Friday, November 30

Just like a Bond Movie. . .


Wat begin het as net nog 'n dag van leer en eksamen,het verander in 'n dag wat nooit vergeet sal word nie! Hierdie is die “M” in MI en ek gaan vir jou vertel van 'n oproep wat my sommer weer opgewonde oor die lewe gemaak het! Die 20 November was vir my maar net nog dag gedurende die oneindigende eksamen. Ek het geleer, radio geluister en geeet!


Die Oproep.

 Die van ons lesers wat my ken, weet dat ek vir BAIE kompetisies inskryf en daardie dag was geen uitsondering nie. Ek het ingeskryf vir 'n kompetisie op 94.7 Highveld Stereo. Hulle het 'n James Bond week gehad waar jy op hulle website: www.highveld.co.za kon stem vir jou gunsteling Bond liedjie en dan kon jy 2 kaartjies wen na die Skyfall premiere in Rosebank. Ek het geleer vir Afrikaans,toe my foon skielik lui en toe ek antwoord, hoor ek dat ek die kaartjies gewen het en dat Alex Jay my die volgende dag sou bel en dan sal ek LIVE op die radio praat! Vir die van julle wat nie vir Alex Jay ken nie, hy is 'n LEGEND wat radio-aanbieders betref. Hy is Super Cool en sy show is net die beste. So luister na die Jay-show tussen 9:00 en 13:00 op 94.7. Ek was so opgewonde, ek net wou rondspring en skree!


'LIVE' op die radio.

Toe hoor ek dat Alex my 9:20 die volgende oggend gaan bel!! Dan skryf ons nog eksamen... Gelukkig is dit net 10 minute voor ons sou klaarmaak en dan is ek hopelik al klaar! Die volgende dag kon ek nie wag om vir al my vriendinne te vertel nie, en hulle was net so opgewonde soos ek! Gelukkig vir my het 'n oulike juffrou toesig gehou by ons lokaal daardie dag. Sy het gese dis doodreg dat ek die lokaal vroeer verlaat, solank ek net nie toets afjaag nie! Ek het begin skryf aan my Afrikaanse Taalleer toets en sommer blitsvinnig klaargemaak. Tien minute oor 9 is ek klaar en het ek my vraestel weer deurgegaan...Ek was reg vir aksie. Ek stap toe in spanning kantoor toe waar ons 2 adjunkhoofde opgewonde gewag het! Ek het gewag en toe lui my foon. Ek antwoord en hoor Alex Jay se vrolike stem wat my groet en se dat my liedjie: Goldeneye deur Tina Turner gewen het. Hy vra toe hoe dit gaan met die eksamens en hy se toe dat ek die 2 kaartjies gewen het EN 'n Sony Xperia Handset selfoon! Ek kon my geluk nie glo! Ek het vir al my vriendinne en onnies en my AWESOME tannie in NZ 'n shout-out gegee!! Dit was fanflippentasties!


D-Day!

Die premiere was 'n Black-Tie event so ek sou fancy moes aantrek. Aangesien my 'formal wardrobe' non-existent, het ek by een van my besties Annecha 'n mooi en elegante swart rokkie geleen! Die premiere was by The Zone in Rosebank en soos gewoonlik het dit gevoel of die tyd net nie wou verbygaan. Maar uiteindelik was my hare en make-up gedoen, ek was “dressed to kill” en ek het al my BAIE goedjies in 'n BAIE klein handsakkie gedruk! My pa, wat hom verbeel het hy's James Bond, wat saam met my die adventure sou beleef, het snazzy gelyk in sy tux en ons was uiteindelik in die kar oppad JHB toe! Die pad het te lank gevoel, maar na 'n uur en 15 minute se rit het ons gearriveer!


By die Premiere.

Ek het eers gedink ons sou so 'n bietjie over-the-top lyk ,maar toe ek al daardie vrouens in hulle designer rokke sien, het ek sommer tuis gevoel! Die Sterkinekor was baie mooi versier en daar was ongelooflik baie mense! Ons het almal FREE popcorn en Coke Zero in Limited Edition James Bond blikkies gekry. Albei die Bond Girls van die movie het ook die premiere bygewoon! Ek was 5 meter van 'n REGTE famous mens af...EPIC! Waiters het omgekom met skinkborde vol eetgoedjies en ek het sommer baie fancy gevoel!! Die movie was ook BAIE goed en ek moet se Daniel Craig is sonder twyfel die Hotste Bond nog! Big Fan!

Ek was baie hartseer toe alles tot 'n einde gekom het, maar soos 'n wyse mens eenkeer gese het: All Good things must come to an End! Ek is baie bly dat ek die adventure saam my Liefste pappa kon ervaar en dit was sonder twyfel een van die Beste ervarings ooit! 'n Aand wat ek NOOIT sal vergeet nie! My lewe is toe nie so vervelig soos wat ek gedink het nie, want hierdie aand Was Just Like a Scene out of a Bond Movie!

Tot wedersiens
MI 

I'm Bond, James Bond!


Bond is back and he's better than ever! Soos julle nou al reeds weet was ek gelukkig genoeg om een van die eerste mense in die land te wees wat die nuwe James Bond: Skyfall gesien het! Dit maak eers Vrydag amptelik vir die publiek oop. So vir al  die Bond Fans daar buite,  hier is 'n inside scoop en moenie worry nie, daar is GEEN spoilers nie! Sam Mendes is die director van die fliek wat beslis die fliek van die somervakansie gaan wees!


Die fliek!

Die fliek het 'n aksiebelaaide sowel as 'n tragiese begin. Bond, gespeel deur die bekende Daniel Craig, bevind hom op 'n afgelee eiland en niemand van MI6 weet waar hy is en of hy nog leef of nie. Maar toe 'n ramp die Secret Service se hoofkantore tref en M, gespeel deur Judy Dench se geheime van die verlede haar begin inhaal, kan Bond nie anders as om terug te keer nie. 'n Nuwe rekenaar genie, bekend as Q, maak ook sy verskyning met 'n baie fyn en skerp sin vir humor wat hom 'n baie interessante karakter maak. Hy ontwerp ook 'n awesome geweer wat net registreer op Bond se “palm print” d.w.s. al kry die skurk die geweer in die hande, kan hy niks daarmee doen nie!


Die Bad Guys!

Die skurke in hierdie fliek vat die term: bad, na 'n nuwe vlak toe! Die boosweeg Raoul Silva, gespeel deur Javier Bardem is 'n rekenaar genie en gebruik hierdie talent tot sy voordeel. Hy is altyd 'n stap voor James Bond en sy span. Net as hulle dink dat hulle hom uitoorle het, dan doen hy weer iets onverwags! Maar die geheim wat agter Raoul skuil was dat hy ook 'n secret agent soos 007 was, maar iets het leliks skeefgeloop en hy het 'n “agent gone bad” geword. En M is volgens hom die rede vir die verandering. Hy het gekom om wraak te neem en hy is van mening dat sy plan full-proof is! Is hy dalk reg? Is hierdie evil mastermind dalk die een wat die einde van Bond kan beteken? Gaan kyk gerus Skyfall wat die 30 November by Sterkinekor Cinemas landwyd sal wees!


Die Bond Girls!

Die fliek het sommer 2 Bond Girls en hulle is mooier as ooit! Eve, Bond se partner in crime gespeel deur Naomi Harris word aan die begin van die fliek gedruk om 'n moeilike besluit te maak wat, as sy 1 voet verkeerd sit, Bond se dood kan veroorsaak! Sy help Bond uit die moeilikheid as hy haar nodig het en sy laat action, skiet en fight sommer aantreklik lyk! Sévérine gespeel deur die Franse aktriese Bérénise Marlohe word mishandel en is onwillig onder die mag van Raoul. Bond sien haar raak tydens 'n missie waar hy 'n sluipmoord moet verhoed en hulle ontmoet toe weer by 'n casino later in die fliek waar sy vir hom haar storie vertel. Dan vra sy die vraag: Mr Bond, what do you know about fear? En Bond antwoord: Everything there is. Hy moet haar help om te ontsnap van die bose Raoul en sommer vinnig raak hy verlief op die weerlose, beeldskone dame... Tipies Bond!


Die Plot:

Noudat jy al die karakters ken, hier is hoe hulle almal bymekaar pas. Die MI6 hoofkantore word gebomdardeer deur 'n onbekende en geniale skurk en Bond moet keer dat daar enige skade verder aan die secret service berokken word en boonop wil die regering nog MI6 sluit! Maar dan beland Bond in die kloue van die bose Raoul Silva ,'n gewese agent van MI6 en al vang hy toe die skelm, glip hy weer soos 'n vis uit hulle hande en toe is dit moeilik om hom weer te vang. Bond besluit toe, die enigste manier om die boosweeg uit te oorle is om na 'n plek te gaan waar hy die “upperhand” het: sy familieplaas, Skyfall. Bond en M se verhouding is ook baie sterk in hierdie fliek en M se karakter is baie kragtig. Judi Dench kan ook vir 'n Oscar benoem word vir haar briljante vertolking van M. Maar gaan Bond sy vlymskerp skills kan gebruik om Raoul te oorwin of  is hierdie een net te ingewikkeld,selfs vir 007 homself?


Adele sing ook die theme song vir Skyfall nl. Skyfall en dit sal beslis 'n Bond legend wees! Die Bond karakter is 50 jaar oud hierdie jaar en hierdie is die 23ste Bond movie! Almal wat betrokke was by hierdie rolprent het beslis 'n job well done gedoen, want ek was gaande daaroor! Skyfall kry sonder twyfel 'n 10/10 by MI, so doen jouself 'n guns en gaan geniet die briljante Daniel Craig en al die ander akteurs in die fliek van die somer!

Tot wedersiens
MI

Friday, November 23

MI se Top 10 Hotste Ouens!

Ons almal is maar net mense en wie kan dan nou help om 'n uitgelate suggie te gee as iemand totally gorgeous verby ons loop? Ons weet, ons kan ook nie. Ongelukkig is daar 'n HELE paar super hot mense daarbuite wat ons harte sommer 2 keer vinniger laat klop!
 
MI bied met trots aan: Die Top 10 Super Hotste Mense wat ons Harte laat Tjoklits Klop!
 
 
10: Leonardo DiCaprio
Kom ons begin met 'n vraag: Hoekom het hierdie hunk nog nooit 'n Oscar gewen nie!? Met The Man in The Iron Mask, Titanic en nog vele ander rolle het hierdie misterieuse, blou-oog looker 'n plekkie in MI se harte gesteel.
 
Ek bedoel... Kyk net na hom! Daai hare wat so perfek val, daardie intense kyk, daai gesig... Konsentreer MI, konsentreer, jy's besig met 'n artikel hier!
 
9: Jason Kennedy
 
Kan ons net sê AAAA! Hierdie hot mens is 'n presenter op
E! News. Alhoewel Ryan Seacrest ook darem nie te sleg vir die oog is nie, het Jason hom al eeue (*hoes hoes*) terug verbygevat.
 
Om eerlik te wees is Jason eintlik die enigste rede dat MI E! News kyk, ek meen, wie sou nou nie wil hoor van jou gunsteling sterre by iemand van hierdie kaliber nie?! Ons moet bieg, ons is totaal en al jaloers op Gulianna Rancic en Cat Sadler wat saam met hom werk!
 
8: Josh Hutcherson
 
Josh Hutcherson is vir die meeste van ons bekend as Peeta van The Hunger Games. Alhoewel dit hierdie rol was wat hom bekend gemaak het, het hy alreeds in 'n hele paar ander flieks gespeel waar hy naam gemaak het, soos byvoorbeeld Zathura (saam met Kristen Stewart), Journey to the Center of the Earth en Journey 2.
 
MI dink hierdie ou se kakebeen is wat om die ekstra edge gee. As julle nog nie na The Hunger Games gekyk het nie, doen dit gerus om te verstaan hoekom MI gagga is oor Josh.
 
Ons kan nie wag vir sy volgende fliek om uit te kom nie!
 
7: Andrew Garfield
 
Voordat ons begin wil ek net een ding sê: British Accent! Asof dit nie genoeg is om Andrew Garfield ons No. 7 te maak nie het 'n boonop nog 'n sin vir humor, fantastiese hare, smeulende bruin oë en... wag vir dit... Hy was Spiderman. Ons almal weet wat dit beteken... Andrew Garfield in 'n skin tight Spiderman suit!
 
Buiten om Spiderman te speel het Andrew al in verskeie ander flieks, soos The Social Network gespeel. Ongelukkig almal met Amerikaanse aksente. MI kan nie wag vir 'n fliek waar hy in sy Britse aksent praat nie!
 
6: Liam Hemsworth
 


Miley Cyrus het beslis nie slegte smaak as dit kom by haar verloofde nie (want soos ons almal weet is sy en Liam verloof!). Liam Hemsworth het saam met ons no. 8 (Josh Hutcherson) in The Hunger Games gespeel, maar anders as Josh is dit nie die fliek waar hy naam gemaak het nie. Liam het eerste ons oog gevang toe hy saam met Miley in The Last Song speel. Het ons genoem dat hy 'n Australiese aksent het? Beslis nog 'n rede hoekom hy ons nommer 6 is... en die feit dat daardie oë, hare, glimlag en gesig genoeg is om enige meisie se hart te breek. Knap gedaan Miley, jy weet van smaak!
5: Louis Tomlison
 
Louis is deel van MI se all time gunsteling band, One Direction. Directioners regoor die wêreld het verlief geraak op Louis se skerp sin vir humor, potblou oë, glisnterende glimlag en all round hotness! Kyk gerus 'n paar One Direction YouTube videos waarin Louis is en jy sal dadelik verstaan hoekom Louis ons No. 5 is. Ongelukkig is hy in 'n vaste verhouding, maar daar's mos niks mee fout om so ietwat te droom nie, of hoe? Hopelik kom One Direction binnekort Suid-Afrika toe, sodat ons hulle in hulle hotel kamers kan gaan stalk...
4: Harry Styles
  AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
 


'Nuff said.
 
3: Wesley Stromberg
 
Hieride talentvolle ou van Hunnington Beach California is tans 'n deelnemer aan die X Factor USA en deel van die groep Emblem 3. Nadat hulle 'n standing ovation gekry het met hulle heel eerste oudisie is hulle deur na Boot Camp waar hulle deurgedruk het na die volgende rondte: Judges' Homes. Emblem 3 het met groot vreugde uitgevind dat hulle mentor Simon Cowell sal wees!
Met groot vreugde het MI uitgevind dat hulle deurgedring het na die Live Shows! Hopelik stem Amerika tot in die einde vir hulle, want die X Factor sal net nie meer dieselfde wees sonder Wesley en die res van Emblem 3 wat die skerm oplig nie!
 
2: Taylor Lautner
 
Gillende fans en stunning looks is wat Taylor Lautner pretty much opsom.
 
Hy werk al van kleins af in die fliek-bedryf met flieks soos Shark Boy and Lava Girl en Cheaper by the Dozen 1 en 2 wat hom 'n hupstoot in sy loopbaan gegee het. Deesdae verkies hy meer groot-budget flieks soos die wêreld bekende Twilight Saga reeks. Hy was in al die flieks wat Twilight, New Moon, Eclipse en Breaking Dawn Part 1 and 2 insluit. Buiten vir dit was hy ook al in die fliek Abduction waarin hy die hoofrol speel. Taylor Lautner se abs, se smile, se oë en se gesig is genoeg om hom ons No. 2 te maak. Beslis drool-worthy!
En ons Nommer 1 is...
Leo Jason Taylor Josh Liam Harry Stromberg Garfield Tomlison!
 
Met soveel talent in die wêreld was dit moeilik om net een mens te kies, dus het ons die ulimate ou opgestel:
 
Taylor Lautner se lyf
Leonardo DiCaprio se persoonlikheid
Jason Kennedy se hare
Josh Hutcherson se kakebeen
Andrew Garfield se aksent
Liam Hemsworth se oë
Louis Tomlison se sin vir humor
Harry Styles se glimlag
Wesley Stromberg se dimpels
 
Daar het julle dit! Die perfekte ou volgens MI!
 
KYK UIT VIR 'N ARTIKEL OOR DIE JAMES BOND SKYFALL PREMIERE WAT EEN VAN MI SE LEDE EKSKLUSIEF BYGEWOON HET IN ROSEBANK. STERRE WAT O.A. OP DIE RED CARPET WAS SLUIT IN DIE BOND GIRL, BERENICE MARLOHE, WAT IN DIE ACTUAL FLIEK WAS!
-STAY TUNED-
 
Tot wedersiens!
MI
 


Friday, November 16

Die Beste van Reality TV!!

Vir die van julle wat nie weet nie, MI is heeltemal verslaaf aan Reality TV!!! Dit is die beste ding since chocolate sculptures!! En om vir julle te wys hoekom ons so mal is daaroor het ons,ons Top 3 reality shows gekies! Die M in MI het haar favorite show gekies, sowel as die I en dan het ons gesamentlik een gekies!! En die wenners is...




“I” se keuse: America's Next Top Model.

Die show het sy debut gemaak op die 20ste Mei 2003. Die host, sowel as hoof beoordeelaar is Tyra Banks en sy run die show saam met beoordelaars, Andre Leon Talley (Vogue editor) en Nigel Barker (Fashion Photographer). Elke week doen die deelnemers 'n “photo-shoot” en elke week is daar 'n ander tema by 'n ander bestemming. Daar is ook elke week 'n nuwe gas beoordelaar wat help met die moeilike besluit om te besluit watter deelnemer daardie week huis toe gaan. Aan die einde van die shoot kies Tyra een foto van elke deelnemer, wat sy dink die mooiste is en hulle word dan daarvolgens beoordeel. Hier is van die wenners: Maart 2010- Krista White, September 2008- McKey Sullivan en Februarie 2012- Sophie Sumner. Hierdie is 'n show wat jou elke week op die punt van jou stoel laat sit, elke week nuwe verrassings en skokke ontbloot en jou nooit sal verveel nie. Dit is...America's Next Top Model!!



“M” se keuse: The Ellen DeGeneres Show.

Die eerste episode van die fantastiese talk show was op die 8ste September 2003 met die skreeusnaakse Ellen DeGeneres as host! Die reeks vier vanjaar al sy 10de seisoen. Elke episode het Ellen 'n nuwe celebrity gas en hulle doen die snaakste dinge, praat oor die vreemdste onderwerpe en vermaak net die kykers soos geen ander program ooit kan nie. Gaste is onder andere: Justin Bieber. Heidi Klum, Robert Patterson, Taylor Swift, Rihanna en nog vele meer! Daar is ook 'n deel van die show nl. Tea Time with Sofia Grace and Rosie wat handel oor 2 klein Britse meisies wat onderhoude voer met supersterre terwyl hulle tee en koekies geniet. Hulle is ontdek nadat Sofia Grace se ma 'n video op Youtube gesit het van haar wat Superbass van Nicky Minaj sing en hulle was net te oulik vir woorde. Ellen is ook bekend daarvoor dat sy mense in nood help en vir hulle die dinge gee wat hulle benodig of dit nou geld, 'n nuwe kar of net die geleentheid om 'n familefoto te neem is! Dit is'n baie vermaaklike show,so maak jou  maar reg om te lag totdat jou maag pyn en jou te verwonder aan alles wat gebeur, want NIKS is ontmoontlik op die Ellen Show nie!!!



MI se keuse: The X-Factor USA.

Hierdie show wen los hande die eerste plek op ons Top 3!! Die debut van X Factor USA was op de 11de September 2011. Dis 'n musiek kompetisie maar anders as Idols kan groepe ook deelneem en daar is verskillende kategorieë waarin die deelnemers geplaas word. Hierdie jaar se kategoriee is: Groups, Teens, Young Adults en die Over 25's. Die beoordelaars is Simon Cowell, L.A. Reid, Demi Lovato en Britney Spears en elke beoordelaar mentor 'n ander katagorie. Die wenner van die kompetisie ontvang 'n recording contract en $5 miljoen!! Verlede jaar se wenner was Melanie Amaro met Simon Cowell as haar mentor. Na die uitdunne neem almal aan die Bootcamp deel waar 32 mense gekies word om na die judge's homes toe te gaan- 8 in elke kategorie. Van daar af word 4 in elke katagorie gekies om aan die Live Shows deel te neem en dan stem Amerika en elke week val 1 deelnemer uit. Tydens Bootcamp gebeur dit ook soms dat die beoordeelaars 'n paar individuele sangers wat uitgeval het bymekaar sit in 'n groep om aan die Groups kategorie deel te neem. Dit is hoe One Direction ook ontstaan het, deur die “brilliant mind of Simon Cowell”!!! Hierdie is die beste program in die hele wereld en ons sal dit vir enige iemand aanbeveel!! Van die deelnemers vanjaar is: Cece Frey in die Young Adults katagorie, Emblem 3 in die Groups, Diamond White by die Teens, Tate Stevens by die Over 25's en nog vele meer!!! So doen jouself 'n guns en kyk X Factor op 'n Saterdag en Sondag op Mnet Kanaal 101!!



So daar het julle dit! Die beste reality shows volgens ons. Ander programme waarvan ons hou sluit in: Survivor, Enews, Suits, Hawaii Five-O, Body of Proof en vele meer. Laat weet ons wat jou gunsteling is en jy kan 'n shout-out op MIWatch kry!!


Tot Wedersiens
MI