Sunday, May 13

Blackberries: Hoekom die bohaai?

Ons almal weet wat 'n Blackberry is. 'n Blackberry is maar net een van die vele tegnologies gevorderde uitvindings wat ons lewens vergemaklik elke dag. Daar is Blackberries, iPads, iPods, TV's, Apple Apps en ek weet nie wat nog nie!
Ek dink dis veilig om te sê dat die meerderheid van Hoërskool Transvalia sowel as Hoërskool Driehoek se leerders 'n Blackberry besit (sowel as die meerderheid van die onderwysers en mense in die leerders se gesinne...) Maaar hoekom dan 'n Blackberry? Hoekom nie 'n Android foon, of 'n nuwe Nokia of Samsung foon nie? Wat maak die Blackberry so besonders dat mens skoon uitgeskakel voel as jy nie een besit nie (Glo my, MI ken die gevoel...)? In my opinie is 'n Blackberry soos goeie fashion sense. Of jy het dit en jy pas in, of jy het dit nie, maar pas tog nog ietwat in. Dit definieer jou nie maar dit maak jou lewe definitief beter.

Om tot die oorsaak van die Blackberry-manie te kom, het MI voordele en nadele van 'n Blackberry gaan uitgrawe:



Voordele
1. BBM. Eers was dit sms, toe Mxit, toe FB messages en toe WhatsApp en... BBM. Beter bekend as Baie Beter Mxit. Behalwe vir die feit dat dit verniet is, laat BBM ons toe om in kontak te bly met ons pêlle, maak nie saak waar ons is nie. Dit laat ons toe om foto's en statusse te deel in 'n baie veiliger omgewing as ander chat apps, aangesien jy iemand se pin nodig het om hulle te invite (behalwe as jy nou dom genoeg is om iemand te invite/accept wat jy nie ken nie).
2. Free internet. Internet wat verniet is is 'n baie groot Blackberry voordeel. Wie het nou nie al vinnig iets geGoogle in die klas op hulle Blackberry toe die onderwyser 'n vraag gevra het nie? Dan praat ek nie eers van die voordeel om jou pêl verkeerd te bewys as jy iets Google waaroor julle gestry het nie. (as jy reg was natuurlik...). Erken dit. Almal hou daarvan om reg te wees.
3. Apps. Almal wat ek ken is verslaaf aan BB Apps. Op 'n goeie manier natuurlik! Word Mole is verby fantasties as jy 'n slag het met woorde, dan praat ek nie eers van my persoonlike gunsteling, Pixelated nie. (Download dit, binne 10 minute is jy gehook.) Blackberry App world is voorwaar 'n seening!
4. 'n QWERTY keyboard. Behalwe dat jy jou Tik juffrou kan impress met jou kennis van die sleutelbord is dit ongelooflik vinnig om daarop te tik en boonop lyk jy heel fancy as jy soos 'n wafferse pro aan't tik is.

Nadele
1. Die network is permanent af. Hoeveel keer het ek nie al iemand hoor kla hulle BBM kom nie deur nie, net omdat die network af is. Ek weet nie van julle nie, maar 'n dag sonder network connection is soos 'n dag sonder water. Nutteloos.
2. 'n Blackberry hou van breek. Ek dink nie daar's een mens in die Vaal driehoek wie se Blackberry nog nie gebreek het na 2 maande nie. Erken dit. Jy moes dit of gaan ingee, of 'n splinternuwe een kry.
3. Daar's duisende ander fone daarbuite. MI dink dis nie soseer dat 'n Blackberry die beste foon op die mark is nie, dis die mees fashionable foon op die mark. As jy 'n Blackberry het, is jy in,
4. Die era was al lankal verby.  HET JULLE GEWEET BLACKBERRIES HET DIE EERSTE KEER IN 1999 IN AMERIKA UITGEKOM?? Ja. Dis waar. Google dit. Het julle geweet dat die Blackberry craze jare gelede al in Amerika gesterf het nou eers Suid-Afrika getref het? Ons is agter met die tyd mense!

Noudat julle die voordele en nadele van die gesogte Blackberry smartphone gehoor het, wat is julle opinies? Blackberries, die moeite werd of net 'n fad wat binne 'n jaar gaan uitsterf?

Tot wedersiens!
MI

PS: Geniet hierdie video van 'n gebreekte Blackberry:



Asook 'n random foto van 'n grenadilla:


(Geneem deur Nico Heydenrych)

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.