Saturday, July 28

Speletjies!

'n Splinternuwe page op MI Watch is geskep!

SPELETJIES!

Elke week sal ons 'n nuwe speletjie op die page sit waarmee jy jouself gate uit sal kan geniet!
Hierdie week se speletjie is 'Messing with Lubert'!

Geniet dit!

Tot wedersiens
MI

Tuesday, July 24

Valia se eie band is hier! Cross Revolution!


Valia is baie trots om te se: Ons het nou amptelik ons eie band! 5 leerlinge: Zolique West, Johan Koen, Sindi Victor, R.J. Willemse, Chris Wheeler, Ruan Jordaan en Chantelle Coetzee is die lede van die band: Cross Revolution. Hulle is n eksentrieke klomp mense wat baie lief vir die Here en musiek is! MI het bietjie agter die skerms met hulle gaan gesels om te hoor hoe die band 'n realiteit geword het en wat Cross Revolution wil bereik!

  1. Hoekom die naam: Cross Revelution?
Ons wil graag n revolusie in Transvalia begin en mense help om nader aan die Here te kom. Die Cross simboliseer Jesus en wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het en Revolution is presies wat ons wil begin, 'n nuwe era vir Christene in ons omgewing!

  1. Waar het die idee begin om 'n band te stig?
Zolique: Ek het eendag n brainwave gekry om 'n band te begin en ek het 5 spesifieke mense ingedagte gehad. Ons het bymekaar gekom en siedaar: Cross Revolution is gestig! Ek het later van nog 2 mense gehoor wat belangstel en hulle betrek en so is die band alreeds besig om te groei.

  1. Hoe sal julle die oefensessies beskryf?
Ons oefensessies is altyd baie lekker. Ons het great fun en prys die Here op dieselfde tyd! Soms raak ons bietjie crazy by die oefeninge en dit maak dit net nog lekkerder!

  1. Van waar af ken julle mekaar?
Ons was lank voor die band al vriende. Ons kuier saam pouses en ons is net n wonderlike groep pelle!

  1. Van wanneer af “dabble” julle al in musiek?
Ons het almal eintlik nog altyd van musiek gehou en die mense wat instrumente bespeel, speel al van kleins die bepaalde instrument. Almal in die band is mal oor musiek en dit maak ons sommer ekstra spesiaal!

  1. Hoe sal julle mekaar beskryf?
Daar is eintlik so baie woorde wat ons beskryf maar ons is defnitief: uniek, CRAZY, goedhartig, almoedig, ons bou mekaar op,ons  positief en geniet mekaar se geselskap.

  1. Raak julle senuweeagtig voor 'n optrede? Hoe oorkom julle dit?
Ons was die oggend voor ons eerste optrede baie senuweeagtig en het omtrent 5 keer gebid voordat ons rustig geraak het, al ons vriende was ook baie ondersteunend, so dit het ook gehelp om die senuwees te kalmeer!

  1. Wat hoop julle om te bereik d.m.v. die band?
    Ons band wil graag 'n verskil maak in Transvalia en die kinders help om geestelik te groei. Ons wil.....'n Revolution begin!


9. Is daar enige iets snaaks/interessant wat al tydens n oefensessie gebeur het wat julle met ons lesers wil deel?
Gedurende een oefening het ons drummer, Ruan, se stokkies gebreek. Dit was asof dit van spaghetti gemaak was! Ons waas nog besig om die een liedjie te oefen, toe was daar net skielik geen dromme nie! Dit was skreeusnaaks en ons kon nie ophou lag nie!

  1. Wanneer kan ons julle volgende optrede verwag?
Ons gaan die 5e Augustus by 'n kerk se Jeugdiens optree en dit gaan great wees, so sorg dat julle daar is!

Ons het die band toe n paar QQ's ( Quick Questions) gevra en hier is hulle antwoorde:
  1. Wat is die eerste woord waaraan julle dink as ons se:
  • Hond- Fluffy.
  • Adele- 'n Goue stem.
  • Piesang-Geel
  • Slaap- Een van die lekkerste dinge.
  • Random- Ons band!
  • Fun-Musiek.

  1. Na wie kyk die band op?
Defnitief die Here en dan ook: Hillsong, Onbeskaamd en ook Mnr Berrington.

  1. Wat is julle opinie oor Mnr Berrington se baard?
Het Mnr Berrington n baard?????!!!!

Cross Revolution is defnitief n great band wat nog hoe hoogtes gaan bereik! Ons kannie wag vir hulle volgende optrede nie en MI is defnitief een van hulle grootste fans! Cross Revolution julle ROCK!

Tot wedersiens
MI


Kopiereg MIWatch 2012

Alle regte voorbou. Geen gedeelte van hierdie onderhoud mag sonder die skriftelike toestemming van die skrywers geherkopieer of oorgeskryf of deur enige ander metode weergegee word nie.

Sunday, July 15

Die Groot 5

Die Groot 5 is wat die Kruger Nationale Park maak wat dit is. Toeriste kom van regoor die wereld om hierdie wonderlike 5 te aanskou en daar is geen twyfel hoekom nie. Die Groot 5 is pragtige, majestieuse, onbeskryflike diere wat so deel is van Afrika soos die bos. MI het besluit om julle 'n paar feite van hierdie diere mee te deel.

Eerstens moet julle darem eers weet uit wat die Groot 5 bestaan. Leeus, luiperds, renosters, buffels, olifante. Hierdie diere is die Groot 5 omdat hulle in 'n stadium in geskiedenis die gevaarlikste en moeilikste was om te jag.

LEEUS
Leeus is die tweede grootste kat spesie in die wereld.
Die gemiddelde mannetjies leeu weeg sowat 180kg.
Die swaarste leeu ooit het 380kg geweeg.
'n Leeu kan tot 81 km/uur hardloop, maar net vir kort rukkies aaneen.
Die brul van 'n leeu kan tot 8km ver gehoor word.
Leeus is die sosiaalste van kat spesies. Hulle is een van die min soort diere wat in groepe leef.
Hoe donkerder 'n leeu se maanhare is, hoe groter is die kans dat wyfies van hom sal hou.
Leeus is die nationale diere van Albania, Belgium, Bulgaria, England, Ethiopia, Luxembourg, the Netherlands en Singapore.
Wilde leeus leef ongeveer 12 jaar lank.
Wyfie leeus is beter jagters as mannetjie leeus.
Leeus rus vir ongeveer 20 uur 'n dag.

LUIPERD
Die wetenskaplike naam vir 'n luiperd is Panthera pardus.
Luiperds is bekend vir hulle goue pels met swart kolle. Sommige luiperds het egter swart pelse en word verwar met panthers.
Luiperds is kluisenaars. Hulle het hul eie gebiede en probeer om mekaar so ver as moontlik te vermy.
Hulle kan tot 57km/uur hardloop.
'n Luiperd se stert is omtrent so lank soos sy hele lyf. Dit help hom om te balanseer.
Luiperds is aanddiere.
Hulle beskerm hulle kos deur dit hoog in bome in te sleep en dan terug te kom daarna net as hulle honger is.
Wyfies gee geboorte aan twee of drie welpies. Teen die tyd dat die welpies twee jaar oud is verlaat hulle hul ma en leef op hul eie.
Baie mense glo dat die bene en snorbaarde van luiperds soektes kan gesond maak. Dit is nie waar nie en dit is die rede hoekom luiperds bedryg is.

BUFFEL

Kop en lyf lengte: 170-340 cm
Skouer hoogte: 100-170 cm
Stert lengte: 70-110 cm
Volgroeide gewig: 300-900 kg

Buffels se velkleur kan verskil tussen swart, donkerbruin en ligte bruin, afhangende van die tipe voedsel wat hulle eet.
Buffels is 340 dae dragtig.
Hulle spandeer 18 uur per dag om te eet en beweeg.
Hulle hoof vyande is leeus en krokkodille.

RENOSTER
Renoster beteken 'neus horing'.
Renosters kan oor die 1000 kg weeg.
Witrenosters word gesien as die tweede grootste landdier, na die olifant.
Renosters is ernstig bedreig.
Renosters het dik beskermde vel.
Ten speite van hul grootte het renosters baie klein breine.
Witrenosters het plat bekke is grasvreters, terwyl swart renosters se bekke gepunt is omdat hulle blare eet.

OLIFANTE
Daar is twee tipes olifante: Afrika olifante en Asiatiese Olifante.
Olifante is die grootste tipe soogdier op Aarde.
Mannetjie en wyfie olifante het ivoor tande.
Olifant wyfies raak dragtig vandat hulle 12 jaar oud is en bly dragtig vir 22 maande.
'n Volwasse olifant het 210 liter water nodig per dag.
Olifante het geen natuurlike vyande nie. Al tipe dier wat dalk 'n bedreiging kan wees is leeus wat probeer om kalfies te vang. Verder is dit net die mens wat olifante bedreig.
'n Olifant se slurp kan die vorm, temperatuur en tekstuur van 'n voorwerp voel.
Hulle slurpe kan 2 meter lank word en tot 100 kg weeg.
Vroulike olifante bly in hulle trop tot die dag wat hulle doodgaan, maar mannetjies verlaat die trop en leef alleen vandat hulle 13 jaar oud is.

Hierdie was 'n paar feite oor ons land se groot 5! MI dink ons almal moet ons bes probeer om te sorg dat elke enkele een voortbestaan.

 


Tot wedersiens!
MI




Monday, July 2

Fun Hunger Games Feite!

MI is versot op die best-seller boeke The Hunger Games en ons was net so mal oor die fliek! Ek is seker daar is baie ander Hunger Games fans daar buite, al hou hulle net daarvan om Josh Hutcerson in aksie te sien! Hier is 'n klomp Fun Facts oor die 3 sterre van die Hunger Games!


Jennifer Lawrence:

Sy is gebore op die 15de Augustus 1990 in Louisville, Kentucky! MI was verlief op haar fashion sense en sy is volgens ons die beste Katniss ooit! Hier is 5 “geraamtes” uit haar kas!

1. Sy het ook 'n oudisie gehad vir Bella Swan in die Twilight reeks, maar het dit nie gekry nie...ons almal weet egter wie het die rol gekry en ons hou ook baie van haar!

2. Sy het die rol van die jong Mystique vertolk in The X-Men:First Class.

3. Sy gaan met Nichoulas Hoult uit, haar co-star van die X-Men.

4. Hier is n paar ander bekendes wat ook uitprobeer het vir die rol van Katniss:
Emma Roberts
Abigail Breslin
Emily Browning
ens.

5. Sy is 47ste die 2012 lys van :Most Desirable Women! Dit is tussen Amanda Seyfried en Penelope Cruz!



Josh Hutcherson:

Hy is gebore op die 12de Oktober 1992, Union, Kentucky. Ons is mal oor alles van Josh Hutcherson, sy looks, sy talent, sy movies, daar is net te veel om op te noem! Hier is n paar unknown facts van Josh!

1. Voor hy n akteur geword het, het hy 'gedabble' in die rap besigheid!!!!! Maar hy se hy sal vir nou eerder by acting bly!

2. Hy is baie goeie vriende met sy mede-ster van Bridge to Terebithia, AnnaSophia Robb.

3. Hy se sy secret celebrity crush is Angelina Jolie en Jamie Lynn Spears!

4. Josh se as hy nie n akteur was nie sou hy n professionele voetbalspeler wou geword het!

5. Hy is mal oor superhero movies en sy 2 guntelinge is: The Dark Knight en Transformers!



Liam Hemsworth:

Hy is gebore op die 13 Januarie 1990 in Melbourne , Australie. Ons het baie van hom gehou as Will in The Last Song, maar hou die meeste van hom as Katniss se best vriend, Gale in die Hunger Games! Hier is sy Five Fun Facts!

1. Hy het ook probeer vir die rol van Thor, maar sy ouer broer Chris Hemsworth het dit toe gekry. Almost An Avenger!

2. Voordat hy begin act het, het hy vloere ingesit! So hy is baie handig in die huis, Miley!

3. Liam het vir sy agente gese dat as hy nie die rol van Gale kry nie  hy sy huis sou afbrand! Gelukkig het hy dit toe gekry ,anders was daar dalk iewers in die USA 'n ramp!

4. Die directors het gese dat hy gewig moes verloor vir sy rol as Gale. Hy het toe n streng oefenprogram gevolg en slegs 1 keer per dag geeet! ( Sorry Miley, geen fancy, gormet etes meer nie!)

5. Soos julle almal al weet is hy verloof en soon to be married aan die 19-jarige aktriese en sangeres:Miley Cyrus!



Dit was ons fun facts van die 3 Hunger Games supersterre! Hulle was aan die brand in hierdie blockbuster en ons kan nie wag vir Catching Fire nie!!! Whoopeeee!!!!
 
Tot wedersiens
MI

Sunday, July 1

Wildtuin Memoires- Dag 1

Wildtuin Memoires- Dag 1

Om vir 10 ure lank te ry na 'n beste,ming toe is vir niemand lekker nie. Al sien jy hoe uit na die vakansie is daar niks so erg soos die onglamouras, oninteressante, patetiese karrit wat daarn oplei nie. 
Natuurlik is 'n aaklige karrit nie al wat met mens moet gebeur voordat jy vakansie kan hou nie. O nee! Mens moet mos 2 uur die oggend opstaan sodat jy die aaklige karrit kan begin. En ook nie normaal opstaan nie. Opstaan met helder ligte in jou kamer terwyl dit nog pikgiet donker daarbuite is en jy sommer kan voel hoe jou bure vir jou lag in hulle slaap om dat hulle nog kan en jy nie. 
Na die fiasko van opstaan, regmaak, in die kar klim en dan sommer weer dadelik slaap is daar darem net 600km tussen jou en jou bestemming. Glad nie baie nie...

Hoe oorleef mens dan nou so 'n karrit met niks anders as 'n irriterende boetie as entertainment nie? So:
-Sorg dat jy musiek by jou het. Of julle nou radio luister, en of jy musiek op jou selfoon het musiek is 'n MOET om te oorleef. Onthou om backup musiek saam te vat! Jou gesin wil dalk nie altyd na dieselfde radio musiek as jy luister nie, of jou selfoon se battery gaan dalk dood, dan is 'n mp3 speler net wat jy nodig het! En moenie oorfone vergeet nie!
-Bring 'n boek saam, jy mag dalk nie soos MI wees nie en lees met 'n passie haat, maar glo ons, as eers niks het om te doen nie is 'n boek die beste oplossing tot jou verveeldheid!  Nie lus vir 'n boek nie? Bring 'n tydskrif saam. MI stel die Saltwater GIRL, Seventeen, TeenZone of MIZZ voor.  Onthou om nie in bergpasse te lees nie, die konstante afkyk kan jou dalk karsiek maak!
-Geocaching. 
Geocaching is MI se nuutste ontdekking. Mense van regoor die wereld steek op random plekke skatte weg. Dinge soos juwele, boeke, foto's ens., elke skat sluit 'n logbook en potlood in. Jou werk is om die koordinate van die skat op geocaching se website te kry en na die skat te soek met behulp van die aangehegde nota. Sodra jy die skat gekry het mag jy dit hou, dit omruil of net so los, jou keuse! Jy koet ook in die logbook aanteken wat jy gedoen het daarmee, sodat as mense dit na jou kry, hulle weet wat aangaan. Geocaching se website is geocaching.com.

Daar is nog tonne ander voorbeelde daarbuite oor hoe om jou karrit die moeite werd te maak. Speel speletjies saam met jou familie, skryf of slaap maar net die pad om, maar onthou, dit hoef nie so erg te wees nie!

Na die karrit het MI rooijakkelse, olifante, zebras, rooibokke, vlakvarke, duikers, steenbokke ennog vele meer gesien! Die doel? Die hele Groot 5!

Tot wedersiens!
MI