Friday, May 18

Redes hoekom dit ROCK om Single te wees!

Ware liefde
Kom ons wees eerlik met onself. Ouens kom en gaan (behalwe as jy nou met die man gaan trou...), maar familie en vriende sal altyd spesiale plekke in ons harte hê. In plaas daarvan om te sit en stres oor hoekom dit so aaklig is om nie 'n ou te hê nie, spandeer eerder tyd met mense wat rerig saak maak.

Me Time
Daar is niks so lekker as om net te chill en niks te doen nie. Vat 'n bietjie tyd af van jou besige skedule en spandeer tyd aan jouself, kyk TV, skryf 'n boek of wen 'n goue medalje eerder as om heeltyd te worry oor wat jou beter helfte sal doen.
Show af!
Noudat jy nie iemand het wat jou terughou nie is dit die perfekte geleentheid om vry te wees! Jy hoef nie te worry oor wat jou spesiale iemand sal dink nie... Want daar is nie een nie! Wees avontuurlustig en mal want daar's mos niemand om te impress nie!

 Geen teleurstelling nie
 Hy't julle anniversary vergeet, of vergeet dis jou verjaarsdag, of dat dit Valentynsdag is. Die punt is, hy't vergeet. As jy nie 'n ou het nie is daar mos nie kans dat jy kan vergeet nie en dus, geen teleurstelling!

 Ka-Ching!!
Geld! Ons Alma's hou van geld! Geld om goed te koop, geld om te spaar, geld om te blaas of om sommer net af te show! Daar's niemand wie jy nou gelukkig moet hou met presente nie, so blaas 'n bietjie geld op jouself:Koop daai toppie, gaan flies 'n bietjie of neem 'n DVD uit, die opsies is eindeloos!

Embarrassment proof
 Mense is altys so pretensieus voor hulle ou of meisie op skool. Daar's altyd een of ander dieper betekenis agter al's en al die tyd het hy maar net bedoel hy is actually moeg toe hy se hy's moeg, nie dat die verhouding boring rack en jy ginning 'n plan moet maak anders gaan die wereld eindig nie. Wees eerder single en spaar jouself al hierdie dieper filosofiese aantuigings.
Surprise!
 As jy single is weet jy nooit wat kan dalk gebeur nie. Jy begin dalk hou van daai ou in jou rek klas en dalk, net dalk hou hy ook van jou!

 Enigiets kan gebeur as jy single is!
Daar's miljoene visse in die see! Single wees beteken een ding: Crushes op celebs! Taylor Lautner, Zac Efron, Josh Hutcherson... Sug! Jy kan beswaarlik nie met jou ou oor al hierdie crushes praat nie!

 Hopelik het hierdie redes jou oortuig dat dit toe nie so bad is om single te wees nie!

Tot wedersiens!
 MI

1 comment:

  1. Omw.............* Jul 2Qs ht al ME prob,s no nt opilos?/() Nu vul ME soma beta o ME self

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.