se FBI! Ons is in vandag op plaaslike grond en gaan bietjie al die “do's” en “don't's” bekyk wat mode aanbetref by die... MTN SAMA Awards!
Ons begin met de manne hierdie keer en hulle het beslis nie teleurgestel nie! Die Idols wenner Khaya het heel 'snazzy' gelyk met 'n eenvoudige swart onderbaadjie wat hy gepaar het met 'n skelrooi das. Danny K het baie aantreklik gelyk met 'n tan jacket en 'n paar gemaklike jeans en die nuwe pappa, Bobby van Jaarsveld, het sy tan broek en blou gestreepde das gerock. Ons is ook gaande oor sy nuwe donker hare!
Nou vir die good, the bad and the ugly! Hier is gelukkige geen ugly nie, maar 'n paar van ons beeldskone Suid-Afrikaanse dames het 'n paar baie bad modekeuses gemaak! Voormalige Mej Suid-Afrika, Melinda Bam, het volgens ons, NIE haar beste gelyk nie! Sy het 'n aaklige geel rok aangehad met 'n vere ontploffing aan die onderkant! Beslis nie ons cup of tea nie! Nhlanhla Nciza se uitrusting was net verkeerd! Met 'n silwer sequin romp en 'n wit hemp wat lyk asof 'n hoepel daarin vasgesit het en dan die pienk strik! Nee nee nee! Sy is so mooi, maar hierdie outfit het NET NIE gewerk nie!


En nou vir die room van die aand! Zahara het pragtig gelyk in 'n mini wit rokkie. Net onverbeterlik! Kelly Khumalo het dadelik my aandag getrek met 'n bloedrooi vollengte rok. Die boat halslyn het perfek by haar gepas en sy het ongelooflik gelyk! Die sangeres ChianoSky het ook fantasties gelyk met 'n rooi broek en swart hemp en 'n paar sky high hakskoene. Haar rooi hare pas perfek by haar en sy het onverbeterlik gelyk!

Geluk Suid-Afrika! Julle modekeuses by die SAMA toekennings was baie goed en ons hier by MI s baie trots op ons land se mode stylistas! Ons vir jou Suid-Afrika! MI se FBI is... OOR EN UIT!


Tot wedersiens!
MI