Monday, March 25

MI se 2013 Fashion Trends!

Almal weet die winter is amper op ons en dit is nie 'n goeie vooruitsig nie ( behalwe vir my want ek VERJAAR!), maar daar is darem 'n paar ligpuntjies! Baie Hot chocolate, snuggle tot laat onder warm komberse en die beste van alles: al die cute outfits! MI het ons gunsteling winter mode trends gekies, want WAT weet al die mense van Vogue en Milan nou?



Stewels:
Ons is verslaaf aan stewels! Lang, medium en ankle boots. Stewels in alles kleure van die reenboog en met honderde verskillende ontwerpe! Jy kan dit by enigiets dra en na enige plek of geleentheid! Dis net die perfekte skoene vir die winter en ons is MAL daaroor! Kyk net hoe ROCK Taylor Swift hierdie metallic silwer stewels! Dis soooo die “in ding” volgens MI se 2013 Fashion lys! So sorg dat jy 'n paar, of 2 pare of sommer 10 pare het!!


Serpe:
Hierdie is die beste accessory vir die winter! Jy kan honderde verskillende kleure he en daar is soveel verskillende maniere hoe jy 'n serp kan dra! Jy kan dit ook letterlik by enigiets dra van rokkies tot truie! Nina Dobrev lyk fantasmagories met haar serp en dan is sy boon-op nog lekker warm en snoesig in die proses ook. Serpe is net fantasties en jy kan jou serp bere en dit in die somer ook dra by 'n somersrokkie of om 'n vervelige T-Shirt op te jazz!


Skinny Jeans:
Of jy nou na 'n kuier to gaan of 'n fliek gaan kyk of dalk op 'n romantiese date, 'n skinny jean is jou geheime wapen! Jy kan dit saam pumps of boots of selfs 'n paar cute wedges dra! Jy kan dit opkikker met 'n belt of net so dra! En daar is letterlik 'n hele reeks vol kleure om van te kies! Wit, grys, swart, pienk, groen, blou, denim en nog VELE meer! Selena Gomez het selfs so 'n jean gekies om een van haar Red Carpet looks te vervolmaak! Brandnames soos Sissy Boy, Guess en Gucci het al die kuns om skinny jeans te maak “gemaster” so sorg dat jy 'n skinny jean op jou winter inkopielys het!


Leggings:
Net 'n nota voor ons begin....Leggings IS NIE Skinny Jeans NIE!! Dis baie dunner en kan saam rompies en rokkies gedra word. Dit kom ook in baie verskillende kleure en ontwerpe voor. Ek is net mal oor leggings....ek weet nie hoekom nie!!! Dis net AWESOME!!! Whoohooo GO LEGGINGS!!Vanessa Hudgens lyk stunning in hierdie leopard print leggings en jy kan ook, hierdie winter!


En hierdie was MI se Top Winter Trends vir 2013! Begin nou al spaar, en sorg dat jou klerekas hierdie winter koppe laat draai,because confidence is beautiful en wie sal nou nie vol selfvertroue wees as jy 'n paar mooi stewels of 'n stunning skinny jean aanhet nie? I rest my case...

Tot wedersiens
MI
P.S. Hier is 'n random prentjie van 'n kat!

Mense met wie ons mentally getroud is! (Top 10 Revised)


Ag komaan... Jy weet jy doen dit ook!
Moenie my sê jy het jou nog nooit verbeel hoe jou troue met Niall Horan gaan wees nie. Of hoe groot jou en Taylor Lautner se mansion gaan wees nie. Of hoe jy op die voorblad van 'n tydskrif sal lyk saam met jou man, Robert Pattinson is nie.
MI het 'n lys saamgestel van mense met wie ons mentally getroud is. Party van die mense op hierdie lys is baie moontlik. BAIE. MOONTLIK. Moenie lag nie.

10. Morne Morkel

Alhoewel die skrywer van hierdie artikel GLAD NIE saamstem met hierdie keuse nie, was ek gedwing om hom op hierdie lys te sit deur die M van MI. Sy dink hy is die hotste krieketspeler op die Aarde...
NET JAMMER KRIEKETSPELERS IS NIE HOT NIE!
M dink sy gaan met 'n krieketspeler trou... wel, good luck!

9. Chris Pine
Hierdie man wat gemaak het dat ons verlief raak op hom deur flieks soos Star Trek, The Princess Diaries en This Means War. Met peinsende blou oë wat tot diep in jou siel inkyk en 'n glimlag wat selfs jou ma sal laat vlinders kry, is hierdie ou die toonbeeld van wat ons in 'n man soek!

En hy trek AWESOME aan op die red carpet! EN hy's single! EN hy's romantic! En en en.... OK, OK, hou op hiperventilate.



8. Harry Styles
Kan ek net een ding sê? Ek is diep teleurgesteld deur hierdie jong man. Hy sou waaaaaayyy hoër op die lys gewees het as dit nie vir een ding was nie: Die Tattoo... Dun dun duuuun! Wat het hom besiel?! My (gewese) toekomstige man het 'n tattoo van 'n REUSE vlinder op sy maag gekry... WAT?!? Hy moet sy storie agtermekaar kry. Ons kon getrou het! 'n Mansion gehad het! 'n Massive swembad en 'n picket fence maar NEE! Hy MOES gaan staan en homself in 'n inkleurboek verander! Al het hy my teleurgestel, moet ek nogsteeds erken, hy is een van die moiiste wesens op twee bene.
7. Caspar Lee
 Hy's nuut, hy's Suid-Afrikaans EN hy het styl. Caspar Lee is die Suid-Afrikaanse Youtube sensasie wat die wêreld aan die gons het!
Ek meen... Kyk net na daai kyk! En daai oë!
Behalwe dat hy ongelooflike talent in die looks-department gekry het, is hy snaaks ook!
Jy MOET eenvoudig net een van sy Youtube videos sien om te verstaan wat ons bedoel
(Sy Youtube channel is dicasp)

HY IS SO MOOI!!!!!!!!!



6. Liam Payne
Hieride is een van One Direction se lede wat ek persoonlik voel te veel misgekyk word. Die hoe-ha is altyd oor Harry Styles of Niall Horan, maar min gee aandag aan dit wat reg onder hulle neuse is! Hierdie man het die perfekte jawline! En hy kan sing! Imagine net hoe sal dit wees en hy serenade you met 'n liedjie wat hy self vir jou geskryf het?! Dit sal soosin 'n totalle 'awwwww!' moment wees! BONUS! Hy lyk goed met super kort of langerige hare!
5. Logan Lerman

KYK! KYK NA LOGAN LERMAN EN SY MY JY WENS NIE DIT WAS JOU MAN NIE!?!?!?! Hy het gemaak dat osn verlief raak op hom in flieks soos The 3 Musketeers en ons persoonlik kan nie wag tot ons in Amerika kom, hy vir een van ons kyk en besef dat ons (ek) sy sielsgenoot is nie! Imagine hoe gaan hy lyk op die punt van die aisle in 'n suit! Oh my soul! Hou my vas, ek kan nie asem haal nie! En o ja! Hy sal jou hart breek in The Perks of Being 'n Wallflower, en veroorsaak dat jy net nog meer verlief sal raak op hom! Daardie pikswart hare en grasgroen oë is nie iets waarmee mens stry nie!
4. Eddie Redmayne
WAG. STOP. Voordat jy verder lees!
Gaan kyk Les Miserables! DOEN DIT NOU! Anders gaan jy nie 'n clue hê waarvan ek praat nie en dan sal jy nie dit kan waardeer nie! En... Jy moet dit kyk! Want dis amazing!
Eddie Redmayne was 'n nobody voordat die uiters suskesvolle Les Miserables begin draai het. Nou? Nou is 'n 'n hunk van epedermiese perporsies!
Hierdie dude kan sing, hy kan act en ek is 99.99% seker dat hy kan dans ook! As jy Les Miserables gekyk het en nog nie verlief is op hom nie is daar duidelik iets fout met jou!
3. Wesley Stromberg
Wesley Stromberg het ons harte gesteel met die tweede seisoen van die X Factor USA. Saam met sy beste pêl en sy boetie is hy deel van die band Emblem 3. Hierdie dude kan sing, liedjies skryf, surf en doen net een ding vir my... Google hom en beleef sy abs! Dit is to die for! Sy styl is ook totaal en al cool en ek persoonlik wens dat ons mekaar ontmoet eendag by die Grammy's en dat ons dan beste vriende raak entroue en 'n hond met die naam Glen Coco aanneem. Dit is al.
2. Josh Hutcherson
Josh Hutcherson se kakebeen gaan nog eendag die einde van my beteken. KYK NET NA DIE DING! Dis so mooi vierkantig! (Op 'n goeie manier...) Josh Hutcherson het veroorsaak dat van 'n opgewonde persoon oor die Hunger Games na 'n raging screaming fangirl verander! Hierdie dude is die perfekte Peeta en soos almal weet is Peeta perfek, so... Josh/Peeta = Perfeksie!

1. Jack & Finn Harries

Ek besef dat die meeste van julle nie sal weet wie hulle is nie, maar beleef asseblief gou iets:
Het al herstel? WANT EK HET NIE!!!!!!!!!!!!!
Jack en Finn Harries is van die hotste mense op heirdie hele planeet wat ek al ooit in my hele lewe gesien het!!!!!!!!! EN DAAR IS 2 VAN HULLE!!!!!
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
WAT??!?!?!?!?!?!?!?!?!?!?!?!
Dis onmoontlik om soveel hotness op een slag te hanteer! DIs nie normaal nie! Hulle flippen ma en pa is seker die gene-konings van hierdie era!
As hulle in my skool was het ek al 'n restraining order gehad want flippen hel! Hulle is HOT!
EN DAAR'S 2!!!!!! (Het ek dit al gesê?)
Stop wat jy doen en kyk NOU hulle Youtube Channel by Jacksgap waar jy dit regtig officially sal verloor want jou hotness meter sal ontplof!
Dis al. Ek's klaar. Jack en Finn Harries het officially my lewe geruineer omdat ek hulle nooit sal ontmoet en met hulle trou nie. Al my verwagtinge vir mans is nou te hoog en ek sal tien teen een doodgaan met 'n kanarie langs my wat die Jacksgap theme song sing: Jacksgap... Jacksgap... 5 Minutes of your life that you won't get back!
Glo my, ek gee regtig nie om om daardie 5 minute te verloor nie
Tot wedersiens!
MI

Saturday, March 9

Die randomste vrae ooit!

As jy ooit 'n onderhoud met iemand doen of net met iemand praat MOET jy een van hierdie vrae vra en kyk wat is hulle reaksie is! MI dare jou! Al die vrae gaan in Engels wees, want dit klink net  soveel snaakser in Engels!


1. What is under your bed?

2. Which store would you choose to max out your credit card?

3. What time is your bed time?

4.What celebrity would you want to kill?

5. What are your views on cannibalism?

6. Should wearing pants be legal?

7. If a 20ft firebreathing kitten is chasing you, would you trip someone to save yourself? If so,who?

8. If you were stuck on a desert island with 5 people...who would you eat first?

9.What is your toothbrush's name?

10. Will you marry me?

11. Do you think cupcakes are smexy?

12. Do you have a deep, dark secret? OOOOO! Tell me?

13. Do you want to join my zombie army?

14. When I say "Pie" what is the first word that pops into your head?

15. Dio these jeans make my butt look big?

16. Where'sWaldo?

17. Are you a ninja?

18. Do you know the muffin man?

19. What part of your body do you wash first?

20. Do you scrunch or fold your toilet paper?

As jy dit vir iemand vra, kom vertel ons wat hulle reaksie was en as jy nog random vrae het, vra dit vir ons!! Dankie aan www.quotev.com en jaggy732.blogspot.com vir hulle random vrae idees!!
Sug..hierdie is soooo snaaks!!

Tot wedersiens
MI

Friday, March 8

The War goes on... MI Wars Deel 2!


Geliefde lesers...die oorlog vervolg!
MIWars has returned!

Asië:
M: Bokke, mense, straatkafees, mense, oorlog, mense, slange op jou burger en NOGMAALS mense!!! Dis hoe ek die kontinent Asië sien. Lande soos Indëe (met een van die swakste ekonomieë), Irak (wanneer was daar ooit NIE oorlog nie?) en China (waar jy NOOIT iets moet eet nie) is alles prentjies wat in my kop opkom as ek aan Asië dink. En ek se "Nee dankie!" Ja, Asië het sy skoonhede soos die Groot Muur van China, Rusland is vir my een van die mooiste en kleurvolste lande ter wereld en die mooi dele van Bali en Dubai, maar as ek  na die prentjie in geheel kyk, is dit nie iets waarvan ek hou nie! Gee my eerder die geskiedenis en misterie van Europa!
I: OK... Katte eet: Gross. Weird goeters wat ek nie verstaan nie: Ummm... what?!?!
MAAR! Daar is TONNE eilande in Asië wat ek my voortande sal voor wil gee om te besoek! Soos die Phillipines! Imagine... Jy lê daar met jou cocktail op die voorstoep van jou luxary Villa en kyk uit oor die groot en magtige Indiese Oseaan... Bliss! Ek weet regtig ook nie wat Mieke se probleem is nie, aangesien die helfte van haar besittings van China afkom en die ander helfte van Japan. As dit nie vir Asië was nie, sou ons definitief NIE die awesome ripp-off produkte gehad het wat ons elke dag gebruik nie. En ons almal weet dis nie regtig rip- off nie, dis net... tydelik. Soortvan. Whatever. Asië is NIE so bad nie.
Waar op Aarde sou ons al ons awesome dinge vandaan gekry het as dit nie vir Asië was nie!? Ek meen... HELLO! Hello Kitty, China. Gangam Style, Korea. Elke tweede selfoon, China. Karre, Japan... Alles... ASIE! En weet jy wat is nog in Asië? Die Phillipines! En die Maldives! En Malaysia! En Vietnam! En nog TONNE ander cool vakansie destinations! Ek sal self nou nie daar gaan bly nie, maar seriously, dit is NIE so bad as wat Mieke dink nie. (Alhoewel ek saamstem dat jy eerder moet wegbly van voedsel in China) 

Lady Gaga as X-factor beoordeelaar:
M: Nee, nee, nee, nee, nee, nee!!!! Wat het Demi besiel om dit voor te stel...Sê nou hulle oorweeg dit! Dit sal verskriklik wees, oooeeee vreeslik! Die hele reeks sal geruineer wees! Ek weet daar is tonne Lady G fans wat my seker nou iets wil aandoen, maar raai wat...Ek GEE NIE OM NIE!!! Ek hou nie van Lady Gaga nie en dis 'n feit soos 'n koei!!! Sy gee my rillings en ek kan net nie oor daar "Meat Dress" kom nie!! Sy nou 'n lewendige voorbeeld van 'n nagmerrie, een nagmerrie wat en NIE in  my slaap wil sien nie!
I: Oh my word. Ek stem saam met Mieke! *val gou flou*
As Lady Gaga as X Factor beoordelaar begin werk sal dit van een van my Top 10 TV programme na my allerlaagste Top Nooit programme toe skuif! Ek weet Lady G is 'n original, en sy het haar eie styl en sy's talentvol en bla die bla die bla, maar regtig!? Ek is nie van plan om die X Factor te kyk as elke tweede deelnemer 'n vleisrok gaan dra omdat hulle gementor word deur Lady Gaga nie. Move along Lady Gaga en gee my veel eerder Harry Styles!


IPhone vs. Blackberry:
M: Ek LOVE Apple produkte, maar 'n iPhone...Nee! Ek is for Blackberry ALL THE WAY!! Daar is niks wat 'n iphone kan doen wat 'n Blackberry nie kan doen nie. Koop eerder 'n iPad en 'n Blackberry en dan het jy die hele pakket!! Waarom wil jy nou jou geld mors op 'n Phone?? Ek dink die saak is afgehandel!!
I: Die saak is BESLIS nie afghandel nie! Het iemand hier al agtergekom dat ELKE TWEEDE MINUUT is daar 'n Blackberry wat breek? En elke sekond iemand wat kla oor 'n Blackberry? En elke dag iemand wat wens hulle het eerder 'n iPhone gekoop!? iPhones het Apps, uitmuntende kwaliteit kameras, dit werk fantasties, dis maklik om te gebruilk en dit is die toekoms! Blackberries is SO 2 jaar gelede. As jy NOU vir jou 'n Blackberry gaan aanskaf, stel ek voor jy heroorweeg, aangesien jy binne 2 minute uit die mode gaan wees. iPhones is IN!

EN nou dit waarvoor almal wat ons ken voor wag!
MI se bekgeveg oor...
JUSTIN BIEBER:
M: "As long as you love me, we could be starving, we could homeless, we could be broke..."
EEeeeeeeppppp!!! Ek raak opgewonde elke keer as ek daardie liedjie hoor! Dit is sooooo my gunsteling Justin Bieber song!! Soos julle seker agtergekom is ek 'n GROOT JB fan!!! Ek LOVE sy liedjies, sy look, sy styl en...en...ALLES!! Ek was een van die duisende wat my kaartjie gekoop het vir sy groot vertoning in Suid-Afrika en ek wens die tyd verby!! Ek kry sommer butterflies in my maag as ek daaraan dink! Ek is nou nie een van weirdo's wat doodsdreigemente stuur vir sy girlfriends en wat 'n obsessie het met hom nie! Ek is net een moewiese aanhanger!!! Asem in...asem uit...ek gaan nou eers sy CD luister om te kalmeer!!!
I: NEE NEE NEE NEE NEE NEE NEE NEE NEE NEE NEE NEE NEE!!!!
WAT IS JOU PROBLEEM! Wie wil nou na 'n tien jarige dogtertjie luister wat haar longe uitgil en dink SY'S 'N MAN! Sy is nie! Ek kan nie GLO mense het actuaklly kaartjies gekoop om na hom te gaan kyk in Mei nie! Is julle mal?! Ek sou kaartjies koop, maar net om 'n emmer tamaties te vat en dit na die verhoog toe te gooi! Maar toe heroorweeg ek want ek het besef ek is nog nie gereed daarvoor vir my ore om te begin bloei nie! Net. Nee. Luister na ordentelike musiek! The Smiths, fun., Mumford & Sons, One Direction... ENIGIETS behalwe Justine Bieber, die gillende meisie met die vrek goeie agent.

En dis dit vir MI Wars, Deel 2. Laat weet ons wie JY dink het gewen en ook waaroor julle wil hê ons volgende keer moet debatteer!

See you next time...

Tot wedersiens!
MI

Saturday, March 2

Die fliek van die jaar. . . Les Miserables!

I dreamed a dream of time gone by. Where hope was high and life worth living. I dreamed that love would never die... En my liefde vir hierdie fliek sal beslis nooit doodgaan nie. Ladies and gentleman, MI proudly presents, live from Riversquare se Sterkinekor: Les Misérables!


Hierdie is sonder twyfel die fliek van die jaar. Met 3 Golden Globes, 2 BAFTA-awards, 3 Oscars, 'n SAG Award en nog VELE meer is hierdie fliek 'n MOET SIEN! Ek het my oë uitgehuil binne die eerste 5 minute en ek was in `n “trance” die hele movie lank. Dit was net...onbeskryflik fantasmagories!!!

Les Misérables is gebaseer op die Franse roman deur Victor Hugo en die storielyn dateer oor 'n tydperk van 17 jaar tydens die Rebellie in Frankryk. Dit begin met 'n roerende toneel van gevangenes wat hard werk om 'n skip tydens 'n storm in die hawe in te bring en die liedjie: Look Down word briljant gesing tydens hierdie toneel.

Jean Valjean word in 1815 uiteindelik na 'n 19 jaarlange vonnis vrygelaat, omdat hy 1 brood gesteel het. Maar die voorwaardes vir sy borgtog is onmoontlik! Hy besluit toe om te “verdwyn” en word uiteindelik burgermeester en suksesvolle besigheidsman. Hier ontmoet ons vir Fantine en ons leer haar tragiese verhaal. Sy word afgedank, en het 'n klein dogtertjie, Cosette, wat ver weg bly, maar sy moet steeds elke maand geld stuur vir die mense wat haar moet versorg. Uit pure desperaatheid verval Fantine in die aaklige wêreld van prostitusie en dis in hierdie onderwêreld waar sy dodelik siek word. Jean Valjean kom tot haar redding en neem haar hospitaal toe vir behandeling, maar Fantine weet sy gaan sterf. Sy kan egter nie haar dogtertjie net so alleen los nie. Jean Valjean belowe egter dat hy haar dogter in sy sorg sal neem en sal grootmaak as sy eie. En hy hou sy belofte.

Jare later...

Cosette is nou 'n jonge dame en eendag op die markplein, sien sy 'n man … en hy sien haar....en die sparks vlieg!! Love at first sight, maar iemand anders het ook haar oog op die jonge Marius, wat net oë vir Cosette het. Marius is egter een van die leiers van die Rebellie en Jean Valjean se verlede is besig om hom in te haal. Alles word klippe in Cosette se lewenspad. Maar toe die rebellie egter volstoom begin word ALMAL se lewens omvergegooi. Het almal lewend anderkant uitgekom, vind Cosette toe haar liefde en gelukkige einde of gaan sy ook soos haar ma die tragiese kant van die liefde leer ken? Gaan na jou naaste Sterkinekor...sommer nou en kyk hierdie fantasmagoriese fliek. Jy sal nie spyt wees nie.
Hugh Jackman vertolk die rol van Jean Valjean en hy het 'n Golden Globe vir hierdie vertolking gewen. Anne Hathaway is Fantine en sy het 'n Golden Globe, 'n Oscar, 'n SAG Award, 'n BAFTA-award en 'n BFCA Critic Choice award vir hierdie rol gewen!!

  
Russel Crowe is die wrede polisieman, Javert, Amanda Seyfried is die pragtige Cosette en die hunky Eddie Redmayne is die eligible bachelour Marius Pontmercy! 'n Briljante cast vir 'n briljante movie. Director Tom Hooper out done himself!!

Liedjies wat vir my uitgestaan het was: Who am I, Do you hear the people sing, One more day, A heart full of love en die bekende I dreamed a dream. Les Misérables het reeds $147 miljoen by die US Box Office verdien!!

Uit en Uit 'n briljante fliek en jou lewe is nie volmaak as jy dit nie gesien het nie. MI gee die een `n 12/10!!!!! GO Les Misérables!!


Tot Wedersiens
MI

Die Oscars... Deel 2

Ek dink ek het nou al genoeg gekalmeer om die artikel verder te skryf. Ek's regtig jammer oor my skielike ontwyking netnou, maar dit was regtig baie onstellend dat die beSTE ARGO WAS EK MEEN RERIG
 
...wag, ek's fine. Ek's rerig. Kom ons beweeg aan.
 
 
Die Host
 



 
 
 
 
 


Alhoewel ek tot die Oscars nog nooit van hom gehoor het nie (moes ek?), dink ek dat Seth McFarlane die perfekte host was! Ongelooflik snaaks met uitstekende comedic timing. Alhowel Tina en Amy die beste sou wees, is Seth 'n baie naby tweede. Ek dink nie daar was 'n oomblik wat daar nie 'n glimlag op my gesig was nie (en dit sê baie!).
 
 
 
Die wenners!
 
Hier is 'n volledige lys van die wenners:
 
Best Picture: Argo (NEEEEE!)
Actor in a Leading Role: Daniel Day- Lewis (Dit moes totally eerder Bradley Cooper gewees het...)
Actress in a Leading Role: Jennifer Lawrence (YES!)
Actor in a supporting role: Christoph Waltz
Actress in a Supporting Role: Anne Hathaway (YES!)
Animated Feature Film: Brave
Cinematography: Life of Pi
Costume Design: Anna Kerenina
Directing: Life of Pi
Documentary Feature: Searching for Sugarman
Documentary Short: Inocente
Film Editing: Argo
Foreign Language Film: Amour
Makeup and Hairstyling: Les Misrables
Music (Original Score): Life of Pi
Music (Original Song: Skyfall
Production Desgin: Lincoln
Animated Short Film: Paperman (LOVE DIT!)
Short Film (Live Action): Curfew
Sound Editing: Skyfall en Zero Darl Thirty (It's a tie!)
Sound Mixing: Les Miserables
Visual Effects: Life of Pi
Writing (Adapted Screenplay): Argo
Writing Original Screenplay: Django Unchained
 
Om al die wenners en nominees te sien, gaan na http://oscar.go.com/nominees
 
Soos julle weet is ek BAIE ongelukkig oor sommige van die wenners en ONGELOOFLIK bly oor ander. Oh well, you win some you lose some.
 
 
En dis 'n wrap op MI se Oscar artikel (al was dit nou nie live nie).
Laat weet ons wat jy gedink het en ons voeg dit dalk net by een van die artikels in ;)
 
Tot wedersiens!
MI