Tuesday, February 26

Die Oscars!

*Spoiler Alert! Moenie verder lees as jy nog nie die Oscars gekyk het en jy nie wil weet wat gebeur het nie!*
MI proudley presents... MI-Critique!
Lees verder om uit te vind wat ons van die aktrises se rokke gedink het, wie die hotste ou daar was en hoe die Oscars self nou actually was.  As jou opinie egter van ons s'n verskil,laat ons weet,want hier by MI is ons all vir ons lesers!!
Lights, cameras... action!
O ja, voor ons begin. Vir die wat nie ingelig is nie, die Academy Awards is actually die Oscars. Die Academy is die groep mense wat stem vir die wenners van die Oscars. Dus; sonder die Academy sou daar geen Oscars wees nie; hulle is die Oscars!
Jennifer Lawrence se rok!




Absolute perfeksie! Sy't soos 'n feetjie gelyk! (Of 'n onderstebo gloeilamp...) Either way was hierdie rok PERFEK! Haar hare was perfek daarby, haar grimering... divine!
O ja... Net jammer sy kon nie eintik loop in dit nie en het geval oppad om haar Best Actress standbeeldjie te gaan haal. Oh well, selfs perfekte mense het foute. Sy sal daaroor kom, net soos ek NIE oor hierdie amazing rok kan kom nie! Perfeksie!
Channing Tatum en Charlize Theron wat dans
O, ok, dis reg Charlize Theron... Breek my selfbeeld af. Asof dit nie genoeg is dat sy 'n Oscar gewen en goed lyk met kort hare nie, kan sy nog dans ook!?! Wat kan sy nie doen nie!? Ek sal jou se wat sy nie kan doen nie: Sy kan nie my gebroke selfbeeld herstel nie, DIS WAT!
En Channing Tatum! Die man kan baie goed dans (soos ons weet van Magic Mike af...) nou moet hy nog so goed lyk ook!? Give me a break... Ek weet dis nie moontlik nie, maar ek's seker daarvan hierdie twee is gephotoshop terwyl hulle gedans het.
Buiten vir dit, was die dans fantasmagories!
Michelle Obama!
Eers was ek soos huh? En toe's ek soos WHOOO! Kan ons almal net besef dat die vrou van die president van Amerika 'n verskyning by die Oscars gemaak het!? OK, nou nie in lewende lywe nie, maar sy was volheid deel daarvan, al was dit op 'n skerm. En SY was die een wat best movie...
WAG, WAG. NET. HIER!
Argo MOES NIE, en ek herhaal MOES NIE best picture wen nie!!!!!!! Wat het die Academy gedink!? Argo is maar net een van daai flieks wat gemaak is met 'n Oscar in die producers se oogpunt. Hulle het nie omgegee dat AL DIE ANDER GENOMINEERDES dit BAAAAAAIIIEEEEEE meer verdien nie. Ek meen rerig?! Silver Linings Playbook, Life of Pi, en Les Miserables het dit 1000000000000000 keer meer verdien! Dit is net ... NEE. Ek kan nie. Ek's jammer.
Hierdie artikel sal op 'n latere stadium klaargeskryf word omdat die skrywer te ontseld is.
Tot (kwaai) wedersiens!
MI
(Stay tuned vir die volgende deel!)


Thursday, February 14

Verlief op die liefde! ! !

Die dag wat meisies oor mal is of haat en die dag waar mans en seuns verplig is om romanties te wees en die krane van hulle beursies vrylik moet laat vloei. Die dag is...julle het reggeraai... Valentynsdag!! Ek weet ons is so bietjie agter die tyd, maar hier is 'n paar tips vir mense wat last minute shopping doen of wat nog nie 'n plan vir 'n date het nie of dis jou gids vir al die jare wat nog moet kom! Hier is MI se ultimate guide tot die perfekte Valentynsdag!!

Moet kyk movies:
Daar is niks lekkerder as om saam daardie spesiale een, op die bank opgekrul te le, en 'n romantic movie te kyk nie! Maar jy wil darem nou nie 'n crap movie uitneem en dan voel dat dit 'n complete mors van tyd was nie! Gelukkig was ons so gaaf om tot jou redding te kom en 'n lys van die Top 5 Rom Com's op die planeet. Ons wil tog net die BESTE he vir ons lesers!
NO 5:
Die fliek Dear John met Amanda Seyfried en die hunky Channing Tatum is beslis 'n MOET kyk hierdie Valentynsdag! Dis vol liefde, hartseer en dan weer liefde en daar is HOPE eyecandy vir ouens sowel as meisies!
NO 4:
Geen Valentynsdag movie lys is voltooi sonder The Notebook nie! Dis seker die bekendste romantic drama in die wereld en met die fantastiese James Garner en Gena Rowlands in die 2 hoofrolle is dit 'n sonde om hierdie fliek NIE te kyk nie!
NO 3:
Enige fliek met Anne Hathaway is my gunsteling en One Day is beslis nie 'n uitsondering nie! Hierdie keer met Jim Sturgess as haar sexy, Britse co-star is hierdie fliek die perfekte een om 'n romantiese atmosfeer te skep!
NO 2:
Where art thou my Romeo! Wat is die eerste woord wat nou in jou kop opspring? PIESANG!!! Neeeeee dis Romeo en Juliet...Met Claire Danes en wait for it...Leonardo DiCaprio! Need I say more?!
NO 1:
En die wenner is...drumroll please...The Last Song! Omdat ons tieners is en aan jong liefde verslaaf is, MOET hierdie ons wenner wees! Miley Cyrus en Liam Hemsworth (SWOON) maak die oulikste paartjie in hierdie romantiese tranetrekker! So KYK DIT!! Just do it!!

Moet luister songs:
 Nadat julle klaar movie gekyk en popcorn geeet het, is dit tyd vir 'n dans, maar wat is die perfekte liedjie?? Don't get your knickers in a twits, want hier is MI se lys van die BESTE love songs!! 
NO 5:
I'm Yours van Jason Miraz moet op jou playlist wees!!!
NO 4:
Romeo save me,they try to tell me how to feel
This Love is difficult, but it's real.
Forbidden Love...Onweerstaanbaar! Taylor Swift se Love Story!
NO 3:
I can be your Hero, Baby! Wie wil nou nie 'n ou he wat haar held en haar alles wil wees nie!! Enrique Iglesias se Hero...Eeeeeppp!!
NO 2:
Hierdie is totally een van die MOOISTE liedjies op die aarde!!! Labrinth ft Emile Sande se Beneath Your Beautiful is op my playlist, maak seker dis op joune ook!
NO 1:
Net omdat ons Directionars is,MOET hierdie liedjie wen... Last First Kiss is sooooo mooooi!! En Harry Styles en Niall Horan is sooooo moooooi!! SIGH!!


Moet gee geskenkies vir hom:
Cosmopolitian het ons gehelp om hierdie lysie bymekaar te stel, hulle is egter die experts, want mans kan sulke vreemde wesens wees!! But we still love them!! Christopher Marlowe het mos gese: Money can't buy love,but it improves your bargaining position! So sorg dat jy die perfekte geskenk koop!

Gaan al uit minder as 3 maande:
Moenie te duur gaan en te eager oorkom nie! Iets soos 'n DVD of sy gunsteling boek of home made koekies is perfek! Iets ouliks, maar nie te pushy nie!
Tussen 3 en 6 maande:
Hierdie is die tricky stadium! Moenie iets te fancy koop nie, maar wys dat jy aan hom gedink het, soos 'n collage of 'n CD met al julle gunsteling liedjies!
7 tot 11 maande:
Ok, nou begin dinge ernstig raak! Doen iets fun en maak memories! Gee vir hom kaartjies na 'n konsert of 'n sportgame! Of miskien die cliché; romantiese ete en 'n fliek!!

Moet gee geskenkies vir haar:
askmen.com was ons bron vir hierdie deel!! Meisies hou daarvan om spesiaal te voel, so doen presies dit! Maar al se hierdie website dat Lingerie 'n perfekte geskenke is, is dit NIE!!! Dit sal 'n MAJOR Cringe worthy moment wees, as jy met onderklere by jou date opdaag!!

Chocolates en blomme:
Dis 'n classic en sal altyd 'n wenner bly!! Charles M Schultz het egter gese: All you need is love, but a little chocolate now and then doesn't hurt!!

Parfuum:
Meisies is mal oor parfuum, glo my ek is 'n meisie! Daar is niks lekkerder as om parfuum te he wat soos die hemel ruik nie! En elke keer as sy dit aanspuit gaan sy aan jou dink...Gewaarborg!!

'n Home Spa Dag:
Kry 'n paar van haar vriendinne om jou te help en gee vir haar 'n voucher vir 'n home spa dag! Daar kan verskillende stasies wees bv: 'n massage, 'n mani en 'n pedi, 'n facial, make-up en hare en aan die einde kan jy haar uitvat vir 'n romantiese piekniek of ete!

Siedaar!! Jy het die perfekte Valentynsdag!!! Los vir ons 'n comment oor hoe jou Valentynsdag was of Tweet ons!! Julle is immers ons lesers en wil baie graag van julle hoor! Happy V-Day!

Tot wedersiens
MI

Tuesday, February 12

MI Watch is op RSG!

 

MI Watch gaan ons heel eerste radio-verskyning maak op RSG! Ivor Price van Befonk (met 'n n!) het 'n onderhoud met ons gevoer en ons kan nie wag dit julle dit hoor nie!

Skakel more-aand (13 Februarie) om 19:30 op RSG in om dit te luister!

 
Ons gaan volgende week wat kom ook 2 keer 'n verskyning maak.

Dit was ongelooflik lekker en ons kan nie wag dat ons lesers dit hoor nie. Ons praat oor ons blog, die Jip en ander kwessies wat tieners raak. 
Hoop julle geniet dit!

Tot wedersiens!
MI

Sunday, February 3

Nuutste Videos!

 
 




Nee, ons weet ook nie fout is met ons nie. Maar totdat ons uitvind... enjoy!
 
Tot wedersiens!
MI


Friday, February 1

MI Watch Wars!

MI het besluit om ons heel eerste offisieele MI Wars te hou! Die I en die M van MI het gereeld totaal anderse idees oor wat hot en wat not is... toe besluit ons om die wereld te laat weet van ons opinies (dis nou julle, haai daar wereld!). Ons gaan 'n topic noem en dan sal die I en M van MI elkeen hul verskillende kommentaar, idees of opinies daaroor lewer. 

Op julle merke... Gereed? GAAN!

1. G-Strings (Geen prentjies, a.g.v. ons waardes.)
I: Persoonlik dink ek dat G-Strings deel is van die meeste vrouens se alledaagse lewens, MAAR! Dit is flippen ongemaklik en ek het nie 'n clue hoe die vrouens wat dit dra daarmee cope nie. Seriously?!
M: Persoonlik is ek 'n fan van 'ou-tannie' onderklere, aangesien ek og ver van trou af is maak dit seker nie saak wat ek dra nie, maar ek dink dat 'n G-string homself behoort te skaam omdat hy die onderklere familie so groot skande aan doen want hy het geen doel nie!

2. Opera Musiek
I: Hmmm... Ek gaan nou begin met iets wat my totaal en al embarrass... Ek hou actually van opera musiek! Ek weet, ek weet, ek weet ook nie hoekom nie. Maar rerig... het jy al Les Miserables gekyk!? daardie opera musiek is genoeg om te oortuig dat Hugh Jackman actually hot lyk as hy half dood is en dan moet mens weet, ek HOU van opera musiek... dis 'n feit soos 'n koei!
M: Ek hou nie van opera musiek nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou van klassieke musiek maar volgens my is hulle nie afkomstig van dieslefde stam nie. Klassieke musiek volgens my is Mozart, Bach en Vivaldi. Opera musiek aan die ander hand is 'n klomp ou omies en tannies wat kompetisie hou om te kyk wie eerste die kerk/ opera huis se vensters kan breek. En wat sing hulle anyway!? Is dit woorde of alien taal?

3. Fashion Police (op E!)
I: Fashion Police is ongelooflik entertaining as jy vir die afgelope 50 000 jaar nie TV gehad het nie en dit die eerste keer is dat jy ooit 'n TV program sien... dan sien jy daar is eintlik ander programme en jy besef hoe stupid dit eintlik is. Ek meen rerig, dis net 'n verskoning vir ou 'n Tannie en 'n klomp ander mense wat betaal word om te vloek op internasionale TV. (Maar ek hou van Guilliana... En Kelly, George is stupid.)
M: Waar in jou lewe het jy al ooit gesien dat iemand wat so loud aantrek dat jy sonbrille moet aansit anders val jou oe dalk uit (Ja Joan, ek praat van jou), ander mense se styl en uitrustings kritiseer? G'n wonder so baie tieners ly aan selfbeeld probleme nie, hulle sit seker die heeldag en kyk Fashion Police. Wie in hulle regte verstan sal nou Fashion Police i.p.v. The Big Bang Theory kyk? Ek meen, Sheldon Cooper is die beste ding na straightners. So almal, haal daai Fashion Police reminder af en record die Big Bang Theory!

4. Harry Styles is die hotste One Direction lid
I:JAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Harry Styles is die defenisie van perfeksie!!! En hy verjaar vandag!!!! EEEEEEPPPP!!!!! GELUK HARRY!! Dankie aan Mrs. Styles wat hierdie perfekte seun grootgemaak het. Die mensdom sal jou ewig dankbaar wees!
M: NEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! As Harry Styles nog een tattoo bykry gaan hy in 'n lopende inkleurboek verander. Nial is die hotste One Direction lid sonder twyfel! Met sy blonde hare en oulike smile is HY die definisie van perfeksie! Ek weet nie wanneer hy verjaar nie, maar ek weet dit gaan die beste dag van die jaar wees.I love you Niall!!

5. Team Peeta vs. Team Gale
I: Laat ek net een ding uitklaar. Arme Katniss en Gale sou al lankal getroud en gelukkig gewees het as dit nie vir daardie STUPID Hunger Games en nog STUPIDER Peeta was nie! Hulle is soulmates! Hulle hoort bymekaar soos Edward en Bella, William en Kate en Simon Cowell en sy ego. Ek meen... kan julle nie sien hoe Gale en Katniss na mekaar kyk nie!?! Dis so meant to be! Dis amper erger as toe die Titanic gesink het... dis net... dis te erg... ek kan nie... BAAI! Ek gaan nou huil in 'n hoek...
M: Ek wil net se ek is tot in my diepste wese teleurgesteld in die I van MI. Jy het nou net die beeld van Bella en Edward totaal geruineer! Mag ek et se dit is Gale en nie Peeta nie wat aan die einde van (SPOILER ALERT!) Mockingjay in District 2 gaan bly. Verraaier! Peeta en Katniss is perfek vir mekaar! Hulle het saam al die harde tye van die Hunger Games beleef en HULLE is sielsgenote. Gale is net die loser vriend wat nie 'n lewe het nie. So in jou gesig I! Lekker huil! 

En die wenner is... MI! Of julle kan belsuit in die comments! Laat weet ons of julle Team M of Team I is. Kyk uit vir meer MI Wars in die toekoms.


Tot wedersiens! (Auf wiedersehen... Ons leer nou Duits ;) )
MI