Monday, May 7

Klere vir JOU lyftipe!

Dames is wonderlike wesens. Ons intelligensie strek ver bo die gemiddelde man s'n, ons kan multi-task, ons het vroulike instink en ons lywe is so divers soos verskillende soorte kase! Ongelukkig kan die laas genoemde eienskap ietwat van 'n probleem oplewer as dit by klere koop kom. Hoe moet ons dan nou weet wat by ons liggaamsbou pas? MI het al die antwoorde!




APPEL-VORMIG
Appel vormig meisies het gewoonlik bree skouers, smal heupe en is bietjie groter as die photoshop modelle wat ons op die voorblaaie van tydskrifte sien.
Die perfekte tipe klere vir hierdie soort liggaamsbou sluit lospassende klere met besige patrone op in. Bootleg jeans sal jou figuur uitbalanseer terwyl 'n cute hak of wedge skoen jou bene sal afshow. Wrap rokke is jou nuwe beste vriendin! Dit komplimenteer jou figuur ongelooflik baie! Probeer om weg te bly van groot bulky baadjies, dit gooi net jou hele figuur omver. Hempde met knope wat te styf sit is 'n no-no, dan praat ons nie eers van klere wat nie ordentelik pas nie- dit sal jou net groter laat lyk!


UURGLAS
Mense met uurglas figure het die tipiese vroulike eienskappe. Dun middele met groter heupe en skouers (nes Kim Kardashian!)
Vir hierdie tipe figuur stel MI klere voor wat jou kurwes sal afshow! Wye belde om jou middel kleiner te laat voorkom en cropped baadjies om dit te weerspieel. Vermy hempde met patrone op, dit laat jou skouers en heupe uit proporsie lyk. Bly ook weg van dun materiaal in jou klere, bly by katoen of wollerige materiaal.


PEER
Hierdie tipe liggamsbou sluit groter heupe en bobene in. Jou skouers is gewoonlik baie klein. Reguit stewels wat hoog is vly jou kuite terwyl belde jou oog na die middel trek. Toppies met uitspattige krae, strikke of wye moue balanseer jou liggaam mooi uit. Pencil skirts is jou grootste vyand asook materiaal wat gewig by jou figuur sit. Skinny jeans is ook meermale 'n reuse sonde by peer-vormige dames.





PETITE
Petite beteken klein en fyn, net soos al die sagte klein meisies daarbuite. Petitie meisies is klein gebou en lyk amper breekbaar!
Noupassende klere wat jou lyf afshow is 'n moet. Broeke of jeans wat hoog sit skep die illusie dat jy langer is as wat jy eintlik is. Eenvoudige en elegante style pas perfek by jou! Vermy oorverdowende patrone asook toppies wat te los sit. Rokke wat te lank is laat jou eerder heeltemal korter as langer lyk.




LANK
Lang meisies het die tipiese model-look aa hulle met lang arms en bene. Oulike rokkies skep die illusie van kurwes, asook horisontale strepe wat jou lang porporsies uitbalanseer. Kleurvolle broeke of rompies brag met jou lang maer bene, so maak seker jy het sommer baie daarvan in jou klerekas. Te-kort rompies of rokkies is 'n definitiewe nee, dra hulle eerder as 'n toppie met tights of skinny jeans daarby. V-nek toppies veroorsaak ook dat jou lyf onnatuurlik lank voorkom. Rokkies wat te los aan jou sit is ook 'n no-no, jy het die lyf, gebruik dit!





1-FIGUUR
As jy 'n 1-figuur het het jy 'n lyf wat lyk soos die nommer 1. Baie min kurwes en baie maer. Klere in enige vorm pas jou gewoonlik, veral kant wat baie bydrae om jou kurwes te gee. Rompies wat uitklok dra ook by tot 'n voller figuur. Vermy enigiets wat te jonk voorkom, gaan eerder vir die tomboy trend wat baie hot is op die oomblik en sit 'n paar girly juwele by. Baadjies wat grof en groot is werk definitief nie vir jou nie en MI stel voor jy bly ver weg daarvan af!






Hopelik het hierdie artikel jou gehelp om die perfekte klerekas te kies vir die opkomende siesoen! Onthou, ons almal is uniek en as jy soek sal jy kry. Moet nooit moed opgee om die perfekte klere vir jou te kry nie, dan is MI seker jy sal wonderlike resultate aan die einde kry!

Tot wedersiens!
mI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.