Wednesday, May 16

Vat 'n Breather

Netbal, Hokkie, Musiek, Drama, Dans, Rugby, Debat, Redenaars, Atletiek, Krieket, Tennis, Muurbal, Skaak, Gholf, Landloop, Cheerleading... Die lys van dinge waaraan jongmense hulle tyd vandag bestee is eindeloos.
Elke dag kom tieners eers laat in die aande by die huis, waarna huiswerk en leerwerk eers begin moet word. Hoe lank spandeer die gemiddelde kind dan nou eintlik aan buitemuurs en skoolwerk? MI het navorsing gedoen:

5 ure skool
+ 3 ure sport
+2 ure kultuur
=10 URE!

MI weet dat hierdie syfers nie dieselfde is vir almal nie, maar dit is tog min of meer. 10 URE? 10 URE van werk en moegword elke dag? Buitestanders sou seker al teen nou al gese het... "Stop die lorrie! Los net 'n paar van die dinge op die lys!"
MI het nuus vir hierdie mense. Hoe meer jy doen hoe meer kry jy gedoen. Hoe meer dinge jy doen hoe groter is jou dryf om beter te doen en ten einde laaste bo uit te kom. Maar hoe dan gemaak met al die stres wat met hierdie besige lewe gepaard gaan?

KOM OOR DIT

As dit rerig so erg was sou jy al lankal opgehou het met hierdie dinge of 'n nervous breakdown gehad het. Chill dude, hou net aan werk en as jy sien jy kan nie meer nie... MAAK DIE WERK MINDER!


Wat MI eintlik probeer om te se is: Ons weet die wereld is besig, dis nodig, maar vat 'n breather nou en dan.

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.