Tuesday, May 1

Vrienskap: The art of life!

Daar is vir my niks mooier as twee beste vriende wat als saam doen, mekaar met hulle lewens vertrou en net hulself  bymekaar kan wees nie! Vriende is mekaar se boustene en ek kan my nie 'n lewe indink sonder my vriendinne nie! Maar die waarheid is ook: alle vriende/vriendinne baklei! Wanneer julle in so 'n catfight is, ervaar jy soms emosies wat jou dinge kan laat doen waaroor jy later spyt gaan wees! Maar MI het raad: Hou eerder hierdie dinge vir jouself, want vriendskappe is belangrik, baie belangrik en hier is hoekom:

Vriende verstaan jou soos ouers nie kan nie!
Kan jy dink hoe erg dit vir jou sou gewees het as jy al jou 911 emergencies self moes hanteer! As jy alleen die puisie-stop moes handle of as jy daai eerste crush op die skool se rugbyheld stoksielalleen moes deur wandel! Volgens my sou dit 'n RAMP gewees het,erger as 9/11! Vriende dra jou deur moeilike tye, ervaar dieselfde weird en mixed-up emosies as jy en kan saam jou lekker mal goed doen! Imagine om 'n sleep-over saam jou ma te he en met haar te praat oor die hoofseun se mooi bene! Eish!

Vriende help jou wanneer jy vasbrand. 
Alhoewel ouers jou ook sal help wanneer die lewe 'n rots na jou toe gooi, is daar maar net sekere dinge waarin jou buddies beter is. Wanneer jy bv. vergeet het om jou huiswerk te doen sal 'n goeie ouer se: " Nee my kind, maar ek is jammer hierdie is jou eie gemors!" 'n Pel sal weer se: "Kom vriendin, skryf gou af, ons het die vak darem eers na pouse!" Wat sou jy gedoen het sonder daardie staatmaker vriendin wat vir jou die huiswerk en leerwerk gee wat jy nie gehoor het nie, want jy was te besig om te dagdroom!

Mense kan nou maar se wat hulle wil, maar 'n goeie en betroubare vriend is een van die belangrikste faktore tot 'n suksesvolle toekoms! Ek weet nie waar in die lewe sou ek gewees het as die nie vir my besties was nie! Hulle kleur my dag in en maak van my vaal ou lewe 'n meesterstuk!
Tot wedersiens
MI

1 comment:

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.