Monday, April 30

Survival Tips: As jou broer/suster van Mecurius afkomstig!

Wonder jy soms of jou suster van 'n ander planeet af kom? Of voel dit soms vir jou of jou klein boetie net te weird is om mens te wees? Wel, MI het nuus vir jou! Hulle is van Mecurius! Navorsing wat deur MI se top wetenskaplikes gedoen is, toon dat die gedrag wat gereeld by kleiner broers of susters gediagnoseer eie is aan 'n wese wat al jare lank op die planeet Mecurius woon. Sommige van daardie "high society scientists" wat by NASA werk sal seker weer se dat dit 'onmoontlik' is, want dis te'warm' daar! Ek het nuus vir hulle: Daar leef kreature daar en hulle is bekend as die jonger geslag wat ons bloeddruk opjaag! MI gaan tips gee wat al ouer broers en susters nodig het om hierdie wesens te oorleef!
                            

Oorleef die Mecurius-mensies! 

  1. Ignoreer hulle pogings om jou teen die mure uit te dryf! Dit verswak hul 'kragte' en maak hulle minder irriterend!
  2. Sorg dat jou ouers altyd naby is as dit lyk asof hulle wil 'strike'.Jou ouers is jou eerste stap tot oorwinning in hierdie battle teen die Mecurius-mensies!
  3. Moet nooit probeer om hulle terug te kry nie, want uit my eie ervaring weet ek dat dit die gewoonte het om te backfire.
  4. Die worst case scenario is wanneer die Mecurius-mensies van sy/haar mede-wesens nooi om te kuier! Double-Power! Sorg altyd dat jy ook dan een van jou mense vriendinne nooi om te kom kuier, want dan het hulle geen kans nie! Hier is 'n prent van die Mecurius-mensie in sy natuurlike vorm:





Hoe om 'n Mecurius-mensie uit te ken!

  1. Hulle is gewoonlik klein, met vuil vingertjies, kaalvoete en deurmekaar hare.
  2. Mecurius-mensies het die vermoe om die ander lede van hul gesin teen die mure uit te dryf.
  3. Die wesens kry dit ook soms reg om dinge aan te vang sonder dat mammie of pappie hulle sien en wanneer jy hulle 'n lekker snot klap gee vir hulle streke dan sal hulle in trane uitbars en gaan stories aandra!
  4. Hulle kamers is ook dikwels 'n broeiplek vir vlooie, want vlooie en Mecurius-mensies is boesem vriende op hulle planeet!

L.W. Alle kleiner broers en susters is egter nie van Mecurius nie. Jy kry die soet tipe van  Venus, die walglike x10 van Saturnus, die soet maar eintlik aaklig tipe van Neptune en nog VELE meer, maar die Mecurius-mensies is die mees bekend! So bewaar, hou jou rug dop ,want hulle is om elke hoek en draai reg om toe te slaan! Gewapen met hierdie Survival Tips behoort jy goed daarvan af te kom as hulle toeslaan ,maar mens weet nooit, WEES GEWAARSKU!
Tot wedersiens
MI


Skoene is Overrated



Hierdie is 'n killer hakskoen.



En hierdie is random voete.

Watter een sal jy eerder wil dra? 'n Verby awesome hakskoen, gepaard met 'n rokkie soos hierdie:


of sal jy eerder so wil lyk, kaalvoet en verslons:



Ek dink ons almal weet watter een ons sal kies, oftewel ons weet. Kaalvoet natuurlik!
Teen hierdie tyd het baie van julle al seker meer as eenkeer jul wenkbroue vir ons gelig. Toemaar, ons sou ook. Hoekom dan kaalvoet en verslons kies as jy faboulas en hot kan kry? MI het sommer 'n BAIE goeie rede hoekom.

Het jy al ooit verby 'n neus in die lug ryk mens geloop wat van kop tot tone perfek aangetrek is (met awesome killer hakke)? Toe jy verby daardie persoon geloop het, het jy by jouself gedink: "Sjoe! 'n Bietjie decency sal waardeer word!"? MI is seker daarvan ons weet hoekom daardie vroumens so neus in die lug is. Haar skoene is te fantasmagories!

As 'n mense skoene aanhet (en ons praat van mooi skoene, nie daai aaklige goed wat hulle deesdae by Shoe City verkoop nie), dan is dit asof jy 'n trappie bo ander mense is. Jou awesome skoene skei jou van die platvloerse manier wat ander mense leef en stoot jou boontoe in die snobistiese area (veral as jy hakke aanhet!).

Dink 'n bietjie. Hoekom dink julle is ons ouma's so oulik? Huh? Hulle gee vir ons koekies, geld ('n taai soen of twee) en nog baie ander dinge! Hierdie einste ouma's het nie skoene gedra in die outyd nie (behalwe op Sondae). Hulle is so plat op hierdie Aarde hulle kon gras gewees het en dis alle te danke aan kaalvoete!

As jy ooit weer die lus kry om daai hakke aan te trek. Staan terug en vra vir jouself: Wil ek eendag 'n snobistiese ouma word?

Tot wedersiens!
MI

As jy te dof is om die diepere betekenis van hierdie artikel te vang, MI is mal oor hakskoene en ons het niks teen ryk mense nie. Skoene is maar net gebruik as metafoor... DUH!

Sunday, April 29

Vintage is die nuwe modern!

Is jy moeg vir jou pink mure met feetjie stickers of daardie vaal pers gordyne met die vlinders en blommetjies? Wel, nou is die perfekte tyd om jy kamer daardie 'it-look' te gee, 'n look wat jou maats se asems sal wegslaan. MI gee tips oor alles wat jy benodig om 'n kamer te kry wat in Home magazines hoort!



Die belangrikste item in jou kamer is natuurlik jou bed, aangesien dit gewoonlik die middelpunt van jou kamer is en ook die grootste item! Dit is dus belangrik om 'n duvetcover te kies wat eenvoudig is maar tog uitstaan. Die kenners se mos altyd: "Less is more". Aangesien vintage temas die nuwe in- ding is, stel ek voor skaf jy vir jouself 'n duvet aan met swart en wit motiewe of foto's! 'n Nagval sal ek ook aanbeveel, dit gee die bed net 'n netjiese afronding!

Die mure is ook natuurlike 'n belangrike faktor wat jy in ag moet neem! Baie mense sal meen dat jy jou mure 'n ligte skakering van swart moet verf, maar ons se aikona! Jy wil darem nie he dit moet lyk of jy in die middel van 'n persoonlike depressie is nie! Pastelkleure gaan hand -in -hand met 'n vintage tema so om 'n bietjie kleur in te bring verf jou mure 'n baie ligte geel, pienk of selfs blou. Bly egter ver weg van neon kleur. Daar is niks meer walglik as om by 'n kamer in te stap en jy het 'n sonbril nodig om te keer dat jy nie blind word a.g.v. die verf nie!Selfs muurpapier met vintage motiewe is hoog mode in Frankryk vandag! Skilderye is ook baie populer veral die wat wit en swart is en dan in die middelpunt van die skildery 'n ontploffing van kleure! Wees egter versitig om nie dit te oordoen nie. 'n Paar skilderye en dalk 'n fotoraam sal die ding doen!

Wanneer jy jou gordyne kies wees seker dat die kleure mooi inskakel by jou mure! Swaar gordyne is ook uit! Gaan eerder vir iets fyn en sag! As jy nie lus is vir gordyne nie, dan is blinders die ding vir jou! Donker hout blinders werk perfek saam die vintage tema!!

Accessories...Accessories...Accessories! Vir die finishing touches skaf 'n paar bybenodigdhede aan om alles mooi af te rond! 'n Lekker bank voor jou venster met 'n drape wat pas by jou mure en so twee of drie shatter cushions is die perfekte kuier-hoekie vir jou en jou vriendinne! Hang 'n string krale om jou spieel en sit 'n paar fake blomme in ' potjie! 'n French room divider is ook hoog mode, maar slegs as jy 'n groot kamer het, want 'n kamer met alles wat ingeprop is kan 'n groot kopseer wees!



Daar het jy dit! Tips vir die perfekte kamer! Nou sal jy 'n verskoning soek om in jou kamer weg te kruip en sommer lekkerder slaap in die aande! Voel van nou af soos Marilyn Monroe in jou eie paleis!!!! (die wat nie weet wie dit is.... ek het geen hoop vir jou nie)

Tot wedersiens
MI


Valia vs. Driehoek?



Transvalia vs. Driehoek

"Uggh, het jy gehoor wat daai Valia girl gedoen het?"
"Het jy vir Driehoek gesien by die Interhoer... Pateties!"
"Transvalia het weer HUGE skandes gemaak!"
"Ha! Driehoek het mal geword!"

Hierdie is frases wat gereeld by leerders van die twee skole se monde geuiter word. Om een of ander rede het leerders van albei betrokke skole dit hulle missie gemaak om 'n oorlog met mekaar te voer. As dit nie is oor wie nou eintlik vir wie gewen het met die atletiek nie, is dit oor wie se Groentjiekonsert die beste was, of wie se skoolterrein die meeste bome het, of wie se revue die beste was, of wie die meeste gees gehad het, of wie se netbal, rugby en hokkie die beste is, of wie...
Wel, julle kry die punt.

Om tot die oorsprong van die saak te kom, het ons besluit om bietjie speurwerk te doen en te praat met oud Valia en Hoekie leerders.
"Natuurlik was Transvalia en Driehoek nog altyd in kompetisie met mekaar! Vandat Driehoek hulle deure oopgemaak het was dit asof of een skool, of die ander die beste moet wees", se 'n oud Valia leerling (name sal anoniem gehou word ter wille van die veilighied van ons bronne).
"Nog altyd!", verklap 'n oud Driehoek leerder toe daar gevra word of Driehoek en Transvalia mekaar altyd nog so haat.

Sit nou terug en dink. Hoekom is ons nogsteeds besig om 'n oorlog te voer wat al begin het die oomblik toe altwee van die pragskole gelyk begin bestaan het, dis mos nie 'n 7deLaan episode nie!
Ons het 'n goeie idee wat die rede hiervoor is... Dis lekker!

Dit is ongelooflik lekker om mekaar te vergil tydens die Interhoer, dis onsettend lekker om konserte te beoordeel en te besluit wie nou eintlik die beste was, dit is verby awesome om te dink dat jou skool die beste is, hetsy dit nou Transvalia of Driehoek is.

Hou aan met kompetisie, hou aan om die beste te wil wees, maar doen dit in goeie gees en nadat die kompetisie verby is, skud die ander skool se hand. Dis mos lekker!

Tot wedersiens!
MI


Hare: Die indikator van ons persoonlikhede?

Hare.
Dis 'n heel eenvoudige ding. Ons almal het hare (behalwe as die goed nou gaan staan en afskeer, waarop ons wil se: Sterkte!). Hare is die enigste weerspieeling van ons persoonlikheid as dit kom by skoolklere. Dink daaraan: As ons almal dieselfde moet aantrek, is jou hare nie al wat jou kan laat uitstaan nie?

Hare=Persoonlikheid

Die beehive haarstyl

Mode. Dis wat die beehive haartyl (gewone poniestert met 'n moewiese bubble, of anderdsins beehive, op die kroontjie van jou kop.) voorstel. Meisies wat hierdie haarstyl verkies is gewoonlik baie bewus van mode en mense se persepsie van hulle. Hulle weet hoe om in te pas, hoe om te mingle en is gewoonlik baie spontane, vriendelike mense.
Praat gerus met een van die meisies met die beehive haarstyl as jy mode advies wil kry, hulle behoort briljante atwoorde te he!

Die platkop poniestert


Baiekeer word hare sonder enige bubbles of volume geassosieer met verveligheid en vaalwees.Die teendeel is eerder die waarheid! Meisies wat platkop haarstyle dra is gewoonlik heel eenvoudig en oop. Hulle is vriendelik en reg vir enige nuwe uitdaging. As jy hulle eers leer ken sal jy agterkom hulle is eintlik baie kreatiewe, energieke mense wat nie tyd het om hulle hare regop te laat staan nie.

Die ingewikkelde haarstyl


Hierdie tipe haarstyl kan gesien word as die mooiste tipe haarstyl daar buite, gewoonlik is die meisies wat hierdie haarstyl dra ook baie modieus. Hulle is elegant en stylvol, vol klas en en je e sais quoi! Hulle is die toonbeeld van sjiek en baie interessante mense om mee te gesels.

Dit kom daarop neer dat maak nie saak watter tipe haarstyle mense dra nie, onder elke haar skuil daar 'n mens wat dalk net die coolste mens kan wees wat jy nog ooit ontmoet het! Vat 'n kans en glimlag vir hulle, wie weet? Net dalk is dit die begin van 'n wonderlike vriendskap!

Tot wedersiens!
MI

LW. Soos die vorige artikel is hierdie net geskryf vir vermaaklikheids doeleindes en ons insunieer glad nie dat jou haarstyl jou menswees uitmaak nie.

Onnies... mense of ruimteweses?

Onderwysers. Mense wat vir ons huiswerk gee, ons verveel met lesse wat 'n ouetehuis soos rock party kan laat lyk en wat ons vuil kyke gee vanaf hulle lessenaars as ons dit durf om 'n woord te se. Onderwysers. Wat is hulle regtig? Is hulle net mense wat pleinweg mislik is en daarop uit is om ons lewens hel te maak of is hulle wesens van 'n ander planeet wat eeue gelede op aarde geland het om ons skole en onderwysstelsels oor te neem?? Wel, ek gaan nou redes gee oor hoekom die moontlikheid dat onderwysers ruimtewesens groot is en wonder oor wat onderwysers doen as hulle nie ons stoepe en klasse patroleer nie.

Redes waarom onnies ruimtewesens kan wees:
1. Hulle stel onmoontlike toetse op wat slegs 'n wese met 'n ander brein kan beantwoord.
2. Hulle het sulke klein ogies wat lyk soos 'n padda s'n.
3. Hulle kan ruik watter kinders nie hulle huiswerk gedoen het nie. Watter menslike wese kan dit ruik?
4. Wanneer hulle na jou kyk voel dit asof hulle regdeur jou kan sien ( soms voel dit of hulle jou gedagtes kan lees)
5. Hulle lag nooit nie. Hulle sit net altyd agter hulle lessenaars en lees eentonig uit 'n handboek.
6. Hulle kry dit altyd reg dat die bordkryt  die aakligste geluid maak as hulle opdie bord skryf.





Soms sit ek in die klas en wonder, wat doen onderwysers as hulle nie ons stoepe by die skool patroleer nie en wat doen hulle gedurende naweke en tydens vakansies? Maak onderwysers ook foute, los hulle ook elke nou en dan 'n windjie en het hulle ook 'n familie waarvoor hulle lief is? Gaan onnies soms mall toe, het hulle ook kredietkaarte en moes hulle ook al huiswerk gedoen het? Dit is al die vrae wat in my kop rondmaal, en ek het ongelukkig nie 'n antwoord op een van hulle nie. Gelukkig is my onderwysers nie van die ruimtewesen soort nie, ek het normale onnies! My onderwysers maak soms saam met ons grappe, help ons met ons werk en pak opwindende take saam met ons aan! Ek het menslike onderwysers, maar ek is seker dat die ruimtewesen soort nog nie uit gesterf het nie. Ek is seker dat daar erens in elke skool 'n onderwyser is wat vreemd optree, nie menslik nie, dan moet jy maar weet; Jy het 'n ruimtewesen onderwyser en al wat ek dan kan se is STERKTE!

Tot wedersiens
MI

LW. Alles wat hierbo geskryf is, is bloot uit my verbeelding en is nie gebasseer op werklike gebeure nie!

Saturday, April 28

The Do's and Don'ts of Brownie Eating

Eendag het twee baie wyse mense gese: "Brownies are like a box of chocolates, you never know what you're gonna get" (Ag, ok, dit was net ons wat dit gese het.)
Daar is reels rakende die eet van brownies, sodat jy presies weet wat jy gaan kry. Dit mag dalk as 'n skok na jou toe kom, maar dis waar... Dis 'n feit soos 'n koei! Daar is reels!



The Do's

1. Gebruik 'n klein, fyn, delikate koekvurkie. Dit help jou om gesofistikeerd te lyk.
2. Versier met 'n blertsie room en kakao poeier vir 'n meer afgeronde voorkoms.
3. Wanneer jy brownies eet moet dit slegs gepaard gaan met een van die volgende warm drankies: Tee, warm sjokolade of Milo (as jy rerig kommin wil wees). Wanneer jy na iets kouds verlang (wat slegs in uiterse gevalle mag gebeur) is die enigste opsie 'n glas water met 'n suurlemoen skyfie.
4. Die omgewing waarin die brownie geniet moet word is van uiterse belang. Die mees gepaste omgewing is buite op die patio, met klassieke musiek wat in die agtergrond speel en voeltjies wat speelvol in die tuin tjirp (as jy van daai suurknolle is wat nie voels in jou tuin het nie, skaf 'n paar aan...of moenie brownies eet nie!)

The Don'ts

1. Moet nooit, en ons bedoel nooit die self-raising flour vergeet nie. Behalwe as jy nou sjokolade geur pannekoek wil he, stel ons voor dat ALLE bestandele ALTYD onthou word.
2.Moet nooit jou brownies met 'n lepel eet nie. Dit laat ons altyd dink aan daardie patetiese wesens wat buite op hul stoepe sit en koffie uit hul blikbekers drink (ons almal weet waar hulle dit gekry het...).
3. Maak altyd seker dat die room ordentelik geklits is. Loperige room op brownies is 'n no-no.
4. Moet nooit raserige musiek (bv. Justin Bieber) luister as jy brownies eet nie. Dit laat die goed net proe soos week-oue muis afval. He darem 'n bietjie klas!

Nou ken jy die Do's en Don'ts van brownies eet. Gaan uit, wees avontuurlustig en eet 'n brownie... met klas.

Tot wedersiens!
MI