Sunday, May 27

Die week se nuus!

Hierdie is offisieel die weeklikse nuus afdeling wat elke Sondag geplaas gaan word. Dit is 'n opsomming van wat alles die week gebeur het, met skole en die celebs daarbuite.

Hierdie week by Valia:



1) Vrydag het groot opgewondenheid geheers. Valia leerders mag gewone klere aangetrek het, maar moenie dink dit stop daar nie. Na kort periodes van +- 23 minute elk het die pret eers begin. Leerders het gebraai, om gees op te bou vir die Classic Clash wat op Saterdag plaasgevind het.
2) Voordat daar gebraai is, is daar egter groot nuus an leerders bekend gemaak. Captain Valia! MI is nie seker of ons op hierdie stadium meer inligting mag deurgee nie, maar glo ons, more to come...
3) Die Classic Clash teen HTS Vereeniging (Die Geel Bulle) het Saterdag plaasgevind. Volgens MI se bronne het al die rugbyspanne gewen! Geluk Valia! (As enigiemand hokkie/netbal/1ste span tellings comment, dit sal waardeer word!)
4) Twee van Valia se debatspanne (albei Juniors) het hierdie week aan die ATKV halfeindrondte deelgeneem. Die Gr.8 span (Anne, Janke, Nicola) het hulle debat gewen teen Affies seuns, terwyl die Gr.9 span (Mieke, Ingrid en Jean-Mari) ongelukkig hulle debat verloor het. Ongelukkig het nie een van die spanne deurgedring na die Finaal nie. Maar moenie vrees nie! "Volgende jaar!", soos deur een van die Gr.9 spanlede terugvoering gegee is.
5) Liga wedstryde het plaasgevind vir verskillende sportsoorte. Die netbal het baie goed gedoen (Go 0/15 C: 40-1!) en MI sal inligting byvoeg soos ons dit verkry.
6) Die Cheerleaders was aan die brande tydens hulle optredes en GEES is definitief wat hulle uitgestraal het!

Hierdie week by Hoekies:



1) Een van Driehoek se debatspanne (Retha, Zellie, Andrew... Jaques het julle tot daar gekry maar het onlangs van skole verskuif) het ook aan die ATKV Halfeindrondte deelgeneem. Hulle praat teen Affies Meisies en verloor ook ongelukkig hulle debat. Dit bly nogsteeds 'n groot prestasie om tot hier te kom!

Aangesien die MI skrywers nie in Driehoek is nie is dit vir ons baie moeilik om inligting van hulle kant van die wêreld af weer te gee. Laat weet ons asseblief as julle nog enige ander Driehoek (of Valia) nuus het wat julle wil hê ons moet post!

Hierdie week in Hollywood:



1) Katy Perry gaan haar eerste dokumentêre fliek uitbring, "Part of Me", wat haar lewe gaan uitbeeld. MI is baie opgewonde om dit sien, omdat ons dink dat interessant kan wees.
2) Britney Spears en Demi Lovato het hierdie week hul eerste opnames gemaak as X Factor beoordelaars. Ten spyte van wat julle dalk kan vermoed het dit seepglad verloop en Britney (sowel as Demi, Simon en LA Reid) het hulle soos engeltjies gedra. (Behalwe natuurlik vir opmerkings teenoor deelnemers (*hoes* Simon Cowell *hoes*
3) Beyonce het haar eerste optrede gedoen na die geboorte van haar dogter Blue Ivy. Sy het opgetree by die Revel Resort and Casino wat in die Atlantic City geleë is. MI dink sy het besonder goed gelyk vir 'n nuwe ma! Googl dit as jy ons nie glo nie...

(Inligting van Jip en E! Online)

Laat weet asb. as jy wil hê ons moet enige ander nuus byvoeg

Hierdie was MI Watch se weeklikse nuus

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.