Sunday, May 13

Movie Review: The Avengers!


Iron Man, Captain America, Hulk, Thor. Klink hierdie name dalk bekend? Natuurlik, dis die name van al ons gunsteling  Superhelde! En in hierdie fliek span hulle almal kragte saam om een nare skurk te oorwin! MI gee ‘n inside scoop oor die beste Super Hero movie ooit!

‘n Toestel wat energie van space bevat is gesteel deur ‘n nuwe skurk: Loki, die broer van Thor en hy beplan om die wereld oor te neem en almal te “verlos van hulle  vryheid”! Die Avengers word almal geroep om die 
bose Loki te verslaan en die toestel terug te kry voordat dit te laat is, maar dit gaan maar swaar aan die begin! Captain America  (Chris Evans) en Iron Man (Robert Downey Jnr) sit glad nie langs dieselfde vuurtjie nie en Hulk ( Mark Ruffalo)  wat geleer het om homself te beheer, verloor weer alle beheer toe hy die ander Avengers ontmoet! Hulle is so besig om teen mekaar te veg dat  hulle  Loki kans gee om groot amok op aarde te maak. Gelukkig is The Black Widow (Scarlett Johansson) daar om hulle almal weer in lyn te kry voor dinge handuitruk! Toe  die Avengers uiteindelik  al hulle probleme uitgesorteer het, het Loki ‘n ‘portal’ vanaf space na aarde toe oopgemaak en sy army van aliens is besig om die wereld soos ons dit ken te vernietig!

Kan die Avengers dit regkry om as ‘n span saam te werk en die aarde re red voordat dit te laat is of gaan hulle groot ego's in hulle pad staan? Vind self uit! The Avengers wys landwyd by jou naaste Sterkinekor!

The Avengers kry beslis ‘n 10/10 by MI! Alhoewel die skelms bietjie vreesaanjaend, monsteragtig is, is dit ‘n awesome, aksie-belaaide fliek wat jou nooit sal verveel nie! Die akteurs en aktrises is almal fantasties (maar my persoonlike gunsteling is definitief Robert Downey Jnr!;). Daar is film is vol romanse, naelbyt oomblikke en skreeusnaakse humor! The Avengers is ‘n MOET sien, so moet dit nie misloop nie!

Tot wedersiens
Mi
P.S. Nog ‘n movie-review oor The Hunger Games coming soon!

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.