Thursday, May 3

Mnr. en Mej. Valia Onderhoude!



Die Meneer en Mejuffrou Valia wenners is almal wonderlike mense met borrelende persoonlikhede. Hulle was baie vriendelik met die MI Watch joernaliste wat die onderhoude behartig het en ons kan duidelik sien hoekom dit nou juis hulle is wat die titel verower het. Ons was gelukkig om hulle 'n paar vra te vra:

MI Watch: As jy dier kon wees, wat sou jy wees en hoekom?
Junior Mej. Valia: 'n Jagluiperd, hulle is vinnig met goeie tydsberekening.
Mej. Valia: 'n Pienk flamink. Hulle is baie mooi en rustig.
Mnr. Valia: 'n Leeu, dis 'n dier wat baie trots is.

MI: Het jy nuwe mense leer ken deur middel van hierdie ervaring en dink jy julle sal nog lank pelle bly?
JMejV: Ja, ek het baie nuwe vriende gemaak.
MejV: Ja. Ek het vriende gemaak met mense wat ek nie eers gedink het ek sal mee praat nie.
MnrV: Ek het al die Graad 8'ies leer ken (met 'n slinkse glimlag...)

MI: Hoe sal jy die oefensessies beskryf?
JMejV: Mal lekker!
MejV: Interessant en exciting, dit was crazy fun!
MnrV: Dit was lank, maar tog fun. Dit was partykeer boring maar daar was altyd mooi girls...

MI: As jy nie gewen het nie, wie sal jy in jou plek wou laat wen?
JMejV: Ek dink almal verdien dit, almal was baie mooi!
MejV: Monique Rostoll. Sy's 'n baie mooi, vriendelike mens van binne en buite.
MnrV: Aldo Grobbelaar. Hy's plat op die Aarde en 'n cool ou.

MI: Hoe voel dit om die wenner van hierdie titel te wees?
JMejV: Dit voel baie lekker en dis 'n baie groot eer
MejV: Dit oortref my grootste verwagtinge!
MnrV: Ek voel geeerd, maar my lewe is nogsteeds dieselfde.

MI: Watter emosies het jy ervaar toe hulle jou naam gelees word?
JMejV: Verbaas! Ek het geen verwagtinge gehad om te wen nie.
MejV: Ek het so twee of drie trane gestort, maar toe realitiet my tref was ek baie opgewonde!
MnrV: Verlig, want ek het baie gestres.

MI: Beskryf die reis wat opgelei het tot die groot aand.
JMejV: Die oefeninge was baie fun en ek sal die reis enige tyd weer herhaal/
MejV: Exciting! Om die dans se klere aan te pas was lekker en die vintage tema was baie interessant. Die formeel was die lekkerste, ek het soos 'n prinsessie gevoel!
MnrV: Die klere koop was stresvol en die oefeninge was baie besig. Darem was die laaste twee oefeninge BAIE lekker (wink, wink)

MI: As jy enigiets kon verander van die ervaring, wat sou dit wees?
JMejV: Niks! Dit was perfek!
MejV: Ek sou warmer klere inpak, maar niks verder nie.
MnrV: Ek sou minder gebewe en gestres het. Ek sou ook beter geluister het na aankondigings.

MI: Watter raad sal julle vir ander gee wat in julle voetspore wil volg?
JMejV: Geniet dit net, dis baie fun en 'n great belewenis.
MejV: He vertroue in jouself
MnrV: Don't impress the crowd, impress the judges.

Dit was voorwaar 'n voorreg vir ons hier by MI om met die wonderlike mense te gesels. Hulle verdien dit werklikwaar om Transvalia te verteenwoordig as Mnr. Valia, Mej. Valia en Junior Mej. Valia.
Transvalia is trots op julle!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.